top of page

23 Januarie 2017

Uitgawe 10

Met trots stel ons elke week een van ons omroepers bekend

Jan Lewies Le Roux

Jan Lewies Le Roux het groot geword in Johannesburg

 

Hy is gaande oor sy vrou se lekker tuisgemaakte kos.

Maar hy sal nooit uitmis op 'n "Wimpy Ontbyt"nie....

Hy is 'n mense mens en geniet dit om mense om hom te hê

Sy groot voorliefde is visvang en natuurlik om 'n omroeper te wees by Springbok Internet Radio.

Jan bied  op 'n Dinsdag van 18h00 - 19h00 'n program aan wat almal sal geniet wat mal is oor die 80's se musiek. Direk daarna is daar 'n uur van heerlike Country musiek

Op 'n Donderdagaand bring Jan hulde aan 'n kunstenaar/groep om ons meer  te vertel oor die kunstenaar/groepe se lewens

Vrydae aande is dit 'n heerlike program met 'n groot musiekverskeidenheid. 'n Program om te geniet en te ontspan wanneer die naweek begin

Op 'n Saterdagaand kuier Jan tot laataand saam met sy luisteraars in Saterdagjolyt. Hy weet hoe om sy luisteraars vasgevang te hou met die lekkerste musiek

Sondae bied Jan Gospel klanke aan waar hy die mooiste musiek speel en stukkies uit die Woord met ons deel. Geloof in ons Hemelse Vader is baie belangrik vir Jan.

Gunsteling kleur:  Blou

Gunsteling Kos:    Pasta

Gunsteling drankie: Pienk melkskommel by Wimpy

Gunsteling films:  Aksie

Gunsteling vakansieplek: By die see

Jan geniet dit om uit te saai en doen dit met 'n passie

Hier is Jan se uitsaai skedule

Dinsdae -       18h00 - 19h00            Die 80's

Dinsdae -       19h00 - 20h00            Country Jol

Donderdae -  18h00 - 19h00            Huldeblyk

Vrydae -         18h00 - 20h00            Musiek Roulette

Saterdae -      20h00 - 22h00            Saterdagaand Jolyt

Sondae -        16h00 - 18h00            Gospel Klanke

Julle is welkom om by  Jan se fb blad aan te sluit /web.facebook.com/JanSpringbokirc

Optredes en nuus oor kunstenaar in Suid Afrika

ARMAND HOFMEYR

 

Armand Hofmeyr is op Kroonstad, 26 Augustus 1989 gebore en het op verskeie dorpies in SA groot geword, waarvan Alldays baie naby aan sy hart lê. Na hy sy skoolloopbaan vaarwel toe geroep het, het Armand in 2008 by Emendy Music College aangesluit om klank ingenieurswese te swot. Hier het die gogga hom gebyt om die liedjies wat in ‘n laai lê met die kennis te verbeter.

In 2010, sluit Armand hom aan by EMI en met al die snitte uit sy eie pen, vervaardig deur Marius Brouwer neem hy sy baie suksesvolle debuutalbum, “Foto’s en briewe” op. In die wonderwêreld van musiek begin Armand in 2012 skryf aan sy tweede album “Rug teen Rug” wat weereens vervaardig is deur Marius Brouwer , en daarmee vestig Armand hom vir altyd in die harte van sy aanhangers.
2013 was ‘n jaar van toere regoor Suid-Afrika en elke klein dorpie is deurkruis en so begin Armand die mense leer ken wat sy gewildheid die hoogte laat inskiet.
Dit is 2014 en die langverwagte derde album , vervaardig deur Frans Staal produksies, “Lekkerlyf”, onder bestuur van David Gresham Record label ,is uiteindelik hier . Weereens met oorspronklike snitte uit sy eie pen bring Armand vir sy aanhangers vars klanke wat belowe om sy unieke talent te weerspiëel.
Drie gatskop-songs, wat heeldag in jou kop draai, “Kitty”, Een soen en “Tokkie” sal die voete laat juk vir die dansbaan.
Met nuutgeskepte ballades soos “ My liefling”, “Speeltyd”, “Give me some time”, en Liggies sal elke aanhanger se hartsnare roer.
Vir die jolytmakers is daar ook ‘n plek op die album met snitte soos “Koue bier en warm girls”, “Margate toe”, “Lekkerlyf”. “To love a woman” met Steve Hofmeyr is ’n song wat mense na hulle asems gaan laat snak.

Elke liedjie is gebore uit ‘n stukkie van Armand se daaglikse lewe en met die ingebore talent van woordverwerking skryf hy meesterstukke wat verewig word in die musiekbedryf.
Armand se energie en passie is verstommend en met die fyn aanvoeling van sy aanhangers se behoeftes is dit nie verbasend dat hy stadig maar seker sy pad oop baklei in die musiek wêreld nie. Uit sy pen gaan ons vir jare nog die vreugde van nuwe werke kan verwag…

Booking agent

Ansie +27729423161 / info@armandhofmeyr.co.za

Booking agent

http://www.armandhofmeyr.co.za/

FREDA FRANCIS

Freda Francis is een van ons land se mees bekendste geestelike sangeresse, daarvan getuig haar 1 platinum en 4 goue toekennings asook die Huisgenoot Tempo toekenning vir 2005. Sy verskyn gereeld op die top 10 speel lyste van verskeie radio stasies as nommer 1. Haar musiek videos word gereeld op die Christelike TV kanale uitgesaai asook oor KYK NET MUSIEK.

Wat haar uniek maak is dat sy nie net sangeres is nie maar ook liedjieskrywer wat meebring dat daar meestal oorspronklike werk in haar repertoire is. Freda word gereeld gesien op ons land se grootste verhoe maar is ewe tuis by gemeentes en dames oggende sowel as konferensies. Haar positiewe uitkyk op die lewe en passie vir Jesus steek haar gehoor aan die brand.

Ek doen graag mosaik werk, ontwerp en maak van my uitrustings vir optredes, ek maak ook Christelike juwele en "Serpies met Styl". Dan geniet ek dit ook om soms rustig te wees in die bos of by die see.

Media Kontak

082 471 3433

 

Agent

Louis De Villiers | gig@vox.co.za

        VIDEOS VAN DIE WEEK

Ricky Faber

Kaalgat in die reën

Ricky Faber se debuut musiek video vir Kaalgat in die reen.
Ricky Faber se album Suiwer is landswyd beskikbaar.

Vir meer inligting oor Ricky, besoek gerus http://www.rickyfaber.co.za
Bemark deur Vonk Musiek en versprei deur Real Music Distribution.
Musiek video deur vphFilms.com http://www.vphfilms.com

Hennie Jacobs

Wolraad Woltemade

Hennie Jacobs sing "Wolraad Woltemade" vanaf die album "DIT IS DIE LAND".

 

Volg Hennie Jacobs: Facebook: http://goo.gl/TY2j3O Twitter: http://goo.gl/z7Cj5K ...

ARTIKELS

Belangrike inligting omtrent karstoeltjies.

Het jy geweet 85 persent van die kinders in Suid-Afrika word nie behoorlik in ’n karstoeltjie vasgegespe nie? Dit beteken óf jy gord nie jou kleintjie reg vas nie óf jy weet van iemand wat dit nie doen nie.

Volgens Childsafe is passasiersterftes by kinders die vierde belangrikste oorsaak van onnatuurlike sterftes in ons land. ’n Kind wat nie vasgegespe is nie, sal selfs in die geval van ligte ongelukke in die motor rondgeslinger word en kan sodoende hulself en ander passasiers beseer.

Childsafe sê voorts vasgespe verlaag die risiko vir dood in ’n passasiersmotor met 71 persent in die geval van babas en 54 persent by kleuters.

Arrive Alive sê die korrekte gebruik van ’n karstoeltjie is een van die doeltreffendste maatreëls om passasiers tydens ’n ongeluk veilig te hou,” sê Casey Rousseau, woordvoerder vir die versekeringsgroep 1st for Women.

“Karstoeltjies is nes sitplekgordels ontwerp om die insittende veilig in die sitplek te hou sodat hy nie rond- of uit die voertuig geslinger word as die bestuurder skielik rem of as ’n ongeluk gebeur nie,” sê Casey.

“Dis eintlik eenvoudig: As die karstoeltjies korrek gebruik word wanneer die kind ook al in die motor is, kan baie sterftes voorkom word.”

Baie ouers dink dis veilig om hul baba in hul arms vas te hou of die kind op hul skoot te hou wanneer hulle ry, maar dis nie waar nie. Navorsing het getoon tydens ’n botsing of wanneer skielik rem getrap word, het passasiers minder as ’n halfsekonde om te reageer. Dis onwaarskynlik dat ’n volwassene ’n kind in hierdie tyd sal kan vashou.

Wanneer jy ’n karstoeltjie kies, moet jy een kry volgens jou kind se gewig. As die kind op die verkeerde soort stoeltjie vir sy ouderdom of gewig vasgegespe is, of die bande of harnas is nie behoorlik vas nie of selfs los, is die kans groter dat die kind sal seerkry of selfs sterf.

Volg altyd die vervaardiger se aanwysings wanneer jy ’n karstoeltjie installeer of jou kind daarin plaas.

1st for Women bied die volgende wenke vir die korrekte en veilige gebruik van karstoeltjies:

1. Maak seker die karstoeltjie voldoen aan die nodige veiligheidstandaarde.
2. Die bande moet nommerpas wees, en nie slap wees of knyp nie.
3. Bande moet onder die skouers wees as jou kind agtertoe kyk en bo die skouers as hy vorentoe kyk.
4. Skuif die plastiekknip wat die twee bande bymekaarhou op okselhoogte voor jy dit vasmaak.
5. Verwyder bonkige klere voor jy jou kind vasgespe en draai hom eers daarna toe in sy kombersie.
6. Maak seker die bande is nie gedraai nie, want dit kan die doeltreffendheid daarvan tydens ’n botsing verlaag.
7. As jy ’n tweedehandse karstoeltjie koop, doen dit net as jy sy geskiedenis ken of weet dit kom van ’n goeie bron af. Moenie ’n stoeltjie koop wat in ’n ongeluk was of waarvan die bande, gespes of vashegpunte verweer is nie.
8. Probeer om jou kind so lank moontlik in die agtertoekyk-posisie laat sit. Dié posisie word aanbeveel tot op driejarige ouderdom, maar dit kan verkieslik langer gebruik word. As die kind agtertoe kyk en daar is ’n botsing van voor, word die impak van die botsing oor sy hele rug en kop versprei. As hy vorentoe kyk, is sy kop meer blootgestel.
9. Maak seker die karstoeltjie wip nie verder as 2,5 cm vorentoe of sywaarts nie.
10. Speelgoed kan jou kind tydens ’n botsing beseer, dus moet dit sag wees.
11. Stel ’n goeie voorbeeld as ouer en gespe jou ook altyd vas.

Nuwe menslike orgaan

 

Die menslike liggaam het dalk nou 79 organe deurdat ʼn bykomende orgaan by die buikstelsel deur ʼn Ierse chirurg, professor J Calvin Coffey van die Universiteitshospitaal van Lymerick, ontdek is.

Die dermskaal of menseterium was tot nou toe beskou as slegs ʼn liggaamsdeel waaraan spysverteringsderms hang. Deurdat dit waarskynlik al die tyd ʼn orgaan is kan dit in die toekoms help vir die bepaling en genesing van menslike siektetoestande.

Bron: Medical News

Skoolhoof op die dak.....

 

Mnr. Dawid Haasbroek, skoolhoof van Laerskool Villieria, moes onlangs ’n dag op die skool se dak deurbring.

Mnr. Haasbroek het ’n weddenskap met die leerlinge verloor dat, indien hul meer as R150 000 insamel tydens die skool se kaskardag, hy ’n dag op die skool se dak sal deurbring.

Nie net het die insameling R150 000 gehaal nie, maar verwagting oortref deur meer as R200 000 in te samel.

Tipies die sport wat Mnr. Haasbroek is, is sy kantoor vir die dag na die skool se dak verskuif van waar hy “alle” hoof-sake moes hanteer.

Reën Reën Reën...

 

Die nuwe jaar het tot dusver op ’n veel meer positiewe noot begin wat watervoorsiening en damvlakke aanbetref.

Die Vaaldam se watervlak het gestyg tot meer as 60%.

Einde verlede jaar het die vroeë somerreën slegs ’n bietjie verligting gebring en het amptenare gewaarsku dat waterverbruik steeds beperk sal word.

Die Vaalrivierstelsel het 14 damme wat meestal water aan Gauteng, Sasol en Eskom voorsien.

Die stygende 6.7 persent vlak van middel-Desember kan egter nie net aan Desember se reën toegeskryf word nie, maar ook aan ’n invloei uit die Sterkfonteindam.

Op 7 November is water uit dié opgaardam in die Vrystaat gelaat om die vlak van die Vaaldam uit die gevaarsone van 25 persent te kry.

Die Sterkfonteindam is steeds vol en staan op 87.3 persent.

Vroeër in 2016, het mense van regoor die land gehelp om medeburgers van veral die Vrystaat en Noordwes te help wat erg deur die droogte geraak is.

Organisasies soos Operation Hydrate en Water Shortage SA is op die been gebring om water aan dorpe wat swaar getref is, te voorsien.

Streng beperkings is in Oktober ingestel om water in die Vaaldam te spaar.

Inwoners is verbied om hul tuine tussen 06:00 en 18:00 met tuinslange nat te maak.

Munisipale water mag ook nie gebruik word om swembaddens vol te maak nie en motors mag net sekere tye gewas word.

Inwoners moet egter nog nie gerus voel met die 44.5 persent damvlak nie.

Dit beteken dat water steeds bespaar moet word om die Vaaldam se huidige vlak te beskerm.

Daar is gebiede waar die watergebruik steeds baie hoog is. Ons vra inwoners om die watergebruik te verminder. Ons verloor steeds te veel water as gevolg van besproeiing en eis dat mense streng by die waterbeperkings sal hou.”

Sinkgat Gevaar...

 

Kuruman - 'n Ingenieur van Pretoria sê die R31 tussen Kuruman en Daniëlskuil in die Noord-Kaap moet onmiddellik vir verkeer gesluit word. Melt Badenhorst glo 'n massiewe sinkgat kan die pad 'insluk'.

 

Hy het die toneel vanoggend besoek en aan OFM-nuus gesê mense onderskat die krag van water. Hy sou die pad onmiddellik vir verkeer sluit.

Die sinkgat het Woensdagmiddag, verlede week, tydens 'n swaar reënbui skielik ontwikkel en binne sowat twee ure het 'n waterval na benede gestort. Hy sê die sinkgat is op plekke tot 100 meter lank en 30 meter diep en loop tot langs die R31-teerpad.

Badenhorst is van mening dat die pad binne die volgende paar uur deel van die sinkgat kan word en dat die situasie baie ernstig is.

Badenhorst se hy het vanoggend 'n voorlopige verslag aan die Noord-Kaapse departement van paaie gestuur en hulle ingelig oor die situasie soos hy dit sien.



Badenhorst sê amptenare het aangedui dat hulle personeel na die toneel stuur.

Woordvoerder van die Noord-Kaapse departement van paaie, Crystal Robertson, se 'n span ingenieurs van die departement het vanoggend die toneel besoek om die situasie te evalueer. Sy sê die pad is tans oop en word vir verkeer gebruik.

Sy sê 'n verslag met aanbevelings sal deur die ondersoekers an die departement verskaf word.

Robertson sê die verslag was teen 13:00 vanmiddag nog nie beskikbaar nie.
 
Sy sê die departement sal na die aanbevelings kyk en 'n besluit neem of die pad gesluit gaan word vir verkeer en of daar 'n aanbeveling gemaak sal word vir die gebruik van 'n alternatiewe roete.

Rots “skuur” verby die aarde

 

Sowat 48 uur nadat wetenskaplikes ’n naderende planetoïed ontdek het, is die gevaarlike rots verby die aarde teen ’n skrikwekkende spoed van 16 kilometer per sekonde.

Die rotsblok het op ’n afstand van 190 000 kilometer vanaf die aarde verby gevlieg, wat ’n afstand van ongeveer halfpad tussen die aarde en die maan is.

Die gevaar is deur Catalina Sky Survey ontdek se navorsers wat verbonde is aan die Universiteit van Arizona in Amerika.

Die rots se grote word beraam op 11 tot 34 meter in deursnit, se die wetenskaplikes van die Minor Planet Center in Cambridge, Massachusetts.

In 2013 het so ’n planetoïed ontplof bokant die Russiese stad Chelyabinsk, en het meer as ’n duisend mense met beserings gelaat en groot chaos in die stad veroorsaak. Daardie rots was sowat 20 meter in deursnit.

Wetenskaplikes wys daarop dat miljoene planetoïede in die ruimte “naby” die aarde rond trek, en daagliks word minstens vyf nuwe rotse ontdek.

Die rotse se grootte verskil aansienlik en kan van ’n enkele meter tot ’n paar kilometer in deursnee wees.

Die goeie nuus is egter dat die grootste deel van die rotse gewoonlik uitgebrand is voordat hulle die aarde bereik, maar daar is verskeie gevalle wat so ’n reuse rots wel die aarde getref het.

Bron: Wetenskap en tegnologie

Bloeddruk...

Al ooit gewonder hoeveel jou bloeddruk moet wees?

Hier is iets om te help.

VLIEG het ook ‘n doel....SOWAAR....

JA, GLO DIT, vlieë is ook geweldig nuttig. Ná bye is hulle die belangrikste bestuiwers van blomme. En sonder die misvlieë en dié wat ontbindende dooie diere vreet, sou ons begrawe gewees het onder al die vuil.

Daarbenewens kan sekeres van hierdie groep insekte ook medisinale waarde hê. Reeds in die sestiende eeu het die Franse dokter Ambroise Paré vasgestel dat soldate se koeëlwonde vinniger genees wanneer brommer-maaiers gebruik word om die wond skoon te vreet.

In die afgelope tyd het sulke maaiers weer hul opwagting in sekere Europese hospitale begin gemaak. Trouens, volgens berigte is die praktyk vinnig besig om veld te wen.

Gelukkig is die groen aasvlieg (Lucilia sericata) se maaier of larwe ’n regte fynproewer. Van gesonde weefsel wat goed deur bloed gevoed is, wil hy niks weet nie. Daarteenoor is skadelike bakterieë, wat al hoe meer bestand teen antibiotika raak, sy voorliefde.

Boonop skei hy ’n ensiem (soort organiese stof) af wat help dat wonde gouer gesond word.

In Swede en Duitsland het dié groen gonser se kleintjies al enkele amputasies voorkom by pasiënte met diabetiese gangreen, die sogenaamde kouevuur.

Praat van ommer as ’n brommer . . . Dit gee ook ’n heeltemal nuwe betekenis aan die uitdrukking ''daar’s ’n vlieg in die salf''!

Die groot Raaisel...

 

’n Skatkis van herinneringe was amper twee jaar lank vergete in ’n antieke spieëlkas op ’n kleinhoewe oos van Pretoria.

Antoinette Delport van Tierpoort vertel die storie terwyl sy na die groot spieëlkas beduie.

“My ouers het dit twee jaar gelede op ’n vendusie in Cullinan gekoop.”

Min het die gesin geweet dat daar ’n leeftyd se foto’s, telegramme, briewe, kaartjies en selfs ’n stokou paspoort binne in vergete bly lê het.

Die paspoort wat reeds in die 1970’s verval het, sê die dokument het aan ’n oom Jacobus Burger behoort het.

Hy is volgens die paspoort in 1911 gebore.

Delport verduidelik dat haar ma die dokumente vir haar tannie wou gee, maar dat sy self eers wou kyk of sy nie die eienaars kon opspoor nie.

Delport het van die foto’s op Facebook gedeel en die reaksie was ongelooflik.

Mense het raad gegee en selfs ook aangebied om te help soek.

Volgens ’n telegram het Oom Jacobus en sy vrou in die 1970’s in 647 Hertzogstraat, Wonderboom-Suid gebly.

“’n Vrou het op Facebook gesê dat sy in daardie straat bly en dat sy die mense nou in nommer 647 sal vra of hulle iets weet.”

Van die foto’s dateer so ver terug as 1890.

Daar is selfs ’n paar begrafnis-, troue- en plaasfoto’s.

Troukaartjies van Oom Jacobus se troue in 1974 verklap dat die een wat hierdie dokumente versamel het, nie graag van enigiets wou ontslae raak nie.

Delport maak die delikate, geblomde boksie oop met outydse skryfpapier binne-in.

 “Die eienaar moet opgespoor word, want iets so kosbaar kan mos nie verlore gaan nie.”

Die deurkyk van al die foto’s en lees van die telegramme voel kompleet soos ’n padkaart wat lei na ’n skatkis.

“Die Facebook-groep Waar in die wêreld het vir my ’n selfoonnommer van Oom Jacobus se kleinseun gestuur,” sê Delport.

Die kleinseun is van Pietersburg en was baie verbaas.

“Hy (die kleinseun) sal binnekort wil kom kyk na die foto’s,” sê sy.

“Die herinneringe sal binnekort weer terug wees by die familie.”

Veiligheid...

 

Verskeie inwoners vind toenemend voorwerpe soos geverfde klippe voor hulle eiendomme en glo dat misdadigers dit as “merkers” gebruik.

Facebook- en Whatsappgroep waarsku inwoners teen hierdie mootlikheid in ‘n verklaring en vermaan hulle om te alle tye waaksaam te wees.

In ‘n meer onlangse geval is “merkers” voor ‘n vrou se erf in die area gevind.

Susan Andrews sê paniek vat veral pos by gesinne waar daar nie ‘n man tuis is nie.

 “Daar is duidelik groot kommer oor hul lewens en eiendom. Mense vrees vir hulle lewens veral as mens in ag neem die aantal moorde wat die afgelope paar maande gepleeg is

,” “Inbrake het ook juis in Desember hoogty gevier en mense met duur elektroniese toerusting is veral teikens.”

Nog voorbeelde van merkers wat voor hekke geplaas word.

‘n Paar nuttige wenke van Andrews se kant vir inwoners:

–  Mense moet minstens twee keer ‘n dag sowat vyf minute buite die huis deurbring om kennis te neem van wat in hul omgewing aangaan.

– Weet wie jou bure is en kry hul telefoonnommers. Maak seker dat julle weet wanneer iemand nie tuis is nie.

– Meld verdagte optrede of tekens aan by iemand wat kennis het en sal weet wat om te doen.

– Wanneer verdagte voertuie aangemeld word, noem ook wat die persoon of voertuig verdag maak. Gee duidelike beskrywings, die model en kleur van voertuig en waar moontlik die registrasienommer.  Neem ‘n foto indien moontlik. Die meeste verdagtes gee pad wanneer daar ‘n foto van hulle geneem word.

– Maak seker dat jy ‘n afskrif van jou werkers se ID-dokument, sy/haar volledige adres en minstens twee famillede se besonderhede by iemand anders bêre vir veiligheid vir wanneer iets met jou gebeur.

– Dit is altyd beter om by jou GPF aan te sluit en saam patroliediens te doen om sodoende te weet wat in jou omgewing aangaan.

– Ouer mense en vroue word aangeraai om ‘n paniekstelsel te laat installeer.  Kry ‘n paniekknoppie wat om jou nek gedra kan word sodat jy enige tyd hulp kan ontbied, selfs in mediese noodgevalle.

Sonkrag goedkoopste energiebron

 

In ’n wetenskaplike navorsingsprojek is gevind dat sonkrag die goedkoopste metode van elektrisiteit opwekking is en het selfs ’n geringe voorsprong op windkrag.

Met die toename in aanvraag na sonenergie toerusting, word die produksiekoste geleidelik minder, wat die stelsel nog beter maak as enige ander wyse van elektrisiteit opwekking.

Data wat deur  (BNEF) vrygestel is toon dat die koste van sonkragtoerusting in 58 lande die goedkoopste metode is om elektrisiteit op te wek.

Onder die lande is China, Brasilië en Indië wat toenemend van sonkrag gebruik maak wat goedkoper is as ander bronne van opwekking.

Gedurende Augustus vanjaar het Chili daarin geslaag om die laagste moontlike tarief te bied van $29.10 per Megawatt-uur, wat net meer as die helfte goedkoper is as steenkoolsentrales se koste.

Elon Musk het intussen tot die mark toegetree en ontwerp ’n stelsel wat die gebou se dakteëls vervang, wat blykbaar baie gewild is in groot dele van Amerika.

Verskeie wetenskaplikes beweer dat die gebruik van sonenergie uiteindelik kan lei tot die uitskakeling van tradisionele kragsentrales, veral as daar meer navorsing gedoen word in die ontwikkeling van stelsels.

Bron: Tegnologie en Wetenskap

WERKS GELEENTHEDE

Witbank Mpumalaga Murray & Roberts soek die volgende Supervisors x1
Welding x1
Piping x2
Sub Contractor coordinator x3
Data Capturer/clerk x35
Safety Officers x26
Boilermakers x83
Machanical Fitter x810
Double coded Welders x1411
Rigger x512
Electrician x13
Stoorman x214
Please forward applications to MRPW
recruitment@murrob.com

fax 086 206 8391

SIG-Labour advice for companies / Arbeidsadvies vir Besighede

18 January at 09:24

Position available in Brooklyn Pretoria : IR Specialist/practitioner Basic Salary R7000-00 plus commission. Own reliable transport required. Must be well spoken and presentable. Please forward CV and application to info@siglabour.co.za clearly stating SIGIR2017 in the subject line. Applications close on the 30th of January @ 12:00

GESOEK:

Eerlike, hardwerkende persoon met kennis van veeboerdery, meganies, elektries en sweiswerk vir gemengde boerdery. Naby Dundee, KZN. Moet Zoeloe magtig wees. Ouderdom: 25 - 45 jaar. E-pos CV: orgburger@gmail.com.

Junior Draughtsman based to the North of Pretoria
An Automotive Body Building company to the north of Pretoria is looking for a Junior Draughtsman to work in a workshop
environment.
- Plans and sketches and compiling of Bill of Material
- Designing of plans on AUTOCAD
- Must be able to do estimation of said works
- Good knowledge of Excel in order to do estimating
- Grade 12
Must be AUTOCAD literate. (not necessarily qualified)
Please have work examples ready if asked for an interview.
R8 000.00 per month negotiable depending on experience
Please send CV to marinda@rosspers.co.za

Ek is van Wolmaransstad. En het tans n pos beskikbaar vir n Slaghuis Assistent by The Butchery Est 2013. Kontak nr is 073 211 0476.

Drywer gesoek, sober gewoontes met minstens 3 verwysings. Minimum 5 jaar kode 14 ervaring, en bulk graan ondervinding noodsaaklik. 26 dae op die pad, 4 dae by die huis. R1800 per week begin loon. Cummins + Eaton Autoshift voertuig. Stuur asb n volledige CV na hmservicesmail@gmail.com, suksesvolle aansoekers sal binne 7 dae in kennis gestel word en onderhoud sal volg daarna.

Onvangs dame pos beskikbaar vir n jong dame wat Rekeningkunde wil swot.
Rustenburg area
R4k pm + die maatskappy betaal jou studies
Stuur cv consultant6@neobatho.co.za
Subject line: Receptionist

Opsoek na 28 x CAT mechanics. Gekwalifiseerd met ondervinding.
Vir 1 April 2017 in DRC.
Werk direk vir die klient.
Moontlike 7/2 rotasie met $7500 salaris.
Stuur asb cv na..... expatlindi@gmail.com

Onvangs dame pos beskikbaar vir n jong dame wat Rekeningkunde wil swot.
Rustenburg area
R4k pm + die maatskappy betaal jou studies
Stuur cv consultant6@neobatho.co.za
Subject line: Receptionist

Onvangs dame pos beskikbaar vir n jong dame wat Rekeningkunde wil swot.
Rustenburg area
R4k pm + die maatskappy betaal jou studies
Stuur cv consultant6@neobatho.co.za
Subject line: Receptionist

Onvangsdame pos beskikbaar vir n jong dame wat Rekeningkunde wil swot.
Rustenburg area
R4k pm + die maatskappy betaal jou studies
Stuur cv consultant6@neobatho.co.za
Subject line: Receptionist

Hierdie spasie is gereserveer vir JOU                      advertensie

Vir meer inligting....

bottom of page