top of page

9 JANUARIE 2017

UITGAWE 9

Met trots stel ons elke week een van ons omroepers bekend

                                               

Naomi Le Roux

Naomi is gebore en het groot geword in Rustenburg.

Sy was werksaam by Standard bank vanaf 1984.

Naomi kom uit 'n musiekale familie.

Sy is die trotse Ma van 3 kinders.

Haar kunstigheid is ook haar stokperdjies.

Sy maak die pragtigste ballroom klere, hekel babaklere en is lief om te skilder en doen potloodsketse.

​​

Naomi het in 2016 begin as omroepster.

Haar programme is elke weeksdag vanaf 10h00 tot 11hoo.

Maandae,Dinsdae en Donderdae is dit Teetyd en

Woensdae, In en om die huis.  Vrydae is Silwerdoek.

Haar grootste bederf is om by die Wimpy te eet.

Naomi se dag begin met koffie verseker!

Milkshake is haar groot bederf.

Naomi se webblad is https://web.facebook.com/naomi.springbokirc?fref=ts

 

Optredes en nuus oor kunstenaar in Suid Afrika

Juanita du Plessis

 

Die blinkste ster aan die Suid-Afrikaanse musiek-uitspansel is ons eie Platinum prinses -  Juanita du Plessis.  Sy is lank reeds gekroon as ons land se top Afrikaanse vrouekunstenaar en sy gaan nie gou van haar kroon afstand doen nie.

Juanita se roemryke loopbaan het in 1998 afgeskop met haar debuutalbum “Juanita”. In dieselfde jaar wen sy verskeie toekennings en dit was toe reeds duidelik dat Juanita se liedjies wèrk!   Na baie gebede en wag, verskyn haar eerste album “Ek en jy”; Ska-Rumba was die bonussnit. ‘n Suksesverhaal met vele mylpale word geskryf.  ‘n Klompie skitterende, suksesvolle albums sien die lig en Juanita word die eerste Afrikaanse sangeres wat die eerste plek op RSG se amptelike Top 20-treffersparade haal en drie weke agtereenvolgens bo-aan bly!

In die volgende vyf jaar verander die Meisie van Suidwes se lewe drasties. Die Du Plessis-gesin laat Namibië agter en vestig in Pretoria. Nog albums sien die lig en Juanita herskryf weereens die rekordboeke toe haar algehele verkoopsyfer in 2010 die 1.6 miljoen merk bereik.  Haar tweede Gospel-album, “Vlieg Hoog”, is aangewys as die Top Afrikaanse Gospel-verkoper van alle tye.

Juanita du Plessis se loopbaan spreek van roemryke prestasies, kosbare mylpale, nederigheid en toewyding, en die toekennings op haar kerfstok oortref diè van die meeste kunstenaars in Suid-Afrika.

EN NOU…

En nou, op publieke aanvraag en aandrang, na elf suksesvolle albums en vier ewe suksesvolle dvd’s, is Juanita eindelik hier met haar splinternuwe album "Toe staan die wereld stil"

  1. Bietjie van alles

  2. Lief vir jou

  3. Toe staan die wereld stil

  4. Alles wat daar was

  5. Hambamba

  6. Wat het van ons geword

  7. Groei op my

  8. Langenhoven

  9. Aanhou om aan te hou

  10. Hier en nou

  11. Sterreveld-serenade

  12. Ware vriende

  13. Voel my

  14. Gister is verby

  15. Net n mens

  16. Hou op soek

  17. Ek sal

WIE IS JUANITA?

Verjaardag : 26 April

Gesin : Juanita se gesin is haar Nommer Een en sy en haar man Doepie spog met drie pragtige spruite: die tweeling Mario en Franja en ouboet Ruan

Lengte : 1,79 m Skoengrootte: 8

Karakter : Juanita is 'n diep gelowige, ambisieuse en liefdevolle mens

Brooshede : Sy erken self: "Ek's nie goed met die hantering van vertwyfeling, verwerping, hartseer en verdriet nie. Ek's té sensitief. Maar alle antwoorde op vrae is in die Bybel; dis my anker."

Swakhede : "Ek's kleinserig en ly 'n bietjie aan engtevrees."

 

JUANITA DIE MENS

"Ek is 'n doodgewone vrou; 'n ma wat elke dag my droom en passie lééf! Ek is ontsettend dankbaar vir wie ek is, waar ek is en wat ek het... Ek wil elke dag die instrument wees om mense aan te raak deur my musiek, hetsy om hulle te laat lag, te laat huil, te bemoedig of net beter te laat voel oor die lewe. Dit is 'n geweldige voorreg en eer om hierdie instrument te kan wees. Ek glo dit is my uiteindelike doel hier op aarde."

Juanita se bewonderaars beskryf haar as stralend, vriendelik, pragtig, opreg, eerlik, bemoedigend, vertroostend, inspirerend, belangstellend, bedagsaam, 'n rolmodel, 'n liefing... 'n engel! Haar familie en vriende beskryf haar as Godvresend, saggeaard, deernisvol, liefdevol, innoverend, professioneel, vasberade, doelgerig en 'n voorbeeld van nederigheid.

Op 28 Maart 2008 word Theuns en Juanita du Plessis se Bring Jou Hart op DVD vrygestel. Dis ‘n reuse sukses en daar word ook ‘n CD vrygestel. Die DVD se verkope was 105 000 en die CD ‘n ongelooflike 120 000.


Theuns was nog altyd ‘n groot aanhanger van die musiek van Koos du Plessis en in April 2009 word Koue Vuur vrygestel. Dit behaal binne twee maande platinumstatus en die verkope staan tans op meer as 100 000.


2012 is ‘n groot jaar vir Theuns. Nie net stel hy sy vyfde solo-CD, Roeper, vry nie, maar hy en Juanita werk weer saam op Hart Vol Drome.


Roeper is een van 2012 se grootste verkopers en boer lank op die topverkoper-lyste van platewinkels en programme soos RSG se Top 20 en DKNK. Die album se verkope was in Maart 2013 reeds by bykans 115 000, maar die handvol Ghoema-toekennings wat die album in April 2013 gewen het – onder meer vir album van die jaar - het beteken dat dit later die maand wéér op RSG se Top 20 was.


Theuns is met sy diep rasperstem nie net ‘n uitstekende sanger nie, hy het ook deur die jare sy staal as liedjieskrywer gewys. Verskeie groot treffers – Soos Bloed, Jou Asem, Roeper van My Hart en Net Voor die Storm Kom om net ‘n paar te noem – is uit sy pen en daar is beslis nog ‘n paar wat wag om geskryf te word.

Theuns Jordaan

Theuns Jordaan is op 10 Januarie 1971 gebore en het op ‘n plaas naby Venterstad, 30km van Bethulie, grootgeword. In sy matriekjaar aan die Hoër Volkskool Graaff-Reinet het hy sy liefde vir rugby met ‘n kitaar begin deel. Ná skool is hy weermag toe, daarna na die Universiteit van Stellenbosch waar hy ‘n B.Ekon.-graad verwerf het.
 

Dit was ook op Stellenbosch waar Theuns al meer begin sing het. Op 21 Oktober 1992 het hy vir die eerste keer voor ‘n gehoor in die kuierplek The Terrace opgetree met ‘n paar rand en ‘n pizza as enigste betaling.
 

Met sy graad in die hand verruil Theuns in 1998 Stellenbosch vir Pretoria en by die KKNK van 2000 word sy debuutalbum, Vreemde Stad, vrygestel. Vreemde Stad word een van die suksesvolste debuut-albums nog ooit in Afrikaans met verkope wat reeds verby die 210 000-merk is.
 

Die langverwagte tweede album, Tjailatyd, word by Aardklop in 2002 bekendgestel en ook hierdie album se verkope is reeds by bykans 220 000.
 

Die kitaarspeler Anton L’Amour begin gereeld saam met Theuns optree, ‘n samewerking wat vandag nog deel is van Theuns se loopbaan.


In November 2005 word Seisoen vrygestel en hierdie keer is L’Amour in die regisseurstoel. Seisoen sorg ook vir rekordverkope met meer as 115 000 CD’s wat verkoop is. Theuns het dus met slegs drie albums verkope van meer as 500 000 behaal.


In 2007 besluit Theuns om sy sewe jaar as professionele sanger op een album saam te vat. Grootste Treffers word in Maart vrygestel en verkoop byna 85 000 tot op datum.

        VIDEOS VAN DIE WEEK

Fredie Nest

Bangbroekie

Fredi Nest se liedjie "Bangbroekie" bly steeds een van sy groot treffers nadat hy op ouderdom van 54 oorlede is aan kanker.

Fredi Nest se musiek sal nooit stil raak nie. Dit was beslis een groot verlies vir die musiekbedryf

Clive Bruce

Ons eerste wals

Oom Kallie van Bredasdorp het 'n skrywe aan Clive gestuur met 'n versoek dat Clive vir Oom Kallie se vrou Tannie Marietjie 'n spesiale liedjie sal skryf vir hul 50ste Huweliksherdenking.

En so het "Ons eerste wals" ontstaan in 2009

ARTIKELS

’n Doppie hou dinge vars

 

Neem enige leë plastiekkoeldrankbotteltjie met ’n skroefdoppie en sny die boonste deel van die botteltjie, net onder die harde gedeelte waarop die doppie vasskroef, netjies af. Maak seker daar is geen skerp punte op die afgesnyde deel van die botteltjie nie.

Vat ’n plastieksakkie en sit die kos wat jy wil vars hou daarin. Trek die boonste, oop deel van die sak deur die “nek”van die botteltjie wat jy afgesny het. Vou die plastieksakkie terug oor die nek en draai die doppie styf toe. Die doppie seël die plastieksakkie.

Eeu-oue vrouedroom dalk bewaarheid

Oor eeue heen het vroue gedroom, en probeer, om die veroudering teen te werk, en honderde metodes is probeer om te keer, of selfs ontslae te raak van daardie lastige plooie en grys hare wat op ’n dag hulle ongevraagde verskyning gemaak het op die jeugdige gesig.

Veroudering is met allerlei rate, en met miljarde Rand se navorsing beveg, maar helaas kon daar nog geen ware metode gevind word wat effektief genoeg is nie.

Die plooie en grysheid verskyn met die jare, maar nou het wetenskaplikes beweer dat hulle die antwoord gevind het hoe om die nare tendens wat alle mense tref, teen te werk en selfs om te keer – iets wat elke vrou se hartsbegeerte is as dit net bewaarheid kan word…

’n Span wetenskaplikes beweer dat hulle ’n nuwe vorm van terapie produseer wat ’n merkbare verandering by muise teweeggebring het.

Die behandeling het ses weke geduur wat die diertjies veel jonger laat lyk het, met ’n duidelike voorkoms van gesonder hare en liggaam, en wat boonop gemiddeld 30% langer geleef het.

Die span wat werksaam is by die Salk Instituut in die deelstaat Kalifornië, Amerika, sê die toetse toon dat veroudering nie noodwendig in een rigting hoef te beweeg nie, en kan selfs met goeie bestuur, omgekeer word.

Die genetiese tegnieke wat gebruik word leen hulle nog nie vir onmiddellike gebruik by mense nie, maar hulle meen dit kan binne die volgende dekade toegepas word.

Hulle sê die ontdekking lei tot ’n algehele nuwe benadering tot gesondheid en die versorging van die menslike liggaam wat ook die behandeling van ’n wye reeks siekte toestande aanspreek.

Hulle glo dat veroudering slegs slytasie is wat veroorsaak is deur die jare, en dit kan binne jare reggestel word deur genetiese behandeling.

Die wetenskaplikes erken dat hulle veroudering nie totaal en al kan uitskakel nie, maar reken die spoed daarvan kan met tot 30% stadiger gemaak word.

Wetenskap en tegnologie

Spoed van lig onder soeklig

 

Lig is waarskynlik die vinnigste beweging wat aan die mens bekend is, maar lig het ook beperkings, waarvan een sy hoogste moontlike snelheid is wat nie verander kan word nie.

Die spoed van lig was onbekend tot in die 17 de eeu, want voorheen is aanvaar dat lig se snelheid onbeperk is.

Ole Roemer was die eerste mens wat kon demonstreer dat die spoed van lig wel sy beperkinge het, alhoewel die bewyse later met verbeterde toerusting gewysig is.

Nou is wetenskaplikes besig met toetse wat die ganse benadering van die hemelruim kan verander, maar daarvoor word tyd benodig alhoewel navorsing dikwels vir onverwagse deurbrake sorg.

Einstein se teorie van relatiwiteit het die demonstrasie oor die spoed van lig verder geneem en is tot hede gebruik.

’n Ander wetenskaplike het egter daarin geslaag om ’n redelik akkurate berekening te maak van die spoed van lig.

In 1975 is die presiese spoed van lig vasgestel op 299 792 458 meter per sekonde

’n Ligjaar is die afstand wat lig in een jaar kan aflê, en word vandag op ’n afstand van 9,5 triljoen kilometer gestel.

Wetenskaplikes het vasgestel dat waar ’n ligbron baie vêr weg is van die aarde, dit selfs biljoene jare kan neem voor die lig die aarde bereik.

Die son wat lig aan die aarde verskaf, is 149 miljoen kilometer van die aarde af, wat beteken dit neem die lig sowat agt minute en 20 sekondes om die aarde te bereik.

Die vraag ontstaan of die mens oor die tegnologie beskik om teen die spoed van lig te beweeg deur die ruimte.

Einstein se teorie bepaal ook dat ’n voorwerp se spoed al vinniger word na mate dit deur die ruimte beweeg, en is dit teoreties moontlik om uiteindelik teen die spoed van lig te beweeg, maar volgens die teorie neem die voorwerp se massa toe namate die spoed verhoog, wat meer energie vereis van die aandrywingsbron.

Daarvolgens lyk dit egter nie of die spoed van lig maklik bereik sal word nie.

Wetenskap en tegnologie

Skrikwekkende nuwe vliegtuigspoed

 

Elke jaar kom daar ’n uitvinder na vore wat op een of ander wyse ’n megaspoed vliegtuig ontwerp het, en elke jaar blyk dit dat dit bloot wensdenkery was.

Ontwerpers glo egter dat hulle nog die werklike ontwerp gaan vind, maar dan sal hulle moet gou maak as hulle eerste wil wees, want nou blyk dit dat so ’n tuig reeds beskikbaar kan wees.

Charles Bombardier span die kroon met sy ‘Antipode’. Sy ontwerp is so gevorderd dat dit na bewering ’n maksimum snelheid van 30 000 kilometer per uur kan behaal, wat tien keer vinniger is as die Concorde en dertig keer vinniger as die Boeing 747 straler.

Dit blyk dat die ontwerper se konsep moontlik ’n totale revolusie in die vliegtuigbedryf teweeg kan bring indien die wêreld ooit teen so ’n snelheid wil vlieg.

Die Kanadese ontwerper sê dat sy nuwe tegniek waarskynlik nog hoër snelhede sal kan bereik indien bykomende aanpassings gemaak word.

Sy tegniek word tans deur Nasa getoets en bewerings dat die tuig teen 21 keer die spoed van klank kan beweeg, het die ganse wêreld van ruimtevaart aan die praat.

Weens die geweldige spoed waarteen die tuig kan voortsnel, sal spesiale lugkanale aangebring om die vaartuig af te koel wat warm sal word teen die verbysterende snelheid.

Dieselfde lugkanale word ook so ontwerp dat die supersoniese knal gedemp kan word wanneer dit deur die klankgrens bars.

Teen die asemrowende snelheid sal ’n reis tussen Berlyn en New York sowat 18 minute duur.

Wetenskap en tegnologie

Dit wil gedoen word...

Josh Gray, 'n Student van die Thomas More College in Durban slaag sy Graad 12 met 6 onderskeidings.

2016 was nie maklik nie. In Oktober keer hy terug vanaf 'n rugby toer in Hong Kong waar een van sy spanmaats oorlede is.

Met sy aankoms vind hy uit dat sy Ma Ingrid siek is. Hy onthou dit asof dit nou net gebeur het. Hy is saam met sy Moeder na die dokter om die uitslae te onvang.

Sy word gediagnoseer met maagkanker. Gelukkig fase 1 en hul kan dit verwyder. Sy was geskeduleer vir die operasie die volgende week.

CT Scan het die waarheid bepaal. Ingrid het wel maagkanker maar is reeds in fase 4 en daar kan gladnie geopereer word nie. Dit was een verskriklike skok.

Ingrid het dadelik met bestraling en chemo begin. Sy was 'n sterk vrou. Sy het egter baie gewig verloor en die kanker was besig om vinnig te versprei.

Die volgende skok het soos 'n rots op hul neer geval .... sy Ma het 6 tot 8 maande oor om te leef. Sy Moeder is oorlede net voor sy eindeksamen. Hy sê dit was baie erg. Hy het op elke vraestel in die hoekie 'n kruis geteken en homself oortuig dat hy dit net vir sy Moeder doen.

Dit was 'n harde pad en nou kom die werklikheid dat hy met alles moet deel. Maar hy weet hy sal deur dit kom want hy doen dit ook vir sy Moeder...

Rev hom in die ROOI....

Hoe baie het ons nie daardie woorde gehoor nie? Mmm ek dink seker so 10 jaar of wat terug toe brandstof nog bekostigbaar was.

Vanaf 10 jaar gelede tot nou toe het die brandstof se prys opgegaan met 339%.

Kom ons kyk na pryse in 2004

Loodvrye brandstof - R4.00 per liter

Diesel - R3.29 per liter

Die ware nare feite. So dink mooi voor jy weer daardie WROEM WROEM daad wil doen.

Gesondheid!!!

Gewoonlik sal iemand “gesondheid!” sê wanneer jy genies het. Maar het jy al ooit gewonder waar die gebruik vandaan kom?

Deur die jare heen was daar al soveel verskillende verduidelikings. Ene Alan Montague beweer dit dateer terug na die dae toe bygelowe hoogty gevier het. Daar is geglo ’n nies skei die siel van die liggaam. Om te keer dat die duiwel sy sielskwota op dié manier bekom, moes ’n mens die siel laat terugkeer na sy liggaam deur “God seën jou” te sê.

Jeremy Bassett van Briston in Engeland glo weer dit kom uit die tyd van die Groot Pes. ’n Nies was een van die eerste aanduidings van die dodelike siekte; daarom was dit gepas om dieselfde seën uit te spreek.

Pous Gregory VII het glo in die 14de eeu gevra dieselfde seën moet ná elke nies as ’n kort gebed opgesê word om mense teen die epidemie te beskerm.

Bill Chandler, ook van Engeland, sê ’n nies is gesien as ’n manier waarop die liggaam ontslae raak van die duiwel se invloed. Maar as die arme nieser dankie sê vir die seën, is geglo hy het die duiwel en sy invloed hartlik teruggenooi na sy liggaam.

Die Grieke en Romeine het weer die teenoorgestelde geglo. Hulle het ’n nies as ’n teken van welstand gesien. Gewoonlik is die nieser ’n lang lewe toegewens of iets in der voege van “mag Jupiter jou seën”.

Japannese erken glo selde ’n nies, maar wanneer dit wel gedoen word, is die wens gewoonlik “pas jouself op”.

Die Russe se reaksies wissel van “wees gesond” tot “ek vertel die waarheid” wanneer iemand nies terwyl iemand anders praat.

Die Duitsers volstaan by “gesundheit”, wat in Afrikaans gesondheid beteken.

Die Franse tel weer elke nies. Ná die eerste een sê hulle glo “op jou wense”, ná die tweede “op jou liefdes” en “mag hulle vir ewig hou” ná die derde nies.

Nog ’n nasie wat elke nies tel, is die Spanjaarde. Soms is dit “Jesus” ná die eerste nuus, “Maria” ná die tweede en “Josef” ná die derde, maar op ’n rits niese kan die reaksie “op jou gesondheid”, “geld” en “liefde” wees.

Een van die snaaksste reaksies is waarskynlik dié van die Filippyne: “Haai! Ek het ’n bad gevat!”

• Dr. Jonathan Moss van die Charlotte-genote vir Oë, Ore, Neus en Keel beskryf ’n nies as iets wat in die meeste gevalle “ontwerp is om ontslae te raak van vreemde partikels en irritasies in jou lugweë, veral in jou neusholtes. Dis ’n beskermende refleks.”

Kitsfeite oor nies:

  • Jy nies nie wanneer jy slaap nie; jou “niessenuwees” slaap saam met jou.

  • Sover bekend hou Donna Griffiths van Worcestershire in Engeland die rekord vir die langste niesbui: 978 dae! Sy het van 13 Januarie 1981 naastenby ’n miljoen keer genies en haar eerste niesvrye dag daarna was 16 September 1983.

  • Jou hart stop glad nie wanneer jy nies nie; soms kan jou hartritme verander omdat jou bors saamtrek wanneer jy nies. Dit beperk tydelik die bloedvloei.

  • ’n Nies kan tot byna 161 km/h behaal.

  • Die bekende Mythbusters het ’n nies in stadige aksie verfilm om die afstand wat ’n nies trek, vas te stel.

  • Moet nooit ’n nies terughou nie. Dr. Michael Benninger, voorsitter van die Kop-en Nekinstituut by die Cleveland-kliniek sê hy van sy pasiënte het al gebarste oortromme, verrekte rugspiere en selfs gekraakte ribbes opgedoen omdat hulle nie wou nies nie.

Janet Jackson word Ma

 

Janet Jackson se suster La Toya en neef TJ was van die eerste mense wat haar gelukgewens het nadat die sangeres die eerste keer ma geword het.

Die 50-jarige en haar man, Wissam Al Mana, het hul seun, Eissa, gister verwelkom met ’n verklaring wat Janet se verteenwoordiger aan people.com uitgereik het. Dit lui onder meer: “Janet het ’n streslose, gesonde bevalling gehad en rus gemaklik.”

Troeteldier of Nie...

Baie mense is mal daaroor om ‘n papegaai as troeteldier aan te hou. Veral wanneer dié slim voëls kan praat en geluide namaak. Maar die bekoring met veral die African Grey beteken dat tot soveel as 99% van dié diere uit hulle natuurlike habitat verwyder word. En al kom die African Grey nie natuurlik in Suid-Afrika voor nie, het die land beslis munt geslaan uit handel en is nou die grootste uitvoerder van dié geveerde vriende ter wêreld.

Die sanger en kykNET-aanbieder Gerrie Pretorius, wat tans op reis is na Tristan da Cunha, se vaart kry die wind van voor.

Sy ondersteuningsboot, die Trekker 2, moes weens meganiese probleme die bemanning ontruim.

Hy skryf op Facebook die seiljag het water in die stuurstelsel gekry, maar dat almal ongedeerd is. “Ons praat met die Nasionale Seereddingsinstituut oor die situasie en die risiko daaraan verbonde om verder te reis,” skryf hy.

“So moet asseblief nie bekommerd wees nie. Ons is veilig en werk aan ’n pragtige program. Ek belowe ons sal veilig terugkeer.”

 

Gerrie en sy span reis tans via St. Helena na die afgeleë eiland Tristan da Cunha.

Gerrie en sy span is onderweg na die afgeleë eiland in die Atlantiese Oseaan waar hulle graag vir sy reisprogram, Leef Jou Reis, wil gaan vasvang hoe die 265 mense op die eilandjie leef en boer. Die hoofeiland beslaan net 98 vierkante kilometer, vier keer kleiner as Kaapstad se munisipale gebied.

Die roete tussen Sint Helena-eiland, waar Gerrie-hulle op die oomblik is, en Tristan da Cunha is baie gevaarlik. As hulle die eilandjie, “wat soos ’n naald in ’n hooimied is”, misvaar, stuur hulle reguit af op Antarktika.

Daar is nog geen nadere inligting beskikbaar oor wanneer Gerrie en sy span weer die tog na Tristan da Cunha sal kan aanpak nie.

5 Stappe na ‘n pragtige vel

1. Wend elke liewe dag sonskerm aan, ja, elke liewe dag. Ons strawwe klimaat maak sonskerm noodsaaklik om ons vel te beskerm. Dit beteken minder veluitslag, minimale sonskade, minder gedehidreerde vel en geen vroeë veroudering nie.

2. Drink elke dag genoeg water, minstens 2 L. Vir party van ons is dit makliker gesê as gedaan, of hoe? Maar dit sal die moeite werd wees. Water hidreer die liggaam en as die liggaam gehidreer is, is die vel ook. Boonop spoel water die meeste onwelkome gifstowwe uit ons liggaam.

3. Was en bevogtig jou vel soggens en ook voor jy bed toe gaan, selfs al wend jy nie gereeld grimering aan nie. Jy sweet snags en jou vel vernuwe; dus moet jy al daardie bedrywighede soggens verwyder. As nie jou gesig skoonmaak voor jy gaan slaap nie, gaan al die besoedeling, sweet en olie/grimering saam met jou bed toe, dit verstop jou porieë en dis net daar waar die probleme begin.

4. Moenie onnodig aan jou gesig raak nie; jou hande kom met so baie goeters in aanraking en dit beteken die kieme kan moontlik ’n galadag op jou gesig geniet. As jy jou gesig uitlos, kan kieme nie van jou hande af op jou gesig oorgedra word nie.

5. Gebruik ’n skoon kussingsloop. Wat ook al aan jou gesig is, beland in jou kussing; wat ook al op jou hare is, bly ook op jou kussing. En wat ook al op jou kussingsloop is, gaan terug na jou gesig. As hierdie kringloop nie verbreek word nie, lei dit tot ’n chaos op jou vel.

Suid-Afrika kredietgradering waarskynlik afwaarts aangepas

Die kredietgraderingsagentskap, Moody’s Investors Service, het dit gesê in ‘n verklaring waarin hy bekend gemaak het dat Suid-Afrika se soewereine kredietgradering onveranderd gelaat word op BAA2, met negatiewe vooruitsigte. Moody’s sê die negatiewe vooruitsigte is gegrond op risiko’s wat verband hou met die herstel van vertroue en om beleggings aan te moedig in die komende jare.

Moody’s sê verdere risiko’s behels politieke onsekerheid en lae sakevertroue asook swak ekonomiese groei, belegging en handel. Moody’s sê verskeie faktore soos die gevolge van politieke binnegevegte en al meer staatskuld kan lei tot Suid-Afrika se afgradering.

Gister het die kredietgraderingsagentskap, Fitch, Suid-Afrika se kredietgradering op een kerf bó rommelstatus gehandhaaf, maar het die vooruitsigte van stabiel na negatief aangepas weens volgehoue politieke risiko’s.
Vroeër het die kredietgraderingsagentskap, Standard & Poor Global Ratings, Eskom se langtermyn-korporatiewe kredietgradering verlaag van BB-Plus tot BB, terwyl die vooruitsigte vir die kragvoorsiener op negatief gehandhaaf is. Die graderingsagentskap sê dit is weens die potensiële onsekerheid rondom die regering se verbintenis en vermoë om in te staan vir enige tekorte in befondsing wat Eskom aanstaande jaar kan ondervind. Standard & Poor’s het ook verwys na die toenemende finansiële druk wat Eskom ondervind te midde van onsekerheid oor tariewe wat voortvloei uit ‘n voortslepende hofsaak teen die Nasionale Energiereguleerder, NERSA.

Die minister van Finansies, Pravin Gordhan, sê baie meer werk moet gedoen word om te verhoed dat die land se beleggingsgradering tot rommelstatus verlaag word. Gordhan en die Nasionale Tesourie het die besluit van die graderingsagentskap, Fitch, verwelkom om Suid-Afrika se gradering op een kerf bó rommelstatus te handhaaf.

Gordan sê ‘n belangrike aspek van Fitch se verslag is dat hy erken dat die regering die regte besluite in die medium-termyn begroting geneem het, met die uitsondering van een aspek waarmee hy nie saamstem nie. Hy sê Fitch se aanname dat daar onsekerheid bestaan oor sekere ekonomiese beleid is nie korrek nie. Gordhan sê daar was geen verandering in ekonomiese beleid weens politieke redes nie en dat die behoud van fokus nou belangrik is.

Small Running Title

Is jou kind (of dalk selfs jy self) verslaaf aan rekenaarspeletjies?

Help jou kind om minder rekenaarspeletjies te speel deur dié wenke met hom te deel. Jy kan self ook ’n paar dinge doen wat jou kind sal help om sy speletjieverslawing te oorkom.

Hou tyd

Skryf neer hoe lank jy elke dag rekenaarspeletjies speel en tel dit op aan die einde van die week. Dink dan aan al die ander dinge wat jy met daardie 24, 36 of selfs 72 kon doen!

Soek ’n paar maniere om te kul

Gebruik die internet om ’n paar maniere op te spoor waarmee jy kan kul. Dit sal die speletjie makliker maak en dit sal jou dan ook vinniger verveel.

Bestaan jou vriende net in die virtuele wêreld?

Tel jou vriende. As jy meer virtuele vriende (ander aanlyn-spelers of speletjiekarakters) as werklike vriende het, moet jy dalk jou rekenaarspeletjiegewoontes heroorweeg. Gaan uit en ontmoet nuwe mense!

Speel saam met vriende

Nooi vriende om saam rekenaarspeletjies te speel by jou huis. As jou vriende nie speletjieverslaafdes is nie, sal hulle ná ’n ruk verveeld raak. Doen dan iets anders saam – maak saam middagete of gaan speel sokker.

Wenke vir ouers

Stel die voorbeeld: Jou kind luister dalk selde na wat jy sê, maar let beslis op na dit wat jy doen. Moenie ure voor die televisie deurbring as jy jou kind se skermtyd wil beperk nie.

Moedig sosiale aktiwiteite aan: Soek aktiwiteite wat jou kind sal dwing om met sy portuurgroep se sosialiseer. As jou kind nie saam met jou sosiale aktiwiteite wil doen nie, soek iets wat sy belangstelling sal prikkel soos in jul gemeenskap.

Stel saam die reëls op: Praat met jou kind oor hoeveel rekenaarspeletjies toelaatbaar is en betrek haar wanneer jy reëls daaroor opstel. Dit help ook om die rekenaar in ’n gedeelde area by die huis te hê – so kruip sy nie heeldag in haar kamer weg om te speel nie.

WERKS GELEENTHEDE

Prokureurs Firma in Brooklyn Pretoria dringend opsoek na 'n Vroulike Kandidaat Prokureur.

Minimum Vereistes:

* Tweetalig (Afrikaans & Engels)
* LLB Graad voltooi
* Minimum 2 jaar artikels
* Rekenaarvaardig
* Om te begin Desember 2016/Januarie 2017
* Eie vervoer
* Nie roker

Potensiële kandidate kan hulle CV aanstuur na finance@rrlaw.co.za.

More almal. Drywer Dringend nodig vir organisasie in Krugersdorp Wes met eie betroubare ligte voertuig. Moet more beskikbaar wees. Ideaal vir pensionaris wat ietsie soek om besig te bly. Kontak Michelle op 0842966270 vir onderhoudhoud vandag!

Ons is op soek na mense met verf experience en bietjie bou knowledge man's of vrouens ons het ons eie besigheid oop gemaak... vir nou betaal ons per job tot besigheid groter is. As jy sal belang stel what's app sonja 0763901804 moet hard werkend wees ons is in boksburg naby east rand mall

Urgent! Dringend! LOODGIETER PLUMBER/HANDYMAN - Ek is op soek na ‘n plumber. Salaris onderhandelbaar na gelang van kwalifikasie. Kempton Park met eie vervoer Begin vanaf R5500 plus kommissie. Stuur cv word format k9mailbox@gmail.com

More Lede, ons benodig n Ervare Dog Groomer vir n Mobile Dog Grooming besigheid in die Oos-Rand. Bel asb 084 612 8101 Andre

Looking for a Rollback driver for Vryburg.Must have PDP and code 10.Accommodation will be paid by Platium Towing.For more info contact Shiraaz on 0731723525

Position Available at Curves Pierre van Ryneveld/Irene immediately.
Curves, the largest global weight loss franchise in the world requires a full time fitness coach(IN CENTURION/PRETORIA AREA). Multi-tasking across all
activities is a requirement – marketing, referrals, circuit training, phoning & sales.
Excellent people skills and service orientation is crucial. Basic computer skills and a serious interest in the fitness and
weight-loss industry is a requirement. Ongoing training provided, with future study opportunities as career path.
Working Hours and Salary will be discussed in interview. Own Transport is a must
Please email CV with your latest photo attached to curvespvr@afrihost.co.za

Fit Xtreme Gym Benoni

We are upgrading and as an result we need more staff.

We have following positions available sales position with above average market related salary. Reception staff etc...

Send your cv to mornefitxtreme@gmail.com or whatsapp/phone Morne 0780040656

PostNet poste beskikbaar:

Toonbank assistent
* Tussen die ouderdom van 20-35 jaar oud.
* Moet tweetalig wees.
* Rekenaar vaardig en verdere nodige opleiding sal gegee word.
* Eie vervoer
* Bereid wees om lang ure te werk.
* Moet tussen takke kan beweeg.

Drywer
* Ouer manlike persoon.
* Bestuurders lisensie.
* Pos sortering.
* Afhaal van courier pakkies by kliënte.

 

Stuur CV's na postnetmenlyn@gmail.com

Pretoria Moot: Poste beskikbaar in Afrikaanse Tele-Sentrum. Opleiding word verskaf, Matriek en rekenaargeletterheid nie vereiste.
Enige persoon wat wil werk en ‘n goeie inkomste wil verdien is welkom om aansoek te doen.
Vanaf skoolverlaters tot die ouderdom van 60
Kontak Marietjie 082 079 1849 / 012 753 8088

More almal. Drywer Dringend nodig vir organisasie in Krugersdorp Wes met eie betroubare ligte voertuig. Moet more beskikbaar wees. Ideaal vir pensionaris wat ietsie soek om besig te bly. Kontak Michelle op 0842966270 vir onderhoudhoud vandag!

Hierdie spasie is gereserveer vir JOU                      advertensie

Vir meer inligting....

bottom of page