top of page

28 November 2016

      Uitgawe no 6

Ontmoet omroeper Johan Boshoff

Button

Johan  is gebore in Durban en het groot geword in Montclair. Daarna verhuis hy saam met ouers na Die ou SWA, Windhoek

Na n jaar trek hulle weer terug na SA, waar hy toe verder op n plaas groot geword het, in die distrik Petit.(Marister Plotte} aan die Oosrand.

Johan werk voltyds by Metro Polisie en is ook omroeper by Springbok Internet Radio.  Hy is getroud en woon sedert 1999 aan die suidkus van Natal.

Hy saai al sedert Februarie 2016 vir Springbok internet radio uit. Johan het verskeie programme wat hy uitsaai.

 

Maandagaande bied hy Rock en Roll aan tussen 18h00-20h00

Dinsdagaande bied hy Befonk aan tussen 20h00 en 22h00

Saterdagoggende is dit vroeg uit die vere met Rise and Shine 06h00-07h00

Saterdagoggende bied hy Sportparade aan tussen 10h00 en 12h00

Johan het n passie vir die radio en leef homselfself uit en geniet elke oomblik wat hy op die lug is. Hy nooit almal om saam met hom te kom kuier

Stokperdjies:  Fotografie en natuurlik om uit te saai, en staproetes te doen in die berge

Gunsteling kos..Volstruis Fillet, Braaivleis, rugby sunnyskies en Chevrolet

Gunsteling kleur: Helder neon kleure, en natuurlik wit en rooi...Die Lions...hehehe

Gunsteling Drankie...lekker Kaapse Rooi wyn

Gunsteling Vakansie plek...Wes Kaap, George, Wildernis, Knysna en Mosselbaai en die Tuin Roete

Om by Johan se fb blad aan te sluit kliek hier

Optredes en nuus oor Kunstenaars in Suid Afrika

Ons plaas graag optredes van kunstenaars sodat almal kan sien waar die optredes is en dit kan bywoon indien julle so voel

Carlo is gebore in Potgietersrus en het daar groot geword. Hy is later Vanderbijlpark toe waar sy musiekloopbaan begin het. Die voorstel van sy vriend, Eddie Wilson, wat kitaar kon speel is hiervoor te danke. Die gogga het toe gebyt tydens sy Groentjie konsert. Die opvoering was 'Guitar Boogie'. Dit was die groot begin. Dit was ook dieselfde era waarin die "Beatles"hul verskyning maak waarvan Carlo natuurlike 'n groot aanhanger is. 

Dit was nie maklike jare nie en hy het sy werksloopbaan begin as Instrumentasie Werktuigkundige. Musiek was steeds sy stokperdjie naas sy werksloopbaan. 

Na 32jaar as Bestuurder in Ingenieurstegnologie het hy besluit om sy stokperdjie nou na vore te bring en sy loopbaan in musiek te volg.

Carlo tree op by enige funksie. Hy toer regdeur die land en doen selfs feeste. Verlede jaar het hy ook by Springbok Internet Radio se  Gospel fees opgetree en almal het hom baie geniet. Hy doen ook bediening by kerke as hy genooi word

Om enige van sy cd's te bekom kan julle hom kontak op sy fb blad of sy agent Antionette Nel op fb

 

Carlo kan bespreek word vir optredes by sy agent Antionette Nel  is by telefoon nommer: 079 974 0382

Carlo Leone - Gooi nog 'n stukkie vleis op die kole

Jennifer Zamudio 

Jennifer is gebore in Gansbaai en het grootgeword aan die Weskus dorpie Laaiplek (Velddrif). Sy het gematrikuleer aan die Hoërskool Swartland te Malmesbury. Hierdie gewilde sangeres is die afgelope 25 jaar woonagtig in Pretoria en sing reeds die afgelope 15 jaar professioneel. Sy het haar sangloopbaan begin by Anneli van Rooyen se sangskool, Promuzik in Pretoria. Jennifer het aan die begin van haar loopbaan bekend gestaan as “Die Singende Pers Sensasie”. Haar pers haarkleur het haar beslis laat uitstaan en word nog lank onthou. Jennifer is ‘n Afrikaanssprekende sangeres en haar unieke van, Zamudio, is haar eie en is van Spaanse afkoms. Dit word foneties as volg uitgespreek “Za-moe-die-hou”. Jennifer vermaak gehore nasionaal met haar energieke en natuurlike verhoogspersoonlikheid in die kommersiële genre.

Jennifer se talent is raakgesien in die jaar 2000 tydens die KKNK op Oudtshoorn deur een van die beste musiek promoters in die land, Lydia Winchester. Jennifer het alreeds nege solo albums agter haar naam.  Van haar CD’s het ook aan haar verskeie Musiektoekenning Nominasies besorg.  Vele van Jennifer se liedjies het al verskeie Nommer 1 en ander top posisies bekleë op plaaslike radio stasies se Treffer Parades. Die sukses van haar treffer lied, “Hart en Siel” wat spesiaal vir haar geskryf is deur die bekroonde en welbekende liedjieskrywer, Rudi Claase het gelei tot haar enkelsnit “Sê dit harder” wat ook deur Claase geskryf is. In 2016 sien haar nuwe CD die lig. Die titelsnit, Ongelooflik, is die tweede treffer wat sy saam met Palmer Global Ink daar in die country-hart van Nashville, Tennessee in die VSA opgeneem het. Die lied is geskryf deur Allen McKendree Palmer en Bridgette Tatum en Jennifer het vir die Afrikaanse lirieke gesorg.

Besoek gerus haar webblad vir inligting en besprekings op 

www.jenniferzamudio.co.za

VIDEOS VAN DIE WEEK

Juanita du Plessis

My Pa is die Koning

Snotkop

So Cool soos Koos Kombuis

ARTIKELS

Ontmoet vir Sean...........

ʼn Tienerseun, van Akasia in die noorde van Pretoria, is in ʼn kritieke, maar stabiele toestand in ʼn hospitaal in Centurion, nadat hy Maandagmiddag erg in ʼn fratsongeluk gebrand het.

Sean Smith (16), ʼn gr. 10-leerling, het ʼn vrou, wat ʼn tuindienste-onderneming besit, Maandagmiddag gehelp. Sy het hom by sy huis opgelaai en hulle was in Eldoraigne in Centurion toe die tragedie hom afgespeel het.

“Die vrou het besef haar bakkie lek olie en sy het langs die pad stilgehou om ondersoek in te stel. Sean het onder die enjinkap gekyk wat hy kan sien en aan die enjin gewerk. Sy hande was vuil en vol olie,” het Amoré Sameera Jooste, ʼn goeie vriendin van Sean se ma, Mé-Lissa Smith, Woensdag aan Maroela Media gesê. “Hy het toe petrol gevat en oor sy hande gegooi om dit skoon te kry. Ons vermoed hy het sy hande aan sy hemp droog gevee en dit het toe op ʼn manier vlamgevat, dalk toe iemand naby hom ʼn sigaret aangesteek het.”

Sean se hemp het vlam gevat en erge brandwonde aan sy gesig en bolyf veroorsaak.

 

Mé-Lissa en Sean Smith. Foto: Verskaf

Amoré verduidelik Mé-Lissa het Sondag vir haar werk na Parys in Frankryk gevlieg en was skaars daar toe sy ʼn vlug terug na Suid-Afrika moes haal.

“Aangesien Mé-Lissa nie tuis was nie, het die vrou van die tuindienste my gebel en gesê Sean het gebrand. Ek het dadelik soontoe gery, maar aangesien dit ver was, het ek  ʼn vriend gebel wat in die omgewing was.”

Die vriend het Sean in sy motor na die Unitas-hospitaal in Lyttelton gehaas, waar Amoré by hulle aangesluit het.

Mé-Lissa kon eers Dinsdagmiddag haar seun in die trauma-waakeenheid van die hospitaal besoek, waar hy onder verdowing gehou word en aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel is. Hy het 56% se interne en eksterne brandwonde opgedoen.

Volgens Amoré is Mé-Lissa baie emosioneel. “Haar kinders is haar alles en dit is vir haar baie swaar. Asof dit nie erg genoeg is om hulpeloos te kyk hoe Sean daar lê nie, moet ons nou wag vir ʼn bed by ʼn staatshospitaal met ʼn toegeruste brandsorgeenheid om oop te gaan. Mé-Lissa is ʼn enkelma en het nie ʼn mediesefonds nie en kan nie volgehoue behandeling by die private hospitaal op haar eie bekostig nie.”

Amoré het gesê Sean moet dringend met behandeling in die teater begin om die wonde te begin skoonmaak, wat duisende rande kos. “Dis baie frustrerend om te wag vir ʼn plek by ʼn staatshospitaal. As hy langer wag voordat die vel geskraap word, kan die wonde septies raak, wat lewensgevaarlike infeksie veroorsaak. Ons probeer nou al wat ons kan om genoeg geld in te samel sodat die dag-vir-dag-sorg betaal kan word en ook genoeg sodat hy teater toe kan gaan.”

“Ons is in ʼn resies teen tyd. Ons weet nog nie wanneer daar ʼn bed by ʼn staatshospitaal vir hom sal oopgaan nie. Hy kan net na ʼn hospitaal oorgeplaas word waar daar ʼn behoorlike brandsorgeenheid is en daar is min van dié hospitale,” het Annerie bekommerd gesê.

Soveel helpende hande het na hom uitgereik en dit moontlik gemaak dat Sean in die Milpark Hospitaal opgeneem kon word. Dit is een van die bestoegeruste brandeenheid hospitale. Fondse stroom steeds in wat verseker dat Sean net die beste behandeling kry. Sean maak wonderlike vordering. Hulle het reeds begin met veloorplantings. Hy kan ook al gesels en eet. Elke dag tree vir tree stap hy die pad na volkome herstel.

Gaan volg gerus die storie by die Faceboek blad https://web.facebook.com/HeroSeanSmith/?hc_ref=SEARCH

Salon in Pretoria Tuine

Ons Mensdom ..... Ai tog .....

Die prentjie het my so laat lag en ook laat besef dat dit is die manier waarop so baie mense hulself mee besig hou. Dit gebeur nou as 'n mens verveeld is en nie 'n idee het wat om met jouself aan te vang nie. Kan jul nog onthou toe ons nog kinders was... Daardie Tannies was so op die stoep gesit het en almal dop gehou het. Hahaha waar skinderstories jou altyd vooruit geloop het. Ja waar is die goeie ou dae. 

Mense onthou altyd die woorde van onse dierbare Moeder...

Sit altyd 'n wag voor jou mond. Sien die goeie in mense raak en vermy die negatief. Die lewe is 'n lied.

LEEF HOM VOLUIT.......

Wie is nou lus vir werk?

Die werkloosheid syfer is die hoogste in 13 jaar. Dit is skrikwekkend. Of jy nou lief is vir jou werk of nie, byt maar vas want niemand kan jou verseker van 'n volgende werk nie. Dit het die afgelope jaar met 21.4% gestyg. Hou wat jy het want dan is jy darem gedeeltelik verseker van 'n inkomste. Die ekonomie druk is baie erg. Al hoe meer hawelosis kom na vore. Dit is baie moeilik om te bepaal presies waar die probleem is. Intussen is daar hordes mense wat meestal kinders wat daar onder ly. 

Klou aan dit wat jy het, dit mag dalk jou laate wees.....

Partytjie boot se tragiese einde

Vier vroue is Saterdag dood toe ʼn passasiersboot by Hartbeespoortdam aan die brand geslaan het.

Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het  bevestig die passasiersboot was by Kosmos-bootklub. “Die voorval het omstreeks 13:00 plaasgevind,

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. “Die oorsaak van die brand is nog onbekend. Die ondersoek duur voort,” het sy gesê.

Rod Pitter, Hartbeespoort-stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut, het die voorval  bevestig. Daar was voldoende reddings baadjies aanboord. Alle dokumentasie asook die "skipper" lisensie was in orde. Die ondersoek duur voort.......

ʼn Moet lees vir almal gebore tussen 1920 – 1979.
Aan al die kinders wat die 1930s tot 1970s oorleef het!


Eerstens het ons die rokery en drinkery van ons moeders oorleef terwyl
hulle swanger was.
Hulle het aspiriene gedrink, blou kaas en vis uit ʼn blik ge-eet en is nooit getoets of hulle diabeties was nie.
Na al die trauma was ons in ons bedjies gesit op ons magies in ʼn kot wat
oorgetrek was met helder kleurige lood basis verf. Ons het geen kindvaste
deksels of proppe op medisyne bottels, deure of kaste gehad nie en geen
kopskerms gedra as ons fietsry nie… Om nie te praat van die risiko’s toe ons duim gery het nie. As kleuters en kinders kon ons agter op die sitplek sit sonder veiligheidsstoele, veiligheidsgordels of lugsakke.

Om agter op die bakkie te ry was groot pret en ons het water uit die
tuinslang gedrink en nie uit bottels nie.
Ons het ons koeldrankies met vier vriende gedeel uit een bottel en niemand is dood daarvan nie. Ons het sjokoladekoek en wit brood geëet met regte botter en kool-aid met suiker gemaak om te drink, maar ons was nie oorgewig nie want…..
ONS HET ALTYD BUITE GESPEEL!
Ons het die huis verlaat in die oggend vroeg en het heeldag gespeel. Solank
ons terug was as die straatligte aankom of voor die kerse aangesteek was.
NIEMAND kon ons kontak deur die dag nie en ons het almal veilig teruggekeer
huistoe.
Ons het ure spandeer deur kaskarre te bou uit afval hout en yster en het dan teen die steilste bulte afgejaag, net om uit te vind ons het vergeet van die brieke. Nadat ons ʼn paar keer die kaskar omgegooi het en tussen die bosse ingejaag het, het ons geleer om die probleem op te los.
Die dogtertjies het die rokkies in hul broekies gesteek om ook in al die
pret te kon deel en niemand het iets daarvan gedink nie.
Ook was daar nie tyd vir dwelms nie want ons ouers het nog genoeg vir ons
omgegee om ons boude aan die brand te klits as ons iets ongehoords sou
probeer doen.
Sondae het ons almal ons beste kleertjies aangetrek en kerk toe gegaan.
GEEN verskonings om tuis te bly was aanvaarbaar nie. Braaivleis en
partytjies op Sondae was uit. Ons het geweet wat ses dae moet jy arbei en
al jou werk doen en die sewende dag moet jy rus beteken. Daar het ons
geleer van liefde, respek, hoe om God te vrees en te vertrou. Dat vaders en moeders ge-eer moet word en ons monde met seep uitgewas SAL word wanneer ons vloek of teëpraat.
Boeke vat saans na ete was ʼn werklikheid en ons almal het aandagtig
geluister want vrae is gevra oor die stukkie wat gelees was.
Ons was ook geleer hoe om elke aand voor ons bedjies te kniel en te bid.
Ons het nie playstations, ninetendos, X boxes, wii, of enige video
speletjies gehad nie. Shopping vir ontspanning was nie aan ons bekend
nie, en label klere was toe ook nog nie eers in China gemaak nie.
Snobisme was ʼn galbitter vrug wat net in die Amasone gegroei het en
sakgeld was iets wat net die Staatspresident van geweet het.
Ook nie 150 TV kanale, DVD’s of video flieks, selfone, persoonlike
rekenaars met internet, facebook of chatrooms nie…
Ons het VRIENDE gehad… en as ons hulle gesoek het, het ons net buite toe
gegaan.
Ons het uit bome geval, was gesny en het bene gebreek en daar was geen
geregtelike eise vir hierdie ongelukke nie.
Ons het wurms en modderpasteie ge-eet en die wurms het nie vir altyd in ons
geleef nie.
Ons het windbukse en poppe gekry vir ons tiende verjaarsdag, speletjies
opgemaak met stokke en tennisballe, ou komberse en peule en al het niemand
ons gewaarsku dat dit kan gebeur nie, het ons min oë uit gesteek.
Ons het met ons fietse gery of pop gespeel of sommer net geloop na ons
vriende se huise, aan die deur geklop en sommer ingeloop en gesels. “Oom”
en “Tannie” (en selfs “Antie”) was nog aan die orde van die dag en jy en jou was net op rondloper honde van toepassing.
Rugby en tennis spannetjies het proewe gehad en die wat nie die span gehaal het nie, moes maar vrede maak daarmee.
Verbeel jou dit!
Ons het gereeld die bed natgemaak en ons ouers het ons ʼn pak slae gegee,
nie na sielkundiges toe geneem nie omdat hulle nie geweet het wat om met ons te doen nie.
Die gedagte om jou kinders by die polisiestasie te gaan uit borg het nie
bestaan nie. Ouers was aan die polisie se kant! Sien, kinders was daai tyd
nie gehoor, of gesien, in geselskap nie want die ouers was nie bang vir hul kinders nie!
Tande tel was uit want ons het geweet hoe om te speel. Ons ouers en grootouers se grootste taak was definitief nie om ons te entertain nie.
Terugpraat was die grootste euwel en ons ouers het nie toegelaat dat ons
kinders hulle met mooi woordjies kon manipuleer nie. Ouers was nog ouers en kinders was nog kinders, en kinders het gedoen wat vir hulle gesê was.
Skoolsiekte was nie toegelaat nie want ons ouers het geweet hoe om te cope met die daaglikse stres in hulle lewens.
Al wanneer jy by die huis kon bly was wanneer jy half dood was. Termometers was ook nie onder jou tong of in jou oor geplaas nie……
Skoolsertifikate is aan almal uitgegee wat nooit afwesig was gedurende die
jaar nie en snaaks genoeg, ons almal het altyd een gekry.
Elke oggend was met gebed en sang geopen en die oudste onnies het altyd
die Bybelperiode aangebied. Seker omdat hulle die Bybel die beste geken het.
Daardie generasie het van die beste risikovatters, problemoplossers en
uitvinders OOIT geproduseer.
Die laaste 50 jaar het bestaan uit ontploffings van uitvindings en nuwe
idees.
Ons het vryheid, verlies, sukses en verantwoordelikheid gehad en ons het
GELEER hoe om dit te hanteer.
As jy een van hulle was….. Baie geluk!!!
Jy wil dalk hierdie deel met die wat gelukkig was om groot te word soos
kinders, voordat prokureurs en regerings jou lewe vir jou eie beswil begin reguleer het.
Terwyl jy besig is, Stuur die aan vir jou kinders sodat hulle kan sien hoe
dapper (en gelukkig) hulle ouers was.
Laat jou voel asof jy deur die huis wil hardloop met ʼn hamer en ʼn skêr is
dit nie?
Nou vra ek:
Met tornado’s, siklone, vure buite beheer, modderstortings, vloede, geweldige donderstorms wat die land uitmekaar skeur van hoek tot kant… en
met die dreigende siektes en terroriste aanvalle, ….
Is ons seker dit is die regte tyd om God uit ons skole, werksplekke en
lewens te haal?

Natuurkrag vervang kernkrag

Ingevolge die pas aangekondigde geïntegreerde energieplan, word die bou van ‘n verdere kernkragsentrale op die lange duur geskuif.

Die bou van so ‘n kernkragsentrale was geruime tyd reeds in omstredenheid gehul, veral rakende die rol van die betrokke minister se hantering van die tenders vir die bou van so ‘n sentrale. Bewerings van korrupsie en bevoordeling van veral Russiese kontrakteurs, het sterk op die voorgrond gekom.

VF+ se leier, dr. Pieter Groenewald, het die besluit verwelkom, maar veral ook die voorstel dat ‘n bykomende 37 400 megawatt verkry sal word van wind, 17 600 megawatt van sonaanlegte en 35 292 megawatt van gas.

“Die feit dat daar langtermyn-beplanning gedoen word en hierdie vooruitskattings bepaal is vir 2050, dui daarop dat die regering sy les geleer het met die beurtkrag wat Suid-Afrika moes verduur nadat Eskom in 1998 ‘n plan op die tafel gelê het vir 2007 en die destydse adjunkpresident Thabo Mbeki dit van die tafel afgevee het.

“Dit bewys dat as daar behoorlik beplanning gedoen word, daar genoeg krag gelewer kan word om die ekonomie te help groei. ʼn Verdere verblydende aspek is die groter klem wat gelê word op hernieubare energiebronne soos wind en son,” sê dr. Groenewald.

Die oomblik as die ons 'n by sien of net van praat dan reis die hare. Dit gebeur gewoonlik omdat meeste allergies is vir bye.  Dit kan baie noodlottige nagevolge hê. Hou altyd 'n nommer byderhand van iemand wat daardie bye veilig kan kom verwyder. Moenie 'n skoen of 'n blik gif gryp nie. Daardie by dra by tot die voedselketting en is baie belangrik. En dit ook dan nie net een soort by nie maar sewe. Die volledige berig is beskikbaar by http://thefreethoughtproject.com/7-bee-species-declared-endangered/

Wat sê die WET???

“Die nuwe reëls word ingestel met een doel voor oë – om te verhoed dat kinders sterf of ernstig beseer word wanneer hulle in voertuie reis. Die dood of ernstige besering van enige kind is ‘n tragedie, en dit maak dit erger as die oorsaak van hul dood verhoed kon gewees het deur die gebruik van algemeen beskikbare toerusting,” sê mnr Zöllner. “Sitplekke en sitplekgordels in motors word ontwerp en vervaardig om so effektief moontlik te wees in die beskerming van volwassenes van gemiddelde grootte tydens ‘n motorongeluk. Omdat kinders baie kleiner en ligter is, benodig hulle addisionele sitplektoerusting om hulle so veilig soos volwassenes te hou.” Mnr Zöllner sê vir veiligheidsredes moet kinderstoeltjies wat in Nieu-Seeland gebruik word, ‘goedgekeur’ word en moet dit die goedkeuringstandaard vertoon voordat dit gebruik mag word. Meer inligting oor die standaarde en ‘n lys van gesertifiseerde tegnici is beskikbaar by www.nzta.govt.nz/childrestraints ”In die tien jaar van 2002 tot 2011, het ongelukke op Nieu-Seelandse paaie die lewe van 24 kinderpassasiers tussen die ouderdom van 5 en 7 geëis, met ‘n verdere 115 wat ernstig beseer is. Daar word beraam dat daar tans ongeveer 175,000 kinders tussen die ouderdomme van 5 en 7 in Nieu-Seeland is.”

Vir baie is dit onnodig of ongemaklik maar eerder dit voordat jy voor 'n oop graffie moet staan.

Die goeie OU dae....

Hoe kan ons ooit hierdie dae vergeet? My persoonlike opinie vandag is dat as daar meer van hierdie was in die huidige era, daar minder probleme sou wees. Ai die dae is so vars soos gister in my gedagtes. Soms was die kattekwaad so lekker dat ons bereid was om die pakslae te vat daarvoor. Dit was goeie dae. Dit het van ons gemaak wat ons is vandag. En daaroor is ek bly....

Storms saai verwoesting..

Die droogte het groot skade en verlies gebring. Oral is gebedsgroepe gevorm om te bid vir reën. Twee weke terug is daardie gebede verhoor en die reën het uitgesak in verskeie dele van die land. Damme is weer vol, inteendeel so vol dat sluise oop gemaak moes word. Die dankbaarheid het van oral op geggaan na Bo. 

Maar saam met die groot seën kom daar ook groot harseer. 6 Mense het hul lewens verloor asook baie groot skade aan eiendom, besittings, winkels, paaie en baie meer. 

Daar word steeds ernstig gebed gevra vir dele in die Wes Kaap waar dit bitter droog is. Ons vra ook dat almal saam in gebed sal bly vir hierdie dele.

En nou RUGBY NUUS

     WAAR IS DIE 

SPRINGBOKKE ???

Waterbronne:

Vlakke styg geleidelik

Die onlangse reëns oor ’n groot gebied, het die watervoorraad ’n geringe verbetering getoon, maar is daar nog steeds rede tot kommer dat die watervlakke nie vinnig genoeg sal styg om in die vraag te voorsien nie.

Die stand op 23 November is soos volg geregistreer:

 

Vaaldam 34%

Grootdraai  75%

Sterkfontein   91%

Bloemhof 21%

Verwoerd 49%

Vanderkloof 58%

 

Weerkundiges voorspel dat die watervlakke waarskynlik verder kan styg in die meeste damme gedurende Desember wanneer goeie reën verwag word/

Suid-Afrika word egter gemaan om uiters spaarsaam met water te werk vanweë die watervlakke wat nog veel laer is as wat dit verlede jaar in die ooreenstemmende tyd was.

Politici het ook daarop gewys dat die regering se onvermoë om te verhoed dat die groot opgaar damme verder besoedel word, ook bydra tot ’n kommerwekkende situasie

Pluto het versteekte oseaan

 

Wetenskaplikes beweer dat ’n versteekte oseaan op die planeet Pluto is wat onder die bevrore oppervlakte geleë is.

Die navorsers meen die moontlikheid bestaan dat die versteekte oseaan ongeveer dieselfde hoeveelheid water het as wat op die aarde is.

Die navorsers van Nasa sê die “New Horizon” ruimtetuig dui aan dat Pluto dalk lank gelede “om sy eie as gerol het” wat ’n invloed uitgeoefen het op sy maan.

Die wetenskaplikes beweer dat ’n reuse eiervormige gat in die grond bestaan wat die ewewig versteur het en wat die water daarheen laat vloei het.

Dit blyk dat die water nie bevrore is nie, maar daaroor bestaan geen sekerheid nie en verdere navorsing is nodig om vas te stel of daar ’n moontlikheid van enige lewe bestaan.

Pluto is egter 40 keer verder van die son as wat die aarde is, wat die moontlikheid van gevorderde lewe minimaliseer.

Wetenskap en tegnologie

Motorkapings: 14 wenke om dit te voorkom

Volgens die SAPD is motorkapings aan die toeneem. Daar is nou 14,3% meer kapings in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar.

Die meeste kapings kom voor in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap.

Wenke om nie deel van die statistiek te word nie, volgens DiaIdirect:

1) Beplan jou roete. Gebruik ’n GPS om nie te verdwaal en ’n maklike teiken te word nie. Laat mense weet waarheen jy op pad is en hoe laat jy daar sal aankom.

2) Wees waaksaam en bewus van jou omgewing.  Kyk uit vir enigiets wat verdag lyk.

3) Wees selfversekered en gefokus. Beperk aktiwiteite wat jou aandag aflei soos om op jou selfoon te kyk wanneer jy na en van jou motor loop.

4) Sluit. Moenie met jou vensters oop ry nie, hou die deure gesluit en jou waardevolle items uit sig. Installeer smash-and-grab-vensterbeskerming as jy kan.

5) Moenie altyd dieselfde roete neem nie.

6) Kyk of iemand jou agtervolg. Ry ’n paar draaie en as iemand jou steeds agtervolg, ry na die naaste polisiestasie.

7) Hou spasie tussen jou en die motor voor jou sodat jy nie ingeboks word nie.

8) Stop slim. Veral in die aand, ry stadig na die verkeerslig om by die stop te kom wanneer dit weer groen raak. Deur nooit doodstil te stop nie, verlaag jy jou risiko om ’n  teiken te word.

9) Kies jou parkeerplek goed. Parkeer in ’n verligte, veilige area.

10) Gebruik paniekknoppies as jy het. Baie opsporingstelsels bied die opsie.

11) Elektriese hekke. Baie kapings gebeur as jy by jou huis in- of uitry. Sorg dat jou inrit nie bebos en donker is nie. Maak ’n elektriese hek (wat batterykrag gebruik as die elektrisiteit af is) agter jou toe sodra jy ingery het – moenie wag dat dit outomaties ná ’n tyd self toemaak nie.

12) Ken jou bure én hul motors. Jy sal verdagte mense en karre makliker raaksien.

13) SOS-foon. Hou ’n klein en goedkoop orige foon met lugtyd en noodnommers (insluitend dié van jou versekeraar) by jou sodat jy dadelik vir hulp kan bel as jou kar of waardevolle items gesteel word.

14) Hou jou motor in ’n goeie toestand. ’n Onklaar motor op ’n pad maak jou ’n teiken.

Brakpan onnie sien dat Jan let nie op in die klas nie.

 

Onnie: "Jan ! Wat is 101+144+201?" Jan: "M-net, kykNET en Supersport mnr!"

Button

Volgens die Suid Afrikaans-Noorweëse lewendige musiekvermaak vir gehore ontwikkeling projek, Konserte SA, wat gedurende hierdie week uitgereik was toon die nuutste statistiek dat tevredenheid en gesondheid sommige van die eindresultate is.

 

Die verslag, Dit Begin met 'n Hartklop, bou voort op vorige werk aan die projek om praktiese opsies uiteen te sit vir die ondersteuning van die groei van lewendige gehore - en bewyse waarom hierdie ondersteuning goed is.

 

Vele internasionale studies het aan individue getoon hoe die deelname van lewendige gehore bydra tot hul gesondheid en welsyn, fisiese fiksheid, immuun stelsel en verbeterde geestesgesondheid. Hierdie is net sommige van die voordele. 'n groeiende lewende musiekvermaak omgewing bevorder gemeenskap hereniging en wek sosiale bewusmaking hieroor.

 

Wat die ekonomie betref is lewendige musiekvermaak  'n groot finansiële bydraende faktor in sy eie reg terwyl dit terselfdetyd stede en provinsies kenmerk en oorsese beleggings trek.

Om watter rede is dit so 'n groot aantrekkingskrag? In die volgende artikel bespreek ons hierdie uiteensetting.

 

Ons neem ook 'n terugblik na die verre verlede oor die heel eerste musiek instrumente wat gebruik was vir vermaaklikheid. Is daar enige van hierdie musiek instrumente wat in u gedagtes opkom? In die volgende artikel sal ons ook 'n kort bespreking hieroor hê.

Artikel: Lulu

Musiek is goed vir jou siel en stad

Ek soek na 'n jong man om opgelei te word in IR/ER ( arbeidsvehoudinge)om te ontwikkel as 'n arbeidskonsultant. Geen ervaring is nodig nie. Kwalifikasie in HR/IR sal voordelig wees. Eerste 3 maande streng indiensopleiding. Eie vervoer noodsaaklik Pos is beskikbaar in Pretoria vanaf die 1ste Desember 2016. Stuur alle aansoeke aan anke@whmlabourlaw.co.za

Vacancy for General Assistant. Must be able to work with clients and do general office work. Email CV to tomahawk1@telkomsa.net
[11/23, 11:35 AM] Adel: Admin pos beskikbaar
Annlin pretoria
Vanaf Januarie 2017
Maandae tot Vrydae 9-5
Moet goed Engels en Afrikaans kan praat en skryf
Moet Excel/Word en basiese rekenaar vaardighede oor beskik
Onder druk kan werk
Indien vorige ervaring in finansiering/eiendoms mark sal voordeel trek 
Stuur gerus CV na kobond2@gmail.com
Moet nog die jaar vir opleiding kan kom.

As jy n christelike , energieke , selfstandige , grondslagfase gegradueerde onderwyseres is wat wil deel word van n dinamiese kleuterskool in Pierre Van Ryneveld Centurion.

Dan is hierdie vir jou!

Ons benodig n passievolle 3 tot 4 jarige klas voltydse juffrou om n verandering in Suid Afrika se toekoms te weeg te bring.Stuur CV en salaris verwagting na riaan.pieterse@vodacom.co.za

MEDICAL RECEPTIONIST – Waterkloof area – R10 000,00 Must have previous experience in a Dr’s consulting room with experience in Elixir. Not older than 50 years and must not have any children. Monday to Friday and every 3rd Saturday. Home language Afrikaans or English. 
send cv to lb@scateck.co.za

Vacancy for General Assistant. Must be able to work with clients and do general office work. Email CV to tomahawk1@telkomsa.net
[11/23, 11:35 AM] Adel: Admin pos beskikbaar
Annlin pretoria
Vanaf Januarie 2017
Maandae tot Vrydae 9-5
Moet goed Engels en Afrikaans kan praat en skryf
Moet Excel/Word en basiese rekenaar vaardighede oor beskik
Onder druk kan werk
Indien vorige ervaring in finansiering/eiendoms mark sal voordeel trek 
Stuur gerus CV na kobond2@gmail.com
Moet nog die jaar vir opleiding kan kom.

Ek soek na 'n jong man om opgelei te word in IR/ER ( arbeidsvehoudinge)om te ontwikkel as 'n arbeidskonsultant. Geen ervaring is nodig nie. Kwalifikasie in HR/IR sal voordelig wees. Eerste 3 maande streng indiensopleiding. Eie vervoer noodsaaklik Pos is beskikbaar in Pretoria vanaf die 1ste Desember 2016. Stuur alle aansoeke aan anke@whmlabourlaw.co.za

Ek soek na 'n jong man om opgelei te word in IR/ER ( arbeidsvehoudinge)om te ontwikkel as 'n arbeidskonsultant. Geen ervaring is nodig nie. Kwalifikasie in HR/IR sal voordelig wees. Eerste 3 maande streng indiensopleiding. Eie vervoer noodsaaklik Pos is beskikbaar in Pretoria vanaf die 1ste Desember 2016. Stuur alle aansoeke aan anke@whmlabourlaw.co.za

Spinal and Orthopaedic Sales Representative - Bloemfontein
Requirements:
Previous medical sales experience in Bloemfontein
Tertiary Qualification - BSC or Physio
Own Car
English/Afrikaans
Duties
Promoting and selling spinal/orthopaedic devices to surgeons in private and government hospitals
Assisting surgeon in theatre
Salary: Market related
Petrol and Cell allowance
info@medstaff.co.za

Ek soek na 'n jong man om opgelei te word in IR/ER ( arbeidsvehoudinge)om te ontwikkel as 'n arbeidskonsultant. Geen ervaring is nodig nie. Kwalifikasie in HR/IR sal voordelig wees. Eerste 3 maande streng indiensopleiding. Eie vervoer noodsaaklik Pos is beskikbaar in Pretoria vanaf die 1ste Desember 2016. Stuur alle aansoeke aan anke@whmlabourlaw.co.za

MEDICAL RECEPTIONIST – Waterkloof area – R10 000,00 Must have previous experience in a Dr’s consulting room with experience in Elixir. Not older than 50 years and must not have any children. Monday to Friday and every 3rd Saturday. Home language Afrikaans or English. 
send cv to lb@scateck.co.za

Hierdie spasie is gereserveer vir JOU                      advertensie

Vir meer inligting....

bottom of page