top of page

     Uitgawe 2

3 Oktober 2016

Met trots stel ons elke week een van ons omroepers bekend

Ontmoet hierdie week vir Len Nissen

Len Nissen (Len Springbokirc) is een van die eienaars van Springbok Internet Radio. Hy is gebore en het grootgeword in Rustenburg. Hy woon sedert 2001 in Abu Dhabi in die United Arab Emirates waar hy voltyds werksaam is as 'n elektroniese en radar Ingenieur. Soggens word die stasie deur Len geopen met sy program "Oggendgebed"

Twee jaar gelede het Len as omroeper begin uitsaai op Springbok Internet Radio.  Aangesien ons 'n stasie  is met Christelike waardes, het dit net reg gevoel om die stasie soggens te open met skriflesing en gebed.  Die program word elke oggend vanaf Maandag tot Vrydag,  tussen 7-8 lewendig uitgesaai. Hy het 'n passie vir die radio en geniet sy uitsendings terdee en nooi almal uit om by sy program in te skakel.

Op die oomblik is hy ook een van twee bestuurders wat die tegniese deel van die radio behartig.

stokperdjies:   skilder, visvang, houtwerk

 gunsteling kos: 'n heerlike steak met enige bykos.

Gunsteling kleur:  Blou

Gunsteling vakansieplekke: Kaap, Namibia en Pilanesberg

Indien jy by Len se facebook wil aansluit kan jy gerus 'n versoek stuur aan Len Springbokirc.

Enige navrae kan ook aan hom gerig word betreffende die radio

Hy het 'n baie goeie sin vir humor maar geniet ook die rustigheid van die lewe.

                                    Optredes en nuus oor kunstenaars in Suid Afrika             

   Ons plaas graag optredes van kunstenaars sodat almal kan sien waar die optredes is en dit kan bywoon as julle lus het

TIRO

Tiro is oorspronklik Tswana maar hy praat en sing suiwer Afrikaans. Hy is gebore op 22 Desember 1986 en het groot geword in Namibië. In sy matriek jaar het sy musiek onderwyseres ( Evada van der Merwe ) sy talent vir musiek ontdek. In dieselfde jaar word Tiro uitgenooi na Swede. Die warm harte van die Namibiërs het dit vir hom moontlik gemaak met hul skenking. 

Met hierdie geleentheid ontvang hy die MICHELLE McLEAN AWARD of EXCELLENCE asook 'n borg om sy sangloopbaan in Suid Afrika na te jaag. 

In 2006 is hy 'n deelnemer van die eerste Afrikaanse Idols en behaal top 16.

Sy debuut album "SPEAK TO ME" verower die SAMA toekenning vir beste Pop/Rock Gospel album in 2009. Min sangers kan met 'n SAMA toekenning weg stap.

Tiro het ook TV verskynings gehad soos kykNET, Kwéla tot DKNT asook SABC programme. Hy is ook baie bekend by feeste soos Suidoosterfees, KKNK, Aardklop, Innibos en vele meer. Hy tree ook op saam met Top Kunstenaars soos Nianell, Juanita du Plessis, Retief Burger en Bobby van Jaarsveld.

Tiro het 'n baie sterk repertoire van Pop, Country, Gospel en ligte klassiek. Hy sing ook in Afrika - Tale. Al die bekendes soos Pata Pata

Tiro het 'n pragitge, nederig en sprankelende persoonlikheid. Sy warm glimlag los 'n "sparkle" in elke oog. Hy steel beslis harte sover hy gaan. 

Vir optredes, navrae en beprekings, gaan besoek gerus sy webtuisite by www.tiro-m.co.za/index.php/en/

Armand, wat ook bekend staan as die Singende cowboy, toer die land vol met sy unieke sang vertoning op sy dansende perd. Hy sing lekker country liedjies op sy perd terwyl die perd dans en verskeie toertjies doen, Die perd gaan lê plat gedurende die vertoning en buig stylvol as die mense hande klap. Dis n vertoning wat aanklank vind van die jongste tot die oudste, veral as Armand in sy vertoning aan al die kinders n geleentheid gee om aan die perd te kom vat en vryf

 

Die vertoning is al op die pad vir meer as 9 jaar, en hy het al vertonings gedoen by meeste van die groot feeste, soos die innibosfees, windpompfees, boertjiefees, beesfees, papfees, paddadorsfees, Appelfees, om net n paar te noem, met tot 6 vertonings op n naweek.  Armand tree amper enige plek op selfs binnenshuis solank die oppervlakte nie te glad is vir die perd nie. Selfs in baie klein spasies

 

Armand het reeds 2 geestelike en 2 op en wakker country albums , met n DVD, en die is ook baie gewild onder die mense, Armand tree ook op sonder die perd, Dan sing hy al die gewilde dans musiek, onder andere Engels en Afrikaans, met n baie gemaklike verhoog persoonlikheid, en nou en dan die stukkie tong-in-die-kies humor vermaak hy sy gehoor tot laat in die aande

VIDEOS VAN DIE WEEK

Lance James

Bekende County  Legende  vermaak steeds

derduisende mense met sy fluweel stem.

"BIG  DADDY "Lance James se program, Keep it Country, word elke Woensdag aand tussen 18h00 en 19h00  op SPRINGBOK INTRNET RADIO uitgesaai. Lance James se  lewensverhaal is onlangs vrygestel   in boek  formaat.  Vir besprekings en navrae kontak Mara van  der Berg 

René Reichert

Die alombekende Dapper Muis  se baas het sopas sy nuwe CD vrygestel. Merke, Gereed Lets Go is beslis 'n moet luister. Vir meer inligting, CD's en besprekings kan julle gerus sy webtuiste besoek by 

René Reichert

ARTIKELS

Eksamens sonder kopseer.

Baie leerlinge en ouers vrees eksamentyd. Dit is nie nodig nie. Deur ‘n paar dinge in plek te stel kan jy dit baie makliker maak.

Probeer gerus van die volgende wenke……

  1. Gee jouself genoeg tyd om te kan studeer. Moenie alles los tot die laaste minuut nie.

  2. Maak seker jou leer area is deeglik uiteen gesit. Dit moet vir jou gemaklik en ook privaat wees.

  3. Dit help baie om die hele jaar se werk op te som in paragrawe. Dit kan baie meer interessant wees as jy verskillende “high lighters”gebruik. Onthou altyd om jou studiewerk vir jouself lekker te maak.

  4. Ou eksamen vraestelle is oral bekombaar. Gebruik dit. Die inspirasie vermeerder en jy weet beslis wat om te wagte te wees.

  5. Jy kan gerus ook studiegroepe saam stel. Dit maak dit net soveel makliker. Onthou die spreekwoord. “koppe bymekaar sit”

  6. Onthou net dat jy nie ‘n Robocop is nie.  Jy kan nie aanmekaar studeer nie. Jy moet jouself gereelde breke neem. Dit help ook om vir daardie breek in die gym te gaan sweet of om te gaan swem of fiets ry. Kry iets wat jou aandag heeltemal weg neem van jou studies.

  7. Dit is ook baie belangrik om gereeld te “snack”. Kies versnapperings soos vis, neuter, sade, yogurt en blueberries. Bly weg van kitskos of wegneem etes. Pasop vir suiker of energie drankies. Dit laat wel die energie vlakke optel maar dit neem weer net so vinnig af.

  8. Drink gereeld water,  jou brein het dit nodig.

  9. Dan is dit ook baie belangrik dat jy voldoende rus kry. Maak tyd vir jouself om te ontspan.

STERKTE EN GLO IN JOUSELF……..

Noodhulp Tas

Baie van ons is onder die indruk dat ongelukke in en om die huis net met ander mense gebeur.

Dit is waar jy verkeerd is. Dit kan met almal gebeur….Met jou ook…

Gaan kyk gerus wat is in jou noodhulp tas, dit is nou as jy een het natuurlik.

Kom ons kyk wat word as NOOD aanskou.

Die woord noodhulp is presies wat dit sê. Dit is nie ‘n seer tand of maag pyn nie.

Die volgende gevalle is noodgevalle.

Ernstige bloeding, brandwonde, beenbreke, asemhalings probleme, verdrinking ens…….

Die volgende items is ‘n MOET vir elke noodhulp tas.

  1. CPR mondstuk vir mond tot mond asemhaling.

  2. Latex handskoene.

  3. Verbande (groot en medium breedte)

  4. Reguit spalk.

  5. Pak pleisters met verskillende groottes.

  6. Watte.

  7. Skêr.

  8. Tweezer.

  9. Steriele gaas.

  10. Haakspelde.

  11. Driehoek verbande.

Maak seker jy vervang alle items nadat die tas gebruik is.

Moenie uitstel nie, dit kan ‘n lewe red………

Staats Hospitale......

Die oomblik as mens dit hoor dan raak jou bene lam en jou moed sak tot in jou skoene. Die lang gewag vir medikasie maak mens net nog sieker voel. 

MAAR............................

Daar is hoop vir almal. 

Steve Biko Hospitaal het 'n robot bekend gestel om medikasie uit te deel. Ja nee kyk, Robocop ken sy storie. Ons was binne 2 uur en 40 minute deur die hele proses. Die Robocop is ook nie goedkoop nie hoor. Hy kos byna een BILJOEN rand. Hy is ook ingestel om al die nuwe medikasie elkeen op sy eie plekkie te gaan uit pak. Dit is awesome verby. Mens voel soveel beter. Dit is beslis die beste keuse wat hulle kon maak. Jy begin voel het amper nie meer medikasie nodig nie. Tegnologie is een wonderlike ding. 

So .......Geniet jul volgende besoek by Steve Biko Hospitaal

Hoe om ’n grasperk te kry wat jou              bure jaloers sal maak

 

1. SNY EEN KEER PER WEEK GRAS

Doen dit net wanneer die gras droog is, want nat gras kan die motor verstop en dit vir die lemme moeiliker maak om behoorlik te sny. Hou die lemme skerp; dit sal die snytyd verminder en dit netjieser laat sny, wat minder droë, bruin rande sal veroorsaak.

2. VOED JOU GRASPERK

Strooi eers saad op dooie kolle. En (dis ’n goeie verskoning om lui te wees!) los dan die knipsels nadat jy die gras gesny het. Dit sal help om die gras te bemes.

3. GEE DIE GRAS WATER

Doen dit twee tot drie keer per week vir 15 minute – dit sal die gras help om dieper, sterker wortels te vorm. Die beste tyd vir natmaak is dagbreek, wanneer die temperatuur net reg is vir die wortels om water te absorbeer. As ’n wekker so vroeg in die oggend pynlik klink, stel jou sproeier se tydtoestel.

WENK: Belê in ’n watertenk om reënwater op te vang en só water te bespaar

Bron: Tuinwenke

Vakansietyd om die draai

Met die Desember vakansietyd so naby sit party ouers weer met hande in die hare. Wat gedoen met jou klein kindertjies in die huis? Hoe gaan jy hulle besig hou?

Dis nie nodig om bekommerd te wees nie daar is soveel idees om jou kinders mee besig te hou. Maak hierdie vakansie 'n nuwe ervaring saam met jou kinders

'n Paar lekker idees vir tydverdryf vir jou kinders:

Gee vir hulle ’n groot boks met leë eierbakkies, geskenkpapier, gom, blinkertjies, verf, ou Kerskaartjies en ’n stomp skêr. Bedek die vloer met koerantpapier en gee die boks vir hulle. So kan mens hulle ’n paar uur los om hulle kreatiwiteit uit te leef. Jy sal verbaas wees hoe lank hulle besig kan bly met dit.

Bak kolwyntjies saam en versier.’

Stel ’n onderwyser aan wat vir hulle twee ure ’n dag privaat lesse by die huis gee as hulle ouer is. Na middagete slaap hulle vir ’n rukkie. En daarná kan hulle die speelgoed uithaal en die TV aanskakel. Dink  net hoe vinnig gaan 'n dag verby

Vra hulle om drie aktiwiteite neer te skryf en gooi dit dan in ’n hoed. Elke tweede dag trek julle een uit die hoed. Dit sluit gewoonlik mini-gholf, fliek kyk, ysskaats en opvoedkundige uitstappies –  dalk bietjie gaan swem of na 'n parkie te gaan  en piekniek te hou– in. Dis regte "gehalte-tyd!’

Nog 'n heerlike tydjie saam is om 'n lekker kindervideo saam te kyk . Dit laat jou as ouer sommer jare jonger voel. Spring "popcorn" en maak sommer oros koeldrank aan. Dis goedkoop en ek belowe julle gaan dit verskriklik geniet. Ontspan en lag baie saam met jou kinders.  Maak dit lekker vir hulle . Hoe meer hulle dit geniet hoe meer ontspanne is jy as ouer ook.

Melkweg veel groter as vermoed

Wetenskap en Tegnologie

Wetenskaplikes wat die hemelruim bestudeer, het verbaas gereageer in die jongste ontdekking dat die bekende Melkweg veel groter is as wat tot hede aanvaar is.

Die Europese Ruimte Agentskap het pas vasgestel dat die Melkweg baie groter is, nadat ’n tuig twee jaar lank besig is met ’n skandering van die ruimte.

Die projek wat oor ’n vyf jaar tydperk strek, het reeds sy eerste verstommende resultate gelewer wat wetenskaplikes verbaas gelaat het.

Volgens die 3D kaart wat opgestel kon word, is miljarde sterre in die ruimte ontdek wat voorheen onbekend was.

Die wetenskaplikes erken dat daar baie meer sterre is as wat hulle gemeen het bestaan, en stel dit op meer as ’n 100 miljard wat in die Melkweg is.

Die Gaia skandeerder se data is veel groter en beter waarneembaar as die opnames wat in die jare 1989 tot 1993 gemaak is.

Die wetenskaplikes sê hulle skat die Gaia opname het meer as 400 miljoen nuwe sterre ontdek, en die moontlikheid bestaan dat daar nog baie meer onopgespoor is.

Gaia skandeer ’n reeks sterre wat 500 ligjare weg is wat egter ’n fraksie van die Melkweg is, en Nasa beskryf die sterrehemel as ’n “groot stad van sterre, so groot dat selfs teen die spoed van lig, sal dit 100 eeue neem om daarheen te reis.

Nieu Zealand kry Kanker                 deurbraak

 

Die moontlikheid is goed dat Nieu-Zeelandse navorsers in April 2016 ’n deurbraak gemaak het deur bokmelk te gebruik om ’n nuut ontwikkelde tegnologiese proses teen kanker aan te wend.

Die behandeling hou die belofte in om aansienlik goedkoper behandeling te bied as wat tot nog toe met ander metodes aangewend is.

Die proses wat deur ’n Nieu-Seelandse instansie ontwikkel is, sal later vanjaar deur die Universiteit van Auckland van stapel gestuur word.

Die proses het die eienskap dat dit teenliggaampies produseer wat kankerbehandeling verbeter.

’n Proses van genetiese aanpassings by melkbokke word ingespan om teenliggaampies in die melk te produseer. Dit word dan spesifiek as bestrydingsmiddel teen kanker gebruik.

 Bron: Vryburger

Tyd vir VUURWERK 

Dit is alweer amper tyd vir vuurwerke. Dit is die tyd van die jaar wat almal groot hoofpyne veroorsaak. Dit is nie alleen net gevaarlik vir mens en dier nie maar dit is ook ONWETTIG. Ja daardie pragtige kleure wat met die oorverdowende ontploffing veroorsaak groot skade. Volwassenes kuier te heerlik met 'n voggie vir inspirasie en dan wil hul met klappers speel. Onthou ook dat jy moet toestemming verkry voor jy enige vuurwerk vertonings hou. Wees altyd paraat en tref voorsorg. Dit is beslis nie speelgoed vir kinders nie.

Kinders en hul troeteldiere

Hoe kan mens dan daardie klein bondeltjie wol nie wil huis toe neem nie!!!! Hulle is dan so pragig en spelerig. Besef ons regtig wat die verantwoordelikheid is rondom enige troeteldier. Maak nie saak of dit nou 'n voëltjie in 'n koutjie is of vissie in die glasbak is nie. Daardie diertjie moet altyd die beste sorg, liefde, kos en aandag kry. Elke ouer moet sy kind leer om die verantwoordelikheid aan te leer. Hier is 'n paar dinge om te help

1. Elke dag skoon voedsame kos en water.

2. Inpuitings teen siektes en wurms is uiters belangrik.

3. Jou diertjie se hok of nes moet altyd skoon wees.

4. Maak tyd om met jou dier te speel of te gaan stap.

5. Dissipline is uiters belangrik.

6. Menskos is nie 'n bederf nie, dit is 'n straf en ongesond.

7. Diere is soos kinders, soek liefde in oorvloed.

8. Die omgewing van die dier moet mooi skoon gehou word.Diere afval kan erntige siektes meebring.

9. Laat jou katjie of hondjie sterliseer. Daar is genoeg viervoet boemelaars op straat. 

10. Net soos jy daarvan hou om skoon te wees, so wil jou troeteldiertjie ook skoon wees.

Geniet jou troetedier. Hul is jou beste maatjie.....

 

 

Hierdie spasie is gereserveer vir JOU                      advertensie

Vir meer inligting....

bottom of page