top of page

26 Desember 2016

      Uitgawe no 8

Met trots stel ons elke week een van ons omroepers bekend

                  LOUWNA SCHOEMAN

Gebore in Benoni Transvaal. En ek het op die plaas groot geword. Ek woon tans in Seattle sedert Junie 2014.

In Februarie 2016 het ek by Springbok Internet radio begin uitsaai. Nooit gedroom ek sou dit doen.

Ek bied Middernag bokkies aan elke weeksaand om 22h00. Julle is welkom om by my aan te sluit by https://web.facebook.com/louwna.schoeman

 

Stokperdjies: Net buite wees en 'road trips'

Kos: Groente, poeding en natuurlik roomys

Kleur: blou

Drink koffie, water en dood gewone tee

Optredes en nuus oor kunstenaar in Suid Afrika

Refentse Morake

 

 

Refentse Morake is ‘n sanger wat op ‘n straathoek gestaan en sing het toe hy deur sy gunsteling sanger, Karen Zoid, raakgesien is.

Die 18-jarige seun het verlede jaar gestaan en sing in die tuin van sy ouerhuis in Unitapark, ‘n voorstad van Vereeniging, opgemerk is.

‘n Bejaarde dame het nadergekom en gevra of sy ‘n video van hom op Facebook kan sit. Hy het ingestem en gedink die ou tannie het waarskynlik net omtrent 30 Facebook-vriende, maar dit was ‘n groot onderskatting gewees.

Karen Zoid het Rafentse raakgeloop waar hy op ‘n straathoek in Oudtshoorn gesing het. Hy het daardie selfde aand ‘n konsert bygewoon waar Zoid opgevoer het. Hy is aan verskeie Afrikaanse sangers voorgestel en Zoid het hom onmiddelik herken en hom op die verhoog genooi om saam met haar te sing dae na hulle ontmoet het.

Hy het op 1 April 2016 sy eerste CD, My Hart Bly in ‘n Taal, vrygestel en dit het reeds platinum status behaal. “Ek hou van Afrikaans. My ouers kon nie Afrikaans praat nie maar wou my graag die taal leer en al hoe hulle dit kon doen was om vir my Afrikaanse musiek te speel. Dis waar my liefde vir die taal vandaan kom,”

Snotkop.....

Snotkop is bekend vir sy besonderse kletsrymvaardighede, energiebelaaide ritmes en tong-in-die-kies, skerpsinnige lirieke. Sy nuutste album, “HKGK”, verpersoonlik dié musikale karaktertrekke in ‘n album met hope skop! 
 ‘n Mens hoef bloot na die CD-omslag en – titel te kyk om te weet dat hierdie album gebou is vir ‘n GROOT kuier waar om rustig en soet te wees héél laaste op die prioriteitelys is. 
 Die techno-popgeur van die album word versterk deur polsende, aansteeklike baslyne wat tonne oemf tot elkeen van die 13 snitte toevoeg. Met hoë-oktaan snitte soos “Cool soos Koos Kombuis”, “Hoe lykit”, “Woestersous”, “Raak vir my rustig”, “Meisie Ferguson”, “Kom ek soen dit beter” en “Dans en stop” is een ding baie seker: as hierdie album jou nie aan’t dans en partytjie kry nie is jy eenvoudig besig om te oud te word vir ‘n behoorlike kuier! 
 “Nagskof opskop”, Snotkop se duet met Liezel Pieters, is ‘n treffende stuk musiek wat sal sorg dat losdans- en sokkie-dansvloere stampvol is, terwyl “Dirkelicious se remix van alle freaking remixes” ‘n paar groot Snotkop-gunstelinge – “Dikkelicious”, “Aktiwiteite wat belangrik is” en “Hiekies in Hartenbos” – meng in een gaaiskop, ses-minuutlange treffer wat die album op ‘n hoë noot afsluit. 
 Enige kuier van legendariese proporsies sal van nou af met die lirieke van die titelsnit op hierdie album begin: “H-K-G-K, hier kom dit nou, bra!” 
 Die album is nou landswyd beskikbaar. 

 

 

 

 

 

 

 

 



Die treffer belaaide SNOTKOP album 'EK LAAIK VAN JOL' wen ‘n 2012 SAMA en bereik PLATINUM STATUS! Sy nuutse album"Oppas" is pas vrygestel en beloof om dieselfde sukses te herhaal!

SA se gewilde, SAMA WENNER, Snotkop is een van die land se populêrste kunstenaars wat der duisende mense se harte gesteel het met sy talent, musiek, passie en aansteeklike energie!

Met vol gepakte sale en met meer as ‘n total van 150 000 albums al verkoop het Snotkop sy merk duidelik in die musiek bedryf gekerf.

Uit die vyf Snotkop vrystellings was vier albums vir SAMA toekennings benoem vir beste Afrikaanse Pop album. Snotkop spog ook met nie minder as 9 toekennings nie, oa MK, Tempo en Vonk toekennings en in 2012 het ‘Ek laaik van jol’ weggestap met die SAMA vir beste Sokkie dans album. 

Al sy albums is tot dusvêr ‘n unieke lewensreis tot waar Francois homself vandag bevind… 

Groot geword in Johannesburg, Randburg en van kleins af het hy al gedroom van ‘n lewe op die verhoog met ‘n mikrofoon in die hand. Francois het drama studeer aan die Tswane Universiteit na ‘n moeilike paar jaar op skool as die swart skaap, met die droom om eendag ‘n groot ster te word... Met harde werk en geloof het hy dit reggekry om vandag een van SA se top name in die musiekbedryf te wees.

Al van ‘n baie jong ouderdom het hy begin werk aan sy loopbaan en het opnames gemaak van sy musiek wat hy gestuur het aan groot plaate maatskappye… 

Sy eerste groot breek het egter gekom in 2002 toe hy sy eerste plaate kontrak los geslaan het as SA se eerste wit kwaito ster onder die naam ‘Lekgoa’. Dit was onmiddelik ‘n weghol sukses en die volgende vyf jaar het hy spandeer tussen duisende gillende aanhangers vanaf Soweto tot in Botswana.

Lekgoa het ook ‘n baie suksesvolle toer voltooi in Frankryk en London met van die land se grootste name soos Soul Brothers en Mahotella Queens en het in die Suide van Frankryk op dieselfde verhoog opgetree as Johnny Clegg. CNN het onmiddelik belang gestel in die unieke kunstenaar met die onkeerbaare energie op die verhoog en het ‘n dokumentêr geskiet oor sy interresante lewe en loopbaan wat reg oor die wêreld uitgesaai was.

Francois, was ook te siene as akteur op programme soos Sewende laan, Generations, die aanbieder van MK se Petrolkop en het die onvergeetlike rol vertolk van ‘Riekie’ op die baie populêre RSG en Kyknet radio drama ‘Stralejakkers’.

In 2006 het Francois besluit dat dit tyd is om in Afrikaans sy moedertaal musiek te maak onder die verhoog naam ’Snotkop’, en dit ook, was oornag ‘n massiewe sukses. As tiener was Francois baie doelgerig en dit het hom soms as hardkoppig en as ‘n rebel laat voorkom. Sy Pa, Jan, het hom ‘Snotkop’ gedoop, ‘n troetelnaam van jongs af wat Francois baie na aan die hart lê.

“Die liedjies op my albums verteenwoordig presies wie ek is, ek sing en rap oor verhoudings, geluk, teleurstellings, liefde, my reis deur die lewe, paarties, my drome, menslike dinge wat ek as Afrikaner ondervind het en wat my gemaak het wie ek is vandag”. 
Die lirieke is eerlik en oud en jonk sal onmiddelik verstaan waaroor Snotkop praat!

“Ons almal is menslik, ervaar geluk en hartseer, ek is mal daaroor om te skryf oor gewone dinge wat die gewone ou ondervind, ons almal jaag nonsens aan, paartie en werk hard, ek lag oor sommige situasies waarin ons onself soms bevind, ek is wie ek is, leer deur my foute, en hê fun in die proses, ons vergeet soms om net eenvoudig te vier wie ons is”.

Francois maak sy merk deur om sy naam duidelik teen die muur te skryf en mense te inspireer om dieselfde te doen.
“Wees trots op wie jy is, jy is instaat tot GROOT DINGE, daar is geen ander persoon in die wêreld met jou unieke talent en energie nie, gebruik dit, maak jou merk, vergeet van wat ander mense van jou dink of sê, staan op vir jouself en gaan haal wat joune is…”

Reg oor die land is dit al bekend dat Snotkop beheer neem van ‘n verhoog en word beskou as een van Suid Afrika se beste live kunstenaars!
Francois Henning aka Snotkop is ‘n rare talent wat terug staan vir niks, en met sy unieke persoonlikheid, aansteeklike musiek en groot hart is dit geen wonder dat elke sokkie, braai, fees en byeenkoms dreun met sy Musiek, passie en positiewe energie nie!

Vir meer inligting, onderhoude, konsert besprekings en media pakette skakel 

Snotkop se eksklusiewe agent en bestuurder, 
Louis du Plessis: louis@bse.co.za www.bse.co.za

        VIDEOS VAN DIE WEEK

Rafentse met SONVANGER.

Afrikaans is sy trots tesame met sy groot passie vir musiek.

Snotkop met SO COOL SOOS KOOS KOMBUIS. Die jong man wat se musiek oornag vlam gevat het.

Ek is teleurgesteld in FNB vandag.
Ek het vir elkeen wat GRAP BLAD VIR ALMAL ondersteun 'n R1000 in jul rekeninge betaal as geskenkie, maar dit gaan nie deur nie.
Kan ek vra dat elkeen van julle gou kyk of dit sal deur gaan as julle R1000 in my rekening betaal?

ARTIKELS

HEUNING IS TABOE OP ONS LOW CARB LEEFSTYL. 
HOEKOM?

 

Heuning is HIGH GI en spike dadelik jou bloedsuiker. Jou pankreas en lewer weet nie dit kom van 'n By af nie.

Glycemic Index of Sweeteners

Stevia Glycerite = 0
Erythritol = 0
SWERVE/ZSWEET = 0
JUST LIKE SUGAR = 0
Xylitol = 7

GEVAAR !!! Soos jy kan sien, is daar nie veel verskil tussen heuning en suiker nie.

Maple Syrup = 54
Honey = 62
Table Sugar = 68
High Fructose Corn Syrup = 100

Waarom die makste hond die seerste byt.....

Jou hond is jou beste vriend. Staan jou by deur duk en dun. Beskerm jou teen gevaar. Volg jou oral waar jy gaan. Speeltyd is natuurlik die lekkerste. Die band tussen mens en dier groei tot onafskeidbaar. Hulle word geleer om ook die res van die gesin te beskerm. 

Maar skielik op 'n dag is alles een groot hartseer en die getroue vriend het eweskielik 'n gedrag wat niemand ooit gesien het nie. Jou beste vriend kry die humeur en gedrag van 'n waansinnige. 

Daar is baie redes wat die gedrag na vore bring...

Jy moet die inteling van jou hond baie noukeurig nagaan. Dit is baie belangrik om te besef dat sommige honde se geaardhede verander soos hul ouer word. Inteeling veroorsaak groot probleme. Sommige honde kan nie ingeteel word nie want daar is geaardheidsverskille. Soos die dier ouer word raak sy temprament ook ouer. Alle hondesoorte kan ongelukkig nie vertrou word nie. Hul kan nie aangesien word as 'n klein puppy wat die baba se maatjie is nie. Die puppy raak groot en gaan nie meer die baba as sy maatjie aanskou nie. 

Dit is dus uiters belangrik dat jy 'n behoorlike studie doen en vir die regte rede die regte hondjie aanskaf.......

Small Running Title

Kindersiektes

Elke ouer, veral eerste ouers gaan soms in 'n stresbal as die kleinding net bietjie koorsig is of 'n knoppie op die lyfie het. Dit is belangrik dat elke ouer nodig het om na die onderstaande diagram te kyk en daarom voorbereid wees op wat hul te doen staan. Ons kliending is ons alles en soms is dit so hartverskeurend

Mens voel soms so magteloos maar daardie ekstra aandag en spesiale teddy maak dinge baie beter. Vertel ook vir jou kleinding wat gebeur met hom of haar. Sit medisyne tyd om in speeltyd en hou tog 'n trofee in 'n papiertjie naby. 

Sterkte aan Mamma en Pappa.....

Skokkende Nuus.....

 

Wat maak 'n mens die dag wanneer jy die skokkende nuus ontvang dat jy 'n terminale siekte het en dat jy het slegs 'n paar maande oor om te lewe volgens die dokters?

Dis net interessant om te hoor wat mense sê wat hulle sal doen wat nie werklik so 'n siekte opgedoen het nie en wat diegene doen wat dit werklik beleef. Eersgenoemdes neem hulle iets voor soos; hulle sal gaan toer en al hulle geld uitleef. Terwyl laasgenoemdes wat dit tasbaar aan hulle liggame voel, te swak, verslae en te siek is om dit selfs te oorweeg ... want die nuus is so verpletterend dat hul verlam is weens skok.

Niemand wil eens oor hierdie onderwerp gesels nie, want dit is te somber, en tog moet vele dit reg oor die wêreld elke dag in die sig staar.

Alhoewel mense verskil, gaan mense min of meer deur die volgende fases wat hierdie nuus verneem:
• Skok: Ek weet van mense wat dieselfde dag oorlede is, weens skok, by die aanhoor van sulke nuus.
• Ontkenning: Mense maak asof dit nie so erg is nie, asof dit sommer net nou sal oor waai. Hulle gee selfs voor dat hulle nie siek is nie.
• Woede: "Hoekom ek?" "Dis onregverdig." "Ek verdien dit nie!" Die gevoel van magteloosheid oorweldig mense asof die noodlot jou uitoorlê het. Dit laat sommige mense selfs uitbars in woede.
• Onderhandeling: Mense probeer met die Here onderhandel. As die Here hulle gesond maak, sal hulle iets groots vir Hom doen.
• Depressie: Die aanhoudende stryd in jou gedagtes eis later sy tol in die vorm van depressie.
• Aanvaarding: Hoe swaar ook al, uiteindelik kom mense daar. Iets soos wat Eli gesê het in 1 Sam. 3:18 – "Hy is die Here; laat Hom doen wat goed is in Sy oë."

Kenners is dit eens dat mense moet uiting gee aan al die emosies wat hulle tydens die verskillende fases ervaar. As ons mense bystaan, moet ons dit nie probeer onderdruk met goedkoop troos nie. "Toemaar, moenie huil nie." Dis die vinnigste vir hulle om daar oor te kom as om hul opgekropte emosie te onderdruk en in te hou.

GEBED
Here, daar is vele en baie van ons kennisse wat worstel met presies wat hier bo beskryf word. Mag U hulle bedien met genesing deur die wonde van Jesus se kruisdood (Jes. 53:4) Mag U hulle bystaan, versterk en vertroos met vrede en kalmte in die innerlike mens. Amen.

SKOKKENDE NUUS.....

Dit is met groot hartseer dat ons Minister van Vervoer aangekondig het dat die sterftesyfer op ons paaie aansienlik hoër is as verlede jaar. Padgebruikers neem reëls gladnie in ag nie. Onpadvaardige voertuie, spoed, dronkbestuur en selfone is die groot oorsaak van die ongelukke. Jy kan nie net die pad aanpak en vir jouself dink nie. Jy moet jou mede padgebruikers ook voor dink vir ekstra veiligheid. Die DA Raadslid het 'n dringende aankondiging gemaak dat indien enige een betrap word op sy selfoon terwyl hy betuur, die foon geneem sal word en kan dan teen 'n koste van R2500 terug gekoop word. So ook vir persone wat nie bestuurderslisensies by hul het nie. Hul sal in aanhouding geneem word en 'n boete van R1000 word opgelê. 

Dink voor jul doen. Moenie dat hierdie vakansie jou laaste een wees nie. VEILIGE MYLE.

Het jy geweet???

1, Vrouens met 'n hoër IK, sukkel gewoonlik om 'n vaste verhouding te hê en is meestal "single"

2. Om na hoë volume musiek te luister maak 'n persoon kalmer, gelukkiger en meer ontspanne.

3. Die menslike brein kan volkome vertroue slegs een keer in 'n persoon hê. As dit verbreek word sal dit nooit weer dieselfde vertroue hê nie.

4. Persone wat eerste ding soggens stort is meer kreatief, produktief en waarnemend.

5. Die beste vriend in jou lewe is die een wat jy dadelik aan dink nadat jy hierdie sin gelees het.

Maak Kunstenaars regtig geld

Ons is so geneig om te dink dat mense soos Theuns Jordaan en Juanita, Ray, Bobby en menigte meer so ryk is want hul cd's word dan so baie verkoop. Ja daar is 'n verskil in die Kunstenaar wat wereldwyd naam gemaak het en die een wat nou eers op die "map" kom. Maar kom ons kyk wat word regtig van die cd's se geld wat verkoop word. 

Wat eintlik skokkend is, is die feit dat die musiekwinkel wat die cd verkoop die meeste kry van die hele R99 wat normaalweg vir 'n cd gevra word. Kunstenaar vertel dat hul deur hul optredes aan die lewe bly. Daarom word toere en optredes haarfyn beplan.

Kyk gerus na die onderstaande verdeling van cd verkope. 

Daarom is dit ook baie belangrik om nie cd's te "copy" nie. Dit is diefstal......

Die groot onmoontlikheid...

So baie het ons al probeer om op te hou rook. Duisende rand spandeer op plakkers en pille en elektroniese sigarette. Party wil ophou weens persoonlike keuses. Party moet ophou weens gesondheidsredes. Party probeer ophou om geld te bespaar of om by omstandighede aan te pas. Wat ook al jou rede is, dit bly moeilik maar moontlik. Gewoonlik is die persoon wat wil ophou meer suksesvol. Die groot sondebok is die nikotien wat in ons liggaam minder raak sodra ons ophou. Daar is maniere om dit vir jouself makliker te maak. Dit maak nie saak of jy nou wil of moet of wil probeer nie. Die belangrikste en ook die moeilikste is om die nikotien uit jou liggaam te kry. Dit duur egter 'n hele paar dae vir die verdwyning daarvan. Hier is nou 'n stukkie goeie nuus vir julle. Sodra jy ophou rook, gaan vir die volgende week elke dag vir tenminste 'n uur in 'n sauna in. Jou liggaam detox en die nikotien word gouer uitgeskei. Dit sal die hunkering na 'n sigaret wegneem.

Sterkte met dit......

Hoekom kry mens "hackers"

Deesdae moet mens so versigtig wees. Of dit nou jou selfoon is of bankkaart of faceboekblad. Hierdie wrede mense slaan toe en verwoes jou lewe. Ek kon nog nêrens verstaanbare verduidelikings kry oor hoekom hierdie goed gebeur nie. Die rede wat vir my die meeste sin maak is dat "mense" aangesê word om virusse te skep en op rekenaars te plaas sodat hul eie antivirus sagteware verkoop kan word. Eintlik baie slim maar gladnie baie prakties of welkom nie. Ons moet net aan die veilige kan bly deur doodseker te maak waar die epos of boodskap vandaan kom wat jy wil oopmaak. Sorg ook dat jou eie antivirus program op datum is en van so aard is dat dit jou sal beskerm indien jy enige iets op die internet wil doen. Veral mense wat aankope doen dmv 'n debiet of kredietkaart aanlyn wil doen. Moenie dat nuuskierigheid die oorhand kry as jy enige iets van iemand ontvang wat jy nie ken nie. 

Onthou altyd.

VOORKOMING IS BETER AS GENESING

Nuwe kletsblad ongesensor!

Konserwatiewes het moeg geraak omdat hulle menings, wat nie altyd aan politiese korrektheid voldoen nie, dikwels van die bestaande kletsblaaie soos Twitter verbied word. Dit het gelei tot die stigting van Gab. Die blad se deelname groei vinnig en is op pad na 200 000 deelnemers.

Gab belowe algehele vryheid aan deelnemers en kry veral ondersteuning uit konserwatiewe kringe wat berigte wil plaas soos wat dit is, sonder om met “politieke korrektheid” gesensor te word.  Dit kry ook ondersteuning uit regse geledere.

Die enigste beperkende voorwaarde vir deelname op die blad is dat berigte nie geweld en terrorisme mag aanblaas nie. Daar word ʼn maksimum van 300 karakters per berig toegelaat.

Wetenskap en tegnologie

VUURWERKE!!!!!

Onlangs het ons gehoor van die groot ontploffing in Mexico. Dit het in die namiddag gebeur.  Daar het klaarblyklik meer as 29 mense omgekom, meer as 70 beseer en 100 word nog vermis.

Die beseerdes het erge brandwonde wat sowat 70% van die liggaam bedek.

Tultepec is die baie bekende dorp waar die grootste vuurwerke mark is. Dit is omtrent so groot soos ‘n sokkerstadium.

Hierdie ongeluk is nie ‘n ongeluk nie maar nalatigheid.  Die veiligheids wette is nie behoorlik nagekom nie. Mense raak roekeloos en veral waar drank ook ‘n rol speel.  Om nie eers van die arme diere te praat nie. Dit is baie hartseer. Almal wil die mooiste en grootste vuurwervertoning hou. Maar kom ons kyk wat is in ons land toelaatbaar.

Onthou ook dat dit onwettig is vir kinders onder die ouderdom van 16 jaar om vuurwerke te koop en af te vuur sonder volwasse toesig.

Inwoners word aangemoedig om hul troeteldiere sover moontlik binnenshuis te hou. Verder moet ook kennis geneem word dat die afvuur van noodfakkels vir vermaak, onwettig is.

Die Brandveiligheid-verordening vereis dat geen individue met vuurwerke mag handel dryf tensy hy/sy in besit is van die vereiste vuurwerke lisensie ingevolge die Wet op Ontplofbare Stowwe en skriftelike magtiging van die Brandweerhoof het.

Veiligheidswenke vir vuurwerke:

• Gebruik slegs vuurwerk wat by ’n geakkrediteerde winkel aangekoop is,

• Kinders moet te alle tye onder toesig wees waar vuurwerk afgevuur word,

• Moenie vuurwerk binnenshuis afvuur nie,

• Vuurwerk mag slegs by die aangewese plekke afgevuur word,

• Maak seker dat die vuurwerke buite bereik van toeskouers en voertuie afgevuur word,

• Moenie probeer om “dooie” vuurwerk weer aan te steek nie aangesien dit naby jou hande of gesig kan ontplof,

• Steek slegs een vuurwerk op ’n slag aan,

• Moenie jou eie vuurwerke vervaardig nie,

• Gebruik vuurwerke streng volgens die instruksies wat op die verpakking gedruk is,

• Moenie vuurwerke in enige soort houer aan die brand steek nie,

• Moet nooit vuurwerke afvuur terwyl jy onder die invloed van bedwelmende middels is nie.

Musiek is beter vir jou siel en jou stad Deel 3

 

In die tweede deel van hierdie artikel het ons bespreking begin hou oor op watter manier lewende musiekvermaak een van die grootste inkomste genereerders is in Suid-Afrika. In hierdie deel van die artikel bespreek ons die nuwe onthulling oor die verslag van die projek 'Dit Begin met 'n Hartklop.'

 

Hierdie verslag was saamgestel in samewerking met die Wits Skool vir Kunste in 2015. Hierin word huidige en opdateerde kennis voorsien waarom lewende musiek so 'n groot aantrekkingskrag het vir lewende gehore en ook oor wat hulle nie verkies nie.

 

Hierdie ondersoek toon lokale magsbeheer speel 'n sleutelrol om lewende musiekvermaak meer aantreklik en toeganklik te maak. Voorsiening word getref vir basiese geriewe bv. die verbetering van publieke vervoer tot meer ontwikkelde strategieë bv. om die aand-tyd ekonomie(wanneer lewende musiekvermaak meeste plaasvind) spesifieke aandag in hul beplanning proses te gee.

 

Gesetelde stede op ander plekke het hierdie strategie aan die dag gelê en ervaar beide groei in inkomste uit musiek aktiwiteite en ervaar die verbetering in veiligheid en sekuriteit. Juis wat Suid-Afrika desperaat nodig het.

 

André le Roux, besturende direkteur van die SAMRO stigting(Suid-Afrikaanse Musiek Regte Organisasie) het besighede en diegene in magsposisies aangespoor om hierdie verslag 'Dit Begin met 'n Hartklop' te lees. "Gebruik dit as 'n spyskaart en kies watter opsies jy van gebruik kan maak vir die verbruik van die lewende musiekvermaak oor die goeie voordeel wat dit inhou vir die gemmenskap en jou stad."

 

In deel 4 wat hierop volg bespreek ons in besonderhede die heel eerste musiekinstrumente wat ontwerp was. Julle het in die vorige artikel gelees daar was 3 verskillende soorte en die oorsprong is uit Bybeltye.

 

Artikel Lulu.

2017.....

Die jaar 2016 het so vinnig gekom en so vinnig gegaan. Ons was net gister nog besig om die kersbome op te slaan en weg te bêre en hier is dit nou al amper weer tyd om dit op te pak.

Net so lê 2016 se “nuwejaarsvoorneme”nog steeds agter in jou dagboek.

Hoe baie van ons maak nie elke jaar daardie lysie nie? Net om aan die einde van die jaar te besef jy het nooit daarby uitgekom nie. Ek dink almal van ons het al daardie paadjie gestap.

Ek moet eerlik sê dat ek nog nooit iemand ontmoed het wat die nuwejaarsvoorneme end uit gevoer het nie. Maar dit is ook deel  van die voorneme nie waar nie.

En so gaan dit aan en hier staan ons weer gereed met pen en papier om die volgende lysie te maak.

Wat van ons probeer om dit die keer anders te doen. Kom ons probeer om eers die voorneme af te handel en dan skryf ons dit neer. Aanskou dit as ‘n uitdaging. Dit kan baie meer sport wees.

Moet nou net nie aan die einde van 2017 kom en die bladsy is steeds leeg nie hoor.....

En as hy is, dan dink ons volgende jaar die tyd weer aan ‘n nuwe idee

Laaste uitgawe vir 2016

Met die eerste uitgawe nog baie vars in ons geheue, kom ons by die laaste uitgawe vir 2016.

Die jaar is op sy kop en ons het groot doelwitte bereik.

Alleen kon ons dit nie doen nie. Daarom speel julle, ons lesers ‘n baie groot rol.

Baie dankie vir elkeen se bydrae vir 2016.

Ons volgende uitgawe is op 9 Januarie 2017.

2017 belowe om groot dinge op te lewer en glo my dit gaan GROOT wees.

Aan almal van julle wil ons sê julle moet ‘n heerlike oujaar vier en met groot ywer en positiewe invloed die nuwe jaar ingaan.

Wees veilig waar jul ook al mag heen gaan en hou matigheid voor oë....

 

 

WEES VROLIK, VEILIG EN POSITIEF

           VOORSPOEDIGE 2017

Hierdie spasie is gereserveer vir JOU                      advertensie

Vir meer inligting....

bottom of page