top of page

14 November 2016

      Uitgawe no 5

Ons stel met trots ons omroepers bekend

Ontmoet hierdie week vir Hanley

Hanley Springbok Irc is Springbok Internet Radio se musiek koördineerder. Hanley is gebore en  grootgeword in Pretoria. Sy is 'n haarkapster van beroep en het haar kwalifikasie deur Carlton Hair international verwerf.  Sy het haar eie salon al vir die afgelope 7 jaar in Pretoria Tuine.

Hanley is ongeveer 2 jaar al 'n omroepster by Springbok Internet radio. Sy is baie betrokke by die Springbok Internet Radio feeste wat in Gauteng gehou word .

Sy bied Koffietyd soggens direk na Oggendgebed aan. 'n Uurlange program wat soggens tussen 8h00 en 9h00 lewendig op die lug is.  Die program is 'n lekker gesels program met heerlike musiek.  Sy doen ook die opleiding van nuwe omroepers by Springbok Internet Radio

So 'n bietjie meer oor Hanley:

Stokperdjies: Visvang en kamp

Gunsteling Kos:  Pasta en hoender

Gunsteling kleur: Blou

Gunsteling drankie: Skinny Diva

Gunsteling vakansieplek: Kamp by 'n dam en Pilanesberg

Hanley het 'n passie vir haar werk as omroepster en geniet haar program wat sy aanbied terdeë. Sy lag soms vir haarself met die dinge wat sy aanvang. Indien jy by Hanley se fb wil aansluit stuur gerus 'n versoek na Hanley Springbokirc

Optredes en nuus oor Kunstenaars in Suid Afrika

Ons plaas graag optredes van kunstenaars sodat almal kan sien waar die optredes is en dit kan bywoon indien julle so voel

                                 Gerda Weideman

                                       (Gracie G)

Gebore In Pretoria en groot geword in die Hercules omgewing , waar ek my skool loopbaan voltooi het. Ek is die jongste van drie kinders.  1980-1983 doen ek opleiding in Voedseldiens bestuur sowel as Hotel bestuur by Pretoria Tegniese College.

 

Ek is getroud met Hendrik Weideman, ‘n juweel van ‘n man, het twee pragtige dogters, 4 kleindogters en ‘n stiefseun.

Kan een persoon so geseënd wees!

 

Ek het in ‘n musikale huis groot geword, maar is eers as ‘n jong meisie van so 18 deur die sang gogga gebyt. Ek het sangklasse by die legendariese Tommy Oliver geneem.

 Daarna het ek ‘n afkoel tydperk  gehad terwyl my kinders nog klein was.

In 1990 het ek saam met verskeie orkeste opgetree nl. Oom Hansie Rood, Piet V Blerck, Dave Gilliland. Het ook opgetree by Hipo’s  as ‘n gas kunstenaar, saam met hulle puik orkes. Ek het vir byna 9 jaar by Tuine Hotel gesing en as Kroegdame gewerk. In daai tyd het ek ook by plekke soos The Grotto, Bergsig Hotel, Cheers Pub, ens opgetree. So het ek my “fans” begin opbou. Het by elke moontlike geleentheid gesing.

 

Ek het al 6 cd’s opgeneem by Know How Studio’s en by Will Jordan. Patsy Cline is my gunstelling en ek sing baie van haar en Barbara Ray se musiek. Ek is trots om te kan se dat ek ook al saam met Lance James, Billy Forest, Tommy Oliver en Will Jordan opgetree.

 

In 2015 het my wereld in duie gestort toe ek met kanker gediagnoseer is. ‘n derde van my lewer is verwyder. Ek was in remissie, maar in 2016 was die kanker terug. Ek  ontvang tans chemo en is vol moed dat ek volkome sal herstel.

 

Daar is groot planne vir 2017. Ek gaan weer voluit sing en beoog om ‘n Duet CD te maak saam met my vriende wat my so getrou ondersteun in goeie tye en slegte tye.

 

 

Ek wil afsluit met die gedagte…

 

”Om te kan sing is ‘n voorreg, en dis ‘n God gegewe Talent!

Kobus Muller won the popular Patricia Lewis and SABC 2 TV singing competition Supersterre in 2007. Over 2 Million viewers voted weekly for Kobus.

He quickly won over millions of viewers with his genre ranging between Josh Groban en Mathys Roets. Songs like You Raise Me Up and Jerusalem was standing ovations on several times. It was clear to everyone that his voice can do a variety of genres. His modern version of the Afrikaans hit song Geelperske reën immediately was a huge success. He also plays guitar and Piano. His first commercial and self titles album was released in 2008 with most songs written by Kobus. Duets were also on the album with Patricia Lewis and Nicholis Louw, his Supersterre couch. The duet with Patricia Lewis, Luister Wat Jou Hart Sê, won a INTERNATIONAL Eurostar award in 2009. Kobus got an Golden award from Sony Music for this Album for album sales exceeding 20 000 units.
In the same year he also did the opening act for the INTERNASIONAL Pop group ‘Smokie’. Kobus is also the current record holder in South Africa for the most CD sales in one day at an in store promotion.

With his second CD, Sou Jy My Sê, Kobus ‘tried out a new Genre by recording both ballades and Pop songs. Songs like Because We Believe (a duet with Nicholis Louw), Ek Se Jou Naam and Swaai Jou Lyf took the radio charts by storm. After the CD launched Kobus did his nationwide ‘SWAAI JOU LYF’ tour. He also toured for a year with Nicholis Louw.
In 2011 he received an award from IFM for his song ‘Ek se jou naam’ for being one of the TOP 10 most play listed song in 2010 on the radio.

Kobus released his album, ‘Alles en Meer’ in June 2011 and also made it public to the media at the CD launch that he has been adopted as a child and that one of the songs on the album was written for his biological parents. This album will show off Kobus’s unique voice and songwriting talent with radio and dance floor hits like ‘Hey June’, ‘Slow Rider’ and ‘Maak dit nie seer’(the song Kobus wrote for his biological parents). Kobus wrote 11 of the 12 songs himself. This song was also nominated for a Huisgenoot Tempo award for the best pop album in 2012
He received an award from IFM for his song ‘Hey June’ for being one of the TOP 10 most play listed song in 2012 on the radio.

In 2012 Kobus was signed as an underwear model for PHD Underwear. He also won the Heat Magazines MANWATCH competition for the sexiest man, sexiest torso and six pack in South Africa. He was also listed in the Heat Magazine under the TOP 100 sexiest celebrity’s world Wide by public choice.
In the end of 2012 he released his latest album – ‘Tribute to Engelbert Humperdinck’. In this year Kobus also sang the National Anthem to Zuma the South African president and the annual AFASA event.

In 2013 Kobus received an award from IFM for his song ‘HEY JUNE’ for being one of the TOP 10 most play listed songs in 2010 on the radio. He also featured again on another 13 part TV series where they took a look on the progress he made since Supersterre a few years ago. He was also chosen as the public’s favorite from all the seasons of the SUPERSTERRE reality tv series throughout the years. He also did acting on the popular South African TV soap – 7de Laan

In 2013, Kobus gor recorded and Internationally released Toi Toi Toi records in Germany, Europe. His first International single: Turn up the radio, released worldwide 14 April 2013 and achieved various Nr 1 spots Radio Charts on various radio stations and counries. With all of the success with his first single his second single: You are like sunshine in the night, was released and made its debut on the Nr1 position on the European Radio Charts. He also did duets with various German Artists

With Top 10 and Nr 1 positions on radio stations worldwide and being to sing in various langauges, it is no doubt that Kobus Muller is popular to a variety of local and International markets.

                                        Kobus Muller

VIDEOS VAN DIE WEEK

Kobus Matthews - Hand van 'n Boer

Born the 8th day of March 1982 in the town Queenstown Eastern Cape. Attended school in Hangklip Primary & High. Got his first guitar at age 16 and developed a love for music. After school he fulfilled one dream by doing a year of Christian work by bringing the word of God to school children in the form of dance, drama and music.

In December 2013 released my first poem collection named ‘ Deur My Oe’. Music was always in my blood . My grandfather could nearly play any instrument you gave to him. October 2014 was my first show for friends and family and raising funds and awareness for cancer. February 2015 I made the move to Gauteng to pursue a career in music.

My first show was for Corne Visser who suffered from cancer, sharing the show with Erika Tolmay and Billy Jean. My second show was at Bushwackers in Springs and third at Quench Corner also in Springs. My cover version of Neil Diamond’s “I am I said” was on Springbok Internet Radio Top 20 and reached number 13. I performed at a Mother's Day event at The Bridge Loskop Dam. After Loskop Dam I did a Benefit Show for Aiden Roberts in Middelburg Mpumalanga. Started recording my cover album “Cover The Basics” on 16 June 2015.

Cover The Basics Recorded and received playtime on Capital Fm . Caledon Fm . Overberg Fm . Springbok Internet Radio , All Time Radio , Kokomo Internet Radio .

Moved to Cape Town. October 2015

Performed at Sunfish Pub in St Helena Bay twice and did the yearend function for Du Toit Vrugte in Ceres . Yearend function for the Duiwe Club in Kuilsrivier.

Gemini Singing competition , won gold in the Country division.

Ceres Toyota - I performed at the new Fortuner Launch 2016.

Queenstown Eastern Cape - Performed at The Moth Hall and 120 people attended.

Port Elizabeth - The Train Festival performance 2016

Started to record my debut Afrikaans album - Noord van liefde.

Tamboekie Festival - Coca Cola Stage performance 2016

Steelpoort - Pre School Prizegiving 2016

Muldersdrift - The Moors Castle Performance 2016

My music video released on 04 November 2016 - Hand van n boer.

https://youtu.be/auiY0QAuYmU

My next performance will be at the Blou Hond with Steve Hofmeyr and more top afrikaans artist.

Favourite Food : Steak & Pasta

Favourite Drink : Castle Lite

Favourite Colour : Blue

Rugby Team : Blue Bulls

Favourite Town : Cape Town

‘n Dekade van Bok van Blerk en dis net die begin! Kan jy onthou waar jy was of waarmee jy besig was toe jy die eerste keer Bok van Blerk se De La Rey oor die radio hoor speel het? Moeilik om te glo, maar ons praat van 10 jaar terug… daardie oomblik toe die klank van Afrikaanse musiek verfris is en mense laat regop sit het.

Dis een van die redes hoekom hierdie jaar beslis ‘n groot jaar gaan wees vir Bok. Nie net vier hy die 10-jaar herdenking van die liedjie wat van hom ‘n bekende naam in die Afrikaanse musiekwêreld gemaak het nie, maar hy doen dit sommer in styl ook. Met totale albumverkope wat naby aan die 1-miljoen kerf staan, is die tyd reg vir ‘n “Van De La Rey tot nou” terugblik op sy loopbaan. Die nuwe album sal ‘n versameling wees van al sy grootste treffers, alsook 4 nuwe liedjies in tipiese Bok-trant… ‘N Propvol album met liedjies wat die toppunt van trefferslyste regoor die land gehaal het of nog sal bereik.

Bok sal ook op ‘n landwye toer vertrek waar hy nie net kleiner plekkies sal besoek nie, maar ook op die hoofverhoog by van die land se bekendste musiekfeeste sal optree… als om dankie te sê vir die mense wat hom reeds ‘n dekade lank ondersteun. Daar is selfs gerugte dat Bok sal terugkeer na die presiese plek in Hoedspruit waar hy De La Rey die eerste keer voor ‘n lewendige gehoor gesing het! As jy wil hê dat Bok en sy band met sy “Van De la Rey tot nou” – toer in jou dorp moet kom optree, kontak vir lindi@mozi.co.za

Verder beoog Bok ook om regdeur die jaar ‘n nuwe reeks handelsware en items by sy aanlynwinkel bekend te stel… aanhangers moet maar seker maak hulle besoek www.bokvanblerk.co.za gereeld om nie op enigiets uit te mis nie. Maar dis nie waar dinge stop nie. In 2016 gaan Bok ook die gasheer wees vir die Hanna Charity Liefdadigheidsgolfdag, hy sal die temalied vir die nuwe Afrikaanse rolprent, “Modder en Boed,” sing… ‘n rolprent waarin hy self ook ‘n klein rolletjie vertolk en daar word gewerk aan ‘n dokumentêr vir TV met die naam “Van De La Rey tot nou.”

Of jy nou kan onthou presies waar jy was 10 jaar terug toe jy die naam Bok van Blerk die eerste keer gehoor het of nie, een ding is ‘n feit… as Afrikaner het jou bors so bietjie geswel van trots en jou hart so bietjie warmer geklop. Bok is baie beskeie oor die eer en sal altyd erkenning gee aan sy aanhangers… die mense wat hom ondersteun, wat sy musiek koop en by sy konserte opdaag… die mense wat hom gebring het van De La Rey tot nou.

Vir meer inligting oor wat 2016 alles vir Bok van Blerk en sy aanhangers inhou, volg hom gerus op Twitter by @BovanBlerkRealFacebookInstagram of sy webtuiste www.bokvanblerk.co.za

               Bok van Blerk - Van De La Ray tot Nou

ARTIKELS

Hou peuters weg van slimfoon

 

Wetenskaplikes het in ’n spesiale verslag gewaarsku teen die gebruik of die toegang tot slimfone, aangesien dit slegs nadelig is en geen voordele inhou vir die kleiner kindertjies nie.

Van jongs af is die kinders besig met ’n ontdekkingsreis, en hulle vingertjies is altyd in proses om nuwe ontdekkings te maak, waarvan die slimfoon fassinerend kan wees sonder dat die kind werklik verstaan wat dit is.

Wetenskaplike navorsing het bewys dat die peuter, jonger as 2 jaar, normaalweg niks leer oor die gebruikswaarde van die slimfoon of tablet nie, maar kan die kind se ontwikkeling eerder geskaad word deur besig te bly met iets wat geen “leerskool” is nie.

Ouers word aanbeveel om kinders, jonger as 2 jaar, weg te hou van die nuwerwetse tegnologie soos slimfone, tablette, rekenaars en ander digitale toestelle.

Toetse het getoon dat kinders in die ouderdomsgroep tot 2 jaar nog belangrike liggaamsontwikkeling moet ervaar deur normale leefstyl.

Kinders wat blootgestel word aan die gedurige speel met digitale toerusting, ondervind slaaploosheid, kry obsessies en ’net n agterstand met hul liggaamlike ontwikkeling.

Kontrole behoort toegepas te word deur ouers wat voorsiening maak dat die peuters met gesonde leefstyl, ook verstandelik goed ontwikkel deur die gewone dinge in die huis en nabye leefwêreld te ontdek wat die vestiging van liefde vir ouers, die gesin, die huis en omgewing bevorder.

Dit is iets wat nie met digitale toerusting gedoen kan word nie, en toegang tot sulke toestelle verswak die kind se algemene vermoë om die omgewing waarin hy grootword, te leer ken.

Ouers mag dit “opwindend” vind as die peuter met sy vingertjies oor die blad van ’n slimfoon gly, maar onthou dat hy hoogstens waarneem dat die beeld waarna hy kyk, verander het.

Wetenskap en tegnologie

Ruimtetuig land op Mars

 

Die onbemande Schiaparelli ruimtetuig het ’n suksesvolle landing uitgevoer op die Rooi planeet, maar wetenskaplikes is bekommerd oor die feit dat hulle nog geen seine vanaf die tuig ontvang het nie.

Die inligting is deur Thierry Blancquaert, die verantwoordelike beampte vir die module by die Europese Ruimtevaart Agentskap, ESA, bekend gemaak.

Die tuig is veronderstel om die eerste seine te stuur kort nadat dit geland het op Mars, maar geen reaksie van die aard is ontvang nie.

Aanvanklik is geoordeel dat die fout dalk in die Duitse sentrum van die European Operations Centre is, maar ’n woordvoerder het later gesê meer inligting is nodig voordat verdere verklarings uitgereik kan word.

Die tuig se doel is om onder meer besonderhede te versamel en na die aarde terug te sein wat kan toon of daar vroeër lewe op Mars was, en dalk nog beskik oor enige vorm van lewe.

Wetenskap en tegnologie

Nuwe planeet in sonnestelsel dalk ’n “aarde”

 

’n Nuwe planeet, wat Proxima b gedoop, en deur wetenskaplikes ontdek is in ons sonnestelsel, is glo net sowat vier ligjare weg van die aarde.

Die planeet wat ook die lig van die son geniet, word beskou as die planeet wat dalk die naaste is aan ons eie aarde.

Die inligting is vrygestel in die wetenskaplike joernaal, Nature, waarin beskryf is dat die planeet “redelik naby” aan die aarde is.

’n Groep wetenskaplikes het onder leiding van Britse navorsers die planeet ontdek met behulp van die European Southern Observatory Telescope in Chili.

Die planeet kan blykbaar geskik wees vir mense om te bewoon aangesien die klimaat nie te warm of te koud is nie.

Meer navorsing sal egter nodig wees om die planeet se atmosfeer te bepaal en die stand van watervoorraad sal ook vasgestel moet word.

Wetenskap en tegnologie

Oudste haai naby Groenland gevind

 

Deense wetenskaplikes het ’n haai gevind by die kus van Groenland wat waarskynlik beskou word as die oudste lewende haai.

Die haai is gebore in dieselfde tyd as toe die Hollandse Oos-Indiese Kompanjie gestig is, sowat 392 jaar gelede.

Die haai is toevallig in die nette van vissers gevang, waarna die wetenskaplikes in kennis gestel is van die vreemde haai wat hulle gevind het.

Die wetenskaplikes het die yslike haai in die nette ondersoek en gevind dat die haai besonder oud is, aangesien hulle gewoonlik sowat 160 jaar oud word.

Die Wetenskaplikes verbonde aan die Universiteit van Kopenhagen het hulle werkmetode en bevinding onlangs in die gesaghebbende wetenskap tydskrif, Science gepubliseer.

Een van die wetenskaplikes, prof. Johan Verreth, verbonde aan ’n Nederlandse Universiteit,  sê hy weet dat sekere vissoorte baie oud kan word, maar het nog nooit ’n vis gevind wat by die ouderdom kom nie.

- Wetenskap en tegnologie -

Tennis – Interessante brokkies

Die langste tenniswedstryd wat nog gespeel is, het 11 ure en 5 minute geduur.

Dit was toe John Isner (VSA) in 2010 op Wimbledon teen Nicolas Mahut (Frankryk) gespeel het. Die wedstryd het oor drie dae plaasgevind. Nie een van die spelers wou bes gee nie en het moeite gehad om op mekaar se afslane deur te breek. Isner het uiteindelik gewen.

 

Alhoewel Samuel Groth nie as een van die beste spelers beskou word nie, hou hy die rekord as die vinnigste afslaner. Sy beste was in 2012 toe sy bal teen ‘n spoed van 163,4 myl per uur (261,4 km per uur) getrek het.

 

Sabine Lisicki van Duitsland is tot nog toe die vinnigste afslaner van die dames. In 2014 het sy die bal teen ‘n spoed van 131 myl per uur (209,6 km per uur) geslaan. Dit is vinniger as wat die meeste mans kan doen, hoewel in ag geneem moet word dat die damesballe van die mans s’n verskil.

 

Agt mans en tien dames het al die vier ‘Grand Slams’ titels in verskillende jare gewen.

 

Slegs een speler het die ‘Golden Slam’ (in een jaar) gewen, naamlik Steffi Graf in1988. Die Australiese Ope, Franse Ope, Wimbledon-kampioenskappe, VSA Ope, en Olimpiese goue medalje.

 

Die meeste kishoue in een wedstryd is gespeel deur John Isner (113) , Nicolas Mahut (103).

Meeste titels in alle wedstryde is gewen deur Jimmy Connors (109), Ivan Lendl (94) en Roger Federer (88).

Dames wat die meeste titels agter hulle name skryf, is Martina Navratilova (167), Chris Evert (154) en Steffi Graf (107).

 

Oudste dames wat ‘n titel gewen het:

Billie Jean King, 39 jr, 7 mnde, 23 dae (1983 Birmingham)

Kimiko Date Krumm, 38 jr, 11 mnde, 30 dae (2009 Seoel)

Martina Navratilova, 37 jr, 4 mnde, 2 dae (1994 Parys Binnenshuis)

 

Jongste dames wat ‘n titel gewen het:

Tracy Austin, 14 jr, 28 dae (1977 Portand)

Kathy Rinaldi, 14 jr, 6 mnde, 24 dae (1981 Kyoto)

Andrea Jaeger, 14 jr, 7 mnde, 14 dae (1980 Las Vegas)

 

Niemand weet hoe by die puntetellings van 15 – 30 – 40 – pot uitgekom is nie.

Afrika se olifantbevolking daal steeds

Die olifant getalle is steeds aan die daal in Afrika, te midde van die maatreëls wat deur verskillende regerings van die donker kontinent getref is om dit te bekamp.

Die verbod op die handel met ivoor was die een maatreël waarop die hoop gevestig is dat die getalle sal vermeerder, maar uiteindelik het dit ook nie die gewenste resultaat gelewer nie.

Miljoene Rand se olifant tande is vernietig deur hulle te verbrand, wat bedoel was om stropers tot die besef te bring dat die handel met ivoor nie ’n rooskleurige toekoms het nie, maar selfs dit het nie gewerk nie.

Ondanks die wêreldwye verbod op ivoorhandel, het stropers voortgegaan met die onwettige handel en honderde olifante van kant gemaak is die proses.

Gedurende die afgelope dekade het die olifant getalle met 30% gedaal in Afrika, en in Sentraal Afrika het die getalle met meer as 60% gedaal weens die lande se onvermoë om streng beheer toe te pas.

In die suide van die kontinent is die gevaar ewe kommerwekkend, waar die oorgrens parke tussen die verskillende lande voldoende geleentheid skep vir stropers om jag te maak op olifante en renosters.

TIENERS EN VEILIGHEID

Toe ek ‘n kind was kon ek oral beweeg. Jy kon buite in die straat rolskaats saam met jou maats, winkels toe gegaan het sonder om ‘n sent te spandeer. Gaan fliek het en in groepe al kletsende net rond gekuier het. Ons het geweet dat ons ‘n spertyd het en sou nie gewaag het om dit te verontagsaam nie. En indien jy nie op daardie gegewe spertyd by die huis was nie, dan het ons ouers geweet daar is fout. Hulle was nie bekommerd oor ons veiligheid nie want dit was nie nodig nie. Die lewe was toe nog ‘n veilige plek….. Vandag is dinge soveel anders. Daar was dit in die nuus van die dogter van 17 wat saam met haar maats gaan fliek het en gladnie by die huis opgedaag het nie. Haar ouers het die volgende middag die nuus gekry dat hul pragtige dogter se half naakte lyk in die bosse gevind is. Ek kan myself nie in dink oor hoe ek sou reageer nie. Hoe kon hierdie situasie gekeer word. Ja, ek stem saam dat as dit jou tyd is, dan is dit jou tyd maar kan mens nie prober om net die omstandighede te verander nie. Wat as daar net meer dissipline was, wat as daar net strenger reels neergelê was. Wat as vandag se kinders net meer bewus gemaak word van die gevare daar buite. Hoe kon mens die situasie en baie ander prober voorkom het. Kinders voel dikwels dat hul soos babas behandel word sodra reëls neergelê word. Ouers kry die kapsie van “Ek is nie meer ‘n kind nie” My antwoord hierop is “Jy is ‘n kind, jy is my kind”

Hier is ‘n paar idees om meer veiligheids bewus te wees……..

  1. Reëls is baie belangrik en moet beslis streng nagekom word.

  2. Lê ‘n spesifike tyd neer wat jou kind in die huis moet wees.

  3. Hulle moet jou ook laat weet as hul veilig by hul bestemming aankom en wanneer hul vertrek.

  4. Ouers se nommers en noodnommers moet altyd op “speed dial” wees.

  5. Kinders moet van kleins af bewus gemaak word van gevare daar buite.

  6. Hul mag uitgaan slegs as dit in groepe is en moet kontak met mekaar het om veiligheid te bevestig.

  7. Verkeerde invloed van maats is altyd ‘n groot sondebok. Help jou kind om reg te kies.

  8. En dan BAIE BELANGRIK....Klere dag. Baie meisies het 'n pragtige lyfie. Dit is nie nodig om dit ten toon te stel nie. Dit is uiters gevaarlik.......

 

ONTHOU ALTYD DIE VOLGENDE WOORDE...MY KIND KAN EERDER HUIL VOORDAT EK HUIL

RR se skip sonder kaptein

 

Die wêreldberoemde vervaardiger, Rolls Royce, beplan die bou van ’n revolusionêre vragskip wat sonder ’n kaptein of ’n “bestuurder” na sy bestemming sal beweeg.

Die skip sal met ’n beheerpaneel-stelsel van die land se sentrale kantoor gestuur kan word waar die vrag op of afgelaai sal word.

Noorweë is blykbaar geteiken om die eerste land te word wat die outomatiese skip sal toets.

Die eerste skip sal glo ook in die Noorweegse See getoets word nadat dié land reeds die nodige voorbereiding gedoen het om so ’n skip ter see te toets.

Beate Kvam Stad-Lervold, vise-president van die Seevaart afdeling het die inligting vrygestel en gesê Noorweë sal waarskynlik die eerste land ter wêreld wees wat so ’n gesofistikeerde vaartuig te toets.

Hy sê Noorweë het nie net betyds gereed gemaak vir die moontlikheid om die toetse te doen nie, maar beskik ook oor besondere vaardighede om daarvan ’n sukses te maak.

Intussen het die beroemde motorvervaardiger ’n video vrygestel waarin ’n kort oorsig gegee word van wat beplan word.

Wetenskap en tegnologie

Pandorea jasminoides oftewel die Australiese prieelplant

Tuiniers, ons vergeet soms dat daar darem maar pragtige rankplante te sien is. Hierdie Australiese prieelplant is regtig iets besonders met sy wit/ligtepienk blomme met die rooi hartjie.

Soos die naam aandui, kom dit oorspronklik van Australië. Pandorea jasminoides is in die familie Bignoniaceae en net soos die naam aandui is dit die jasmynfamilie.  Dit kom veral in die reënwoude van die suidooste van Queensland voor. Die woord pandorea is van Grieks afgelei wat beteken dat dit in die mitologie van die ou Grieke die bose geeste vrygelaat het, en dit is omdat daar soveel sade in die saadpeule van die plante voorkom.

Die saadpeule is langvormig. Hulle skiet vanself oop om die saad vry te stel. Hierdie ranker blom oorvloedig en die blomme is baie dig opmekaar en trompetvormig. Die kleure van die blomme wissel van wit tot ‘n redelike helder pienk met die rooi keel. Hulle blom in die somer vir ‘n baie lang tydperk. Die blomme het vyf ronde blaartjies wat ons amper aan roosblare laat dink. De blomme word tot 35 mm lank.

Pandorea jasminoides kan in volson of ligte skadu in die tuin geplant word en sal baie goed groei in goed gedreineerde grond. Dit aard in enige deel van die land en groei dig en vinnig.  Die blare van hierdie plant is spiesvormig en word tot 50 mm lank. Dit is ‘n redelike geharde plant maar kan deur swaar ryp beskadig word.  Wanneer hierdie rankplant uitgeplant word, moet dit goed nat gehou word totdat dit gevestig is dan kan minder water toegedien word. Dit sal droogtes weerstaan. Pandorea jasminoides kan van saad of steggies groei.

Tuiniers, oorweeg gerus ‘n rankplant vir die tuin en geniet  die oorvloedige blomme en al die heerlike aromas wanneer die son begin sak.

 

Verskansingstrategie vir boere in onseker tye

TLU SA, Old Mutual en Agri All Africa ooreengekom om gesamentlike inligtingsessies aan te bied sodat kommersiële boere die geleentheid kan kry om met kundiges opsies te bepreek en sodoende meer ingeligte besluite te neem.

Die hoofbestuurder van TLU SA, mnr. Bennie van Zyl, sê gesonde besigheids- en risikobestuursbeginsels vereis dat boere deeglik oorweeg en beplan hoe om die onsekere omgewing waarin boerderybesighede bedryf word, aan te spreek.  Dit is deel van die TLU SA se strategie om sekere te maak dat lede en ander landbouers toegerus is om die regte besluite te neem. Verskeie inisiatiewe en moontlikhede bestaan vir boere om behoorlike diversifikasie te bewerkstellig, maar hulle is moontlik nie bewus van die verskillende opsies, faktore en oorwegings wat in ag geneem moet word nie.

Mnr. van Zyl sê die onsekere aard van landbou maak dit belangrik dat boere op verskillende maniere risiko’s moet bestuur om volhoubaarheid te verseker. “Dit sluit in ‘n behoorlike finansiële plan wat risiko’s in die boerdery beter kan bestuur, sekerheid kan skep vir families met ‘n behoorlike opvolgplan en die opbou van bates buite die boerderybesigheid.”

“Die onsekere beleidsomgewing en toekoms van landbou in Suid-Afrika maak dit verder belangrik dat opsies oorweeg moet word om buite die Suid-Afrikaanse ekonomie te diversifiseer.  In die opsig het die TLU SA reeds moontlikhede in Georgië en Bulgarye ondersoek wat landbouvriendelike geleenthede aan boere bied.  Dit is egter belangrik dat alle belangrike opsies oorweeg moet word en daarom wil ons boere ook bekendstel aan geleenthede in Afrika, waar hande gevat word met Agri All Africa, asook

verskansingsmoontlikhede wat beskikbaar is deur finansiële instellings en platforms, waar Old Mutual as vennoot betrek is,” sê mnr. Van Zyl.

Dr. Theo de Jager, Voorsitter van Agri All Africa, sê “Agri All Africa het ten doel om geleenthede in Afrika meer toeganklik te maak vir boere deur die uitklaring van beleidomgewings, sluit van ooreenkomste met gasheerlande, vestiging van netwerke en die verskaffing van advies aan voornemende boere en landboubesighede.

Volgens mnr. Koos Nel van Old Mutual se Agri bemarkingspan, is “bates en beleggings buite die boerderybesigheid ‘n fundamentele bousteen van ‘n weldeurdagte besigheidsplan om seker te maak jy bereik jou langtermyndoelwitte.  Bo en behalwe dat sulke bates jou leefstyl beskerm, verminder dit ook risiko’s omdat jy diversifiseer.  Navorsing wat MSSA (Mark Studies en Statistiese Analise) in opdrag van Old Mutual gedoen het, toon dat slegs 6% van boere in Suid-Afrika oorsese beleggings het wat hulle teen moontlike swak prestasie in die Suid-Afrikaanse ekonomie kan verskans.

Die voorligtingsessies sal vroeg in 2017 in Gauteng, Limpopo, Noordwes en Mpumalanga gehou word en verdere inligting sal bekend gemaak word sodra die reëlings gefinaliseer is.

Die nuwe GOU GOU parkering

So baie keer gebeur dit dat mens by die winkelsentrum, dokter, kerk of enige publike plek op die gestremde parkering parkeer. Ons gaan mos vinnig wees. Mense julle verstaan nie wat se probleme dit inhou vir die persoon wat dit regtig nodig het nie. Onthou hierdie parkerings is wyer as die normale parkering omdat die rystoel langs die motor moet inkom om die persoon uit te kry. Nou is die voertuig wat langsaan is te naby en so kry voertuie skade wat dan nou weer 'n probleem op sy eie is.  Dit gaan nie oor gou  gou nie. Jy makeer niks. Daar is mense wat al in die ronde moet sirkel todat die parkering oop gaan op die gestremde parkerings net omdat jy gou gou wou inhardloop.

 

Groot boetes gaan uitgereik word vir die gou gou parkerings. Wees maar op jul hoede en as jy dalk van die gou gou parkering gebruik gemaak het en jy nie meer jou motor daar kry op jou terugkoms nie, Moenie bekommerd wees nie. Jou motor is nie gesteel nie. Skakel net jou plaaslike skud.

 

Volgende keer as jy parkeerplek soek, moenie van die GOU GOU parkerings gebruik maak nie.....

 

STUPIDITY IS NOT A DISSABILITY !!!!!

 

                        LEONARD NORMAN COHEN

Leonard Norman Cohen, CC GOQ (21 September 1934 – 7 November 2016)[1] was a Canadian singer, songwriter, poet and novelist. His work explored religion, politics, isolation, sexuality, and personal relationships.[3]Cohen was inducted into both the Canadian Music Hall of Fame and the Canadian Songwriters Hall of Fame as well as the Rock and Roll Hall of Fame. He was a Companion of the Order of Canada, the nation's highest civilian honour. In 2011, Cohen received one of the Prince of Asturias Awards for literature and the ninth Glenn Gould Prize.

The critic Bruce Eder assessed Cohen's overall career in popular music by asserting that "[he is] one of the most fascinating and enigmatic … singer/songwriters of the late '60s … [and] has retained an audience across four decades of music-making.... Second only to Bob Dylan(and perhaps Paul Simon) [in terms of influence], he commands the attention of critics and younger musicians more firmly than any other musical figure from the 1960s who is still working at the outset of the 21st century."[4]

The Academy of American Poets has commented more broadly on Cohen's overall career in the arts, including his work as a poet, novelist, and songwriter, stating that "Cohen's successful blending of poetry, fiction, and music is made most clear in Stranger Music: Selected Poems and Songs, published in 1993, which gathered more than 200 of Cohen's poems … several novel excerpts, and almost 60 song lyrics... while it may seem to some that Leonard Cohen departed from the literary in pursuit of the musical, his fans continue to embrace him as a Renaissance man who straddles the elusive artistic borderlines."[5]

Cohen's first album was Songs of Leonard Cohen (1967) followed by Songs from a Room (1969) (featuring the often-recorded "Bird on the Wire") and Songs of Love and Hate (1971). His 1977 record Death of a Ladies' Man was co-written and produced by Phil Spector, which was a move away from Cohen's previous minimalist sound. In 1979 Cohen returned with the more traditional Recent Songs, which blended his acoustic style with jazz and Oriental and Mediterranean influences. "Hallelujah" was first released on Cohen's studio album Various Positions in 1984. I'm Your Man in 1988 marked Cohen's turn to synthesized productions and remains his most popular album. In 1992 Cohen released its follow-up, The Future, which had dark lyrics and references to political and social unrest.

Cohen returned to music in 2001 with the release of Ten New Songs, which was a major hit in Canada and Europe. His eleventh album, Dear Heather, followed in 2004. After a successful string of tours between 2008 and 2010, Cohen released three albums in the final four years of his life: Old Ideas(2012), Popular Problems (2014) and You Want It Darker (2016), the last of which was released three weeks before his death.

Steve Biko Hospitaal se nuwe ROBOCOP

In ons vorige uitgawe het ek aan julle die nuwe ROBOCOP by Steve Biko Hospitaal bekend gestel. Met my besoek aan die hospitaal op 9 November 2016, het ons eers werklik sy funksies ervaar.  

Die apteek is altyd die groot miernes by die hospitaal want alles was met die hand gedoen. Die nuwe robot is in werking en ons kon dadelik die verskil agterkom. Maar nou is dit totaal in werking en dit is verstommend. Soos jy nou by die dokter sit, tik hy dadelik jou voorskrik in die Robot se brein in en ook vir hoeveel maande dit herhaal moet word. Teen die tyd wat jy by die apteek aankom is jou medisyne gereed. 

Jy hoef ook nie meer elke maand eers vir jou leêr te gaan wag  en dan apteek toe te neem nie. Die robot weet reeds dat jou medisyne herhaal word op daardie dag so dit is alreeds gekies en verpak. Hoe lekker kan dit wees. Dit klink soos 'n droom. Mens verwag nie dat tegnologie so 'n wending kan neem nie. 

Ek het hier ook vir julle 'n foto aangeheg dat julle behoorlik kan kennis maak.

Hierdie spasie is gereserveer vir JOU                      advertensie

Vir meer inligting....

bottom of page