top of page

Hierdie spasie is gereserveer vir JOU                      advertensie

Vir meer inligting....

     Uitgawe 3

17 Oktober 2016

Met trots stel ons elke week een van ons omroepers bekend

  Ontmoet ons omroeper van die week                     Danie Vermeulen    

Danie Vermeulen (Danie Springbok Irc) is een van die eienaars en bestuurders van Springbok Internet Radio.  Hy is gebore in Port Elizabeth en het groot geword in Cradock in die Karoo. Hy woon sedert 1992 in Somerset Oos waar hy al 34 jaar werk vir 'n Staats Departement.

Danie het in 2014 begin as omroeper by Springbok Internet Radio. Hy het 'n groot verskeidenheid programme wat hy aanbied. Op  Maandae bied Danie saam met Wilna  "Eros"  aan tussen 20h00 en 22h00. 'n Program wat oor  liefde en verhoudings gaan. Woensdae bied Danie die baie gewilde Top 20 van Springbok Internet Radio tussen 20h00 en 22h00 aan. Vrydae is tyd vir Funky Friday wat hy en Wilna saam uitsaai. Funky Friday word tussen 20h00 en 22h00 aangebied waar hulle die versoeke van luisteraars speel. Saterdae is dit tyd vir die baie gewilde Goue Oues program waar Danie nostalgiese musiek speel van vroeër jare.  Goue Oues is tussen 18h00 en 20h00.  Sondae bied hy Deo Gloria tussen 19h30 en 21h00 aan. Dit is 'n Christelike program waarin hy met "Gospelsangers" , sendelinge en mense wat uitreikingswerk doen gesels.  Hy het 'n passie vir die radio en geniet elke uitsending wat hy doen.

Danie is een van twee bestuurders wat die tegniese deel van die radio behartig.

Stokperdjies:  Staproetes en "bird watching"

Gunsteling Kos: Pasta

Gunsteling kleur: Blou (WP blou)

Gunsteling drankie:  Yskoue coke

Gunsteling vakansieplekke: By die see

Hy geniet die radio en leef homself uit wanneer hy op die lug is. Altyd reg vir nog 'n grappie met sy luisteraars.

Indien jy graag by Danie se facebook wil aansluit kan jy gerus 'n versoek stuur na Danie Springbokirc

Enige navrae kan ook aan hom gerig word betreffende die radio of die Top 20. 

                             Optredes en nuus oor kunstenaars in Suid Afrika             

   Ons plaas graag optredes van kunstenaars sodat almal kan sien waar die optredes is en dit kan bywoon as julle lus het

Daniel Hoffmann se gewildheid is al  in 2010 met sy reuse-treffer "Soen my op my boepie" (uit die pen van Hennie Nel) gevestig. Sy onopgesmukte vertolking, die heerlike ritme, stuitige lirieke en die konsertina van Dries Laas  het vir die regte musiekmedisyne gesorg.

Spoedig het die album Nat Agter die Ore gevolg en is vir ‘n Huisgenoot/Tempo-toekenning in die afdeling gewildste humor-album benoem. Die albumtreffer het op die Top 10-treffersparades van sewe radiostasies gewoel en die video daarvan is al oor die 247 000 keer op Youtube gekyk. Die album is opgevolg met Vat ‘n Kans en nou kry sy aanhangers sy derde album: Niemand Anders.

Daniel se vertonings is met energie gelaai en hy weet hoe om oemf in ‘n partytjie te blaas! Sy ritme is aansteeklik en juis daarom is hy ook ingesluit by ‘n rits saamgestelde albums: onder meer die CD- en DVD-pakkette Balke Toe en Dekade Plus Twee Afrikaanse Treffers en die CD’s Grapjas, Balke Toe, Grootste Afrikaanse Sokkietreffers, Groter as Ooit Boeretreffers, Boeremusiek Annibrand en Rooiwarmtreffers.

Maar nou kan jy hom – en niemand anders nie –  op elf oorspronklike nuwe kuiervreugdes geniet. “Ek het nie woorde om my nuwe album te beskryf nie, want dis ‘n hele nuwe styl en klank vir my: met ʼn meer kontemporêre klank. Ook met ʼn aantal liefdesliedjies wat die lekker dans songs afwissel. Ek is baie trots op die album. Ek het die voorreg gehad om saam met amazing skrywers te werk,  soos Anton Myburg (Vee daai trane van jou wang af), Karlien Husselman (Mooi mooier mooiste meisie, Soen my op my lippe, Hier in my kop en Loving You is Easy), Sharkie, oftewel Chantelle Pietersen (Jy is my lewe) en Dennis East (Jump This Train). Ek het ook ʼn liedjie geskryf: "Baie baie”.

Tussen Daniel se gunstelinge is die snitte "Elke keer" (Chanelle Pietersen), Daar is niemand anders (Anton Botha) en die gewisse dansvloertreffer Jan Pierewiet se vrou (Theo Bodenstein, wat ook die verwerkings en produksie van die album behartig het).

 

Die album word afgesluit met Daniel se interpretasie van Leonard Cohen se tydlose treffer Halleluja.

 

Daniel bied ʼn energieke album met liedjies in uiteenlopende style – van liefdesballades en popliedjies tot rocknommers en countrygenietinge.

 

Daniel, wat in Newcastle gebore is en sy lewe lank in Witbank gebly het, woon nou in Mtunzini in KwaZulu-Natal.

 

Kry die uitbundige kuier-album Niemand Anders en laat Daniel Hoffmann

 jou op die dansvloer verlei!

Daniel Hoffmann – Niemand Anders

Eddie Eckstein was a founder member of the group The Bats which was started in 1964. They worked extensively at all the main venues in S.A. and also performed in the UK where one of their compositions ‘Listen to my Heart’ reached the 7th spot on the Radio London charts. They also won a Sarie Award in the year 1970 for their composition ‘Whose that Girl’. Eddie sang one of Paul Ditchfield’s compositions ‘Oh God its Beautiful’ at the Tokyo World Song Festival in 1972 and they were placed 10th in the Final against 45 countries.
When they split up in 1980 Eddie then pursued a solo career. He worked extensively in cabaret and was part of the hugely successful TV show ‘Biltong & Potroast’. His other TV credits are the part of Manny Bloom in the sitcom ‘Oh George’ in 1981, Telly Fun Quiz in the early 90’s and numerous standup comedy spots on various variety shows on TV.
He also worked extensively in theatre. He had leading roles in ‘Pyjama Tops’ with Rex Garner, ‘Not Now Darling’ also with Rex Garner, ‘Grin and Bear It’ with Tim Plewman, who also wrote and produced a Christmas Spectacular at the Wild Coast Sun called ‘Cyclone Eddie’ Eddie and The Bats appeared in the Brickhill Burke production of ‘I Love My Wife’ and in 1981 Eddie was asked to repeat his performance as Quenton in the Australian production of the show. As in S.A., he received rave reviews for his performance. While in Australia Eddie did many TV commercials. Upon his return he took the lead as Seymour in Toerien’s production of ‘Little Shop of Horrors’.
His cabaret performances have included private functions and many corporates. He has a reputation for keeping his act clean and appealing to all members of the public. His routine would consist of singing (appropriate songs for the occasion) and standup comedy. Eddie was invited to perform in Portugal in 1991 for the Springbok weekend.
After a sabbatical of 20 years The Bats re-formed and again have appeared at major theatres all over S.A. They recently travelled to Perth to perform for the ex-pats during the Tri Nations.

EDDIE EcKSTEiN

VIDEOS VAN DIE WEEK

Joe Foster

         EK STAAN “IN DIE REËN VIR JOU”

Hier is hy nou! My nuwe enkelsnit van my Hartklank Album

“In Die Reën Vir Jou“.

Om die vrystelling ekstra spesiaal te maak het ons die liedjie in ‘n nuwe weergawe opgeneem vir die amptelike musiek video en radio vrystelling.

Besoek ook gerus sy webtuiste by:   https://joefoster.co.za/

ONS EIE LIEFLINGE

Hoendervleismooi is die perfekte woord om Rudi Claase en sy splinternuwe sangmaat, Charné Hugo, se eerste CD op te som. Die dubbel-album, Asemrowend, bou voort op die unieke klank en styl wat so eie is aan die Lieflinge-handelsmerk en dit is van die eerste noot af duidelik dat hierdie twee groot stemme mekaar perfek aanvul.

Die spietkop klim stadig uit sy patrolliemotor en stap na die student wat hy
voorgekeer het omdat hy gejaag het.

‘Ek wag al heeldag net vir jou Mannetjie,’ sê die beampte kwaai.

‘Dis hoekom ek gekom het so vinnig as wat ek kon’ sê die student sonder om `n oog te knip.

ARTIKELS

Die dominee besoek ‘n gevalle lidmaat wat ernstig siek is.

Op die bedkassie staan ‘n halfvol bottel brandewyn.

Die dominee sê teleurgestel: ‘Broer, is dit nou al waarheen jy jou kan wend vir hulp?’ ‘

Nee Dominee,’ antwoord hy, ‘in die hangkas is darem nog ‘n vol bottel.

                                Vakansietyd

Die Somer is in volle gang en almal beplan daardie heerlike vankansie langs die strand. Natuurlik wil ons lieflike heuningbruin liggame hê. Maar dit kos baie pyn en werk om jou liggaam so te kry.  Baie mense maak gebruik van middels soos babaolie, remvloeistof, dubbin en selfs kookolie. Uit desperaatheid wend julle enige iets aan, solank jul net bruin word.

STOP.... Besef jy dat dat daardie einste UVA strale baie ongesond en ook groot gif vir jou vel is?  UVA strale is so sterk dat dit deur klere, glas en selfs deur een meter diepte water kan brand. Onthou dat dit van binne af na buite skade aanrig. Ons osoonlaag is baie beskadig en dus is die UVA strale nie veilig nie. Jy stel jouself oop vir kanker, melanome asook ander velsiektes.

Vra jouself die vraag....IS DIT REGTIG DIE MOEITE WERD?  Bly uit die direkte son uit.  As jy wil bruin word, gebruik dan eerder 'n sonbed waar jy voor en na die tyd bevogtiger kan aanwend. Sessies moet ook nie langer as 15minute wees nie.  Beskerm altyd jou liggaam met sonskerm wat 'n pH van nie minder as 15 het nie.  Onhou ook om agter in jou nek,  jou ore, neus en voorkop te smeer. Moenie die lyding jouself aandoen nie.  Jy wil tog jou vakansie geniet.....of nie?

 

           Kleingeld

Hoe baie mense is daar nie wat net mooi niks van kleingeld hou nie. So dan en wan maak jy jou beursie op die kas leeg en is maar net te bly om van alles ontslae te raak. Al ooit gewonder wat daarvan word???

Kleingeld kan jou baie verras. 'n Spaarblikkie is vir allmal baie aanloklik. Daarom is daar baie maniere wat jy kan spaar sonder dat enige een agterkom. Selfs jy sal vergeet daarvan.

Ek het byvoorbeeld my hemelbed se 4 pilare gebruik. So het ek gespaar as kind. En glo my jy sal verbaas wees hoeveel geld daar uitkom as dit tyd is om te tel. So leer mens ook jou kinders om geld se waarde te ken en spaarsamig te wees. 'n Paar idees wat jul kan gebruik vir spaarblikkies.

1. Ornamente is gewoonlik hol aan die binnekant. 

2. 'n Leë Sta-Soft bottel.

3. Note kan agter jou portrette vas geplak word.

4. Binne in blompot met plantjie bo op.

Daar is soveel wegsteek plekkies vir spaar kleingeld. En die lekkerste is as jy al daardie kleingeld uitgooi om sakkies te maak vir die bank. Dan besef jy eers hoeveel waarde daardie kleingeld regig het.

Skud daardie beursies hoor........ 

Dís hoeveel water jy moet drink

Jou liggaam droog makliker uit as wat jy dink. Dit bestaan uit sowat 60% water en al verloor jy net 1,5% daarvan, is jy reeds effens gedehidreer!

Hoeveel per dag?

Jy benodig sowat 20 tot 30 ml water vir elke kilogram liggaamsgewig.

Dit kan vloeistowwe soos rooibos- en ander kafeïenvrye tee insluit, maar die helfte moet suiwer water wees.

As jy dus 55 kg weeg, is dit minstens 20 x 55 = 1 100 ml (1,1 liter) per dag. Maar verkieslik meer: sowat 1 650 ml (dus 30 x 55). Dis sowat 4 tot 6 glase per dag.

Daar is ook iets soos té veel water

Te veel water, veral in ’n kort tyd, is gevaarlik. Simptome sluit in maagkrampe, naarheid, vomering, moegheid en duiseligheid.

Ekstreme oefening, soos ’n marathon, laat die liggaam die hormoon vasopressien afskei, wat die niere water laat spaar. Moenie in so ’n geval meer as sowat 916,78 ml (3,8 koppies) per uur drink nie. As jy nie vir marathons aantree nie: Luister na jou lyf en moenie jouself dwing om ’n onrealistiese hoeveelheid water te drink nie.

Jyself weet hoeveel jy nodig het.

Kort van draad

Slegte bui? Drink ’n glas water en jou bui kan in ’n oogwink verbeter. Selfs al is jy net effens ontwater, kan dit hoofpyn, konsentrasie-probleme en geïrriteerdheid veroorsaak, volgens ’n klein studie in die Amerikaanse Journal of Nutrition.

Bron: Lydia van der Merwe

            Antibiotika

Die wêreld se medikasievervaardigers sê hulle wil fabrieke “skoonmaak” wat antibiotika vervaardig, en gaan maatreëls instel om die groot, en onnodige gebruik van die middel te voorkom in ’n poging om die weerstand wat opbou, te bekamp.

Die vervaardigers en die Verenigde Nasies het albei ten doel om die gebruik van antibiotika beter gereguleer te kry sodat die weerstand teen die middel nie verder toeneem nie.

Die Verenigde Nasies se gesondheidsafdeling het ’n vergadering met vervaardigers gehad om ’n werkbare oplossing te vind in die voorkoming van moontlike weerstand van sogenaamde super-bakterieë.

Die beoogde maatreëls wat ingestel kan word, sluit in dat regerings strenger maatreëls in plek kry vir die gebruik van antibiotika, en om dokters te oorreed om eerder ander middels te gebruik voor antibiotika voorgeskryf word.

Die probleem van weerstand teen dié wondermiddel het ontstaan toe pasiënte in talle wêrelddele nie die volle kursus voltooi het wat aan hulle voorgeskryf is nie, wat veroorsaak dat die bakterieë uiteindelik weerstand opbou wat rampspoedige gevolge vir die mensdom inhou as dit verder uitkring.

In die lig hiervan het die wêreld se 13 grootste vervaardigers ingestem om hiermee kragte saam te snoer.

Instansies soos Pfizer, Novartis, Glaxo-Smith-Kline, Allergan, Cipla, Wockhardt en Duitsland se Merck het reeds ’n deklarasie onderteken.

Die onderlinge samewerking sluit ook in dat onafhanklike deskundiges wat vervaardigers se voorsieners en verspreidersketting sal betrek, genader gaan word om die beplande maatreëls effektief toegepas te kry.

Groot bewusmakingsveldtogte sal van stapel gestuur word om die publiek se samewerking te kry sodat pasiënte die gebruik van antibiotika op verantwoordelike wyse sal toepas.

Die probleem met weerstand het reeds te ver gevorder, want volgens ’n mediese verslag sterf daar jaarliks sowat 700 000 pasiënte as gevolg van weerstand teen die middel.

Bron:  Medicine online

   Veiligheidswenke

Desember is om die draai en almal maak reg vir die groot vakansie. Die slapies word al afgetel. Al die planne en verblyf asook roetes word deeglik beplan.  Jy weet presies waar jy heen gaan. Die groot vraag is, weet jy waarheen jy terug keer???

Terwyl jy al die reëlings tref, maak boewe gereed om hul vankansie uit jou huis uit te beplan. Dit is eenvoudig 'n uitgemaakte saak dat inbraak en diefstal op hierdie tyd van die jaar baie erg is. Het jy die nodige voorsorg getref?

Hier is 'n paar wenke om dit nie vir hul maklik te maak nie.....

1. Reël met sekuriteitsmaatskappy vir patrollies.

2. Vra ook jou bure om 'n ogie te hou.

3. Kry iemand om ligte aan en af te skakel. 

4. Gordyne moet ook oop en toe getrek word.

5. Dit is belangrik om nie hierdie dinge op spesifike tye van die dag te doen nie. 

6. Los altyd 'n noodnommer waar jy  gekontak kan word in geval van 'n situasie.

7. Toets jou alarmstelsel dat dit reg werk voor jy vertrek.

8. Maak seker jou alarm stuur 'n sein uit as krag af gaan. 'n Vrieskas vol vrot vleis is nie aangenaam nie.

Al hierdie punte kan jou 'n kommerlose vakansie besorg. Moet nooi dink dit gebeur net met ander nie.........

           Ek en my diere

 

In baie van baie buurlande is daar nou oral 'n hotel vir diere. Dit is nou vir die mense wat baie geld het en hul diere wil saam neem met vakansie.

Meeste van ons kan dit nie bekostig nie en die Woef of Kietsie Meau moet maar by die huis bly. 

Het julle geweet dat daardie troeteldier van jou nie verstaan wat aangaan nie?  Baie mense sit een groot sak kos uit en daar is 'n swembad vol water.

Nee ..... Dit is beslis nie hoe dit werk nie.  Kry iemand om met jou diere te speel en ook te voed terwyl jy weg is.  Daardie dier kan baie maklik weggegooi voel want hy verstaan nie hoekom jy nie huis toe kom nie.

Al ooit agtergekom dat jou dier presies dieselfde optree. Of jy nou net gaan werk het of net winkel toe was of met vakansie was. Hulle is heeltemal oorstelp sodra jy by die huis kom en lê gewoonlik voor die hek en wag op jou.  Dit gebeur omdat 'n dier nie weet wat die verskil is tussen 3minute, 3ure of 3weke nie. Aandag is vir hulle die belangrikste ding naas vars kos en water.

Dit bly immers jou beste vriend, beskermer en verantwoordelikheid....

Koffie skaarste weens erge droogte

 

 

Die grootste droogte wat in die afgelope tagtig jaar in Brasilië heers, het verskeie instansies in die koffiebedryf gedwing om hulle deure te sluit, terwyl ander verplig was om werkers af te dank.

Die normale lewering van koffiebone het vanjaar met 75% gedaal, en die verwagting is dat die daling in 2017 gaan toeneem.

Vervoerkontrakteurs wat die sakke koffiebone na hulle bestemming moet vervoer, het hulle kontrakte opgesê weens die min vragte wat vir die uitvoermark na hawens geneem word.

Brasilië se uitvoere het vanjaar met 90% gedaal, en sal waarskynlik nog meer daal in 2017.

In 2016 was die land se koffieproduksie meer as $1,2 miljard, wat toe reeds minder as die vorige jaar was.

In die grootste produserende gebied het die produksie reeds gedaal met bykans 50% tot 6 miljard sakke koffiebone, en die vooruitsigte vir 2017 lyk nie goed nie..

Ekonome waarsku dat die droogtetoestand die prys van koffie sal laat styg, terwyl die gevaar bestaan dat die gehalte daarvan ook nie op standaard sal wees as die droogte voortduur nie.

­­

 

Miljoene Yahoo rekenings gekaap

 

Kuberkrakers het waarskynlik daarin geslaag om in te breek op die databank van Yahoo verbruikers en die persoonlike inligting bekom van sowat 500 miljoen mense.

Die maatskappy sê die vermoede bestaan dat ’n staatsgesubsidieerde aanslag uitgevoer is en het gebruikers gevra om onverwyld hulle toegangskodes te verander.

Die gesteelde inligting dateer terug tot 2014 se besonderhede, en sluit onder meer in die mense se name, e-pos adresse, foonnommers, geboortedatums en sekere toegangskodes, en selfs hul bankbesonderhede.

’n Woordvoerder van Yahoo het daarop gewys dat die kuberkrakers dikwels ’n staatsgesubsidieerde aksie is, en sulke voorvalle kom al meer voor in die tegnologiese industrie.

Yahoo reken die moontlikheid bestaan dat die krakers wat nou toegang het tot miljoene mense se persoonlike besonderhede, ook ander gebruikers se persoonlike besonderhede kan bekom.

Yahoo sê die gebruikers behoort hulle toegang kodes te verander van alle rekeninge op die Internet waarvan hulle gebruik maak.

Intussen het die eerste Yahoo gebruikers besluit om die maatskappy te dagvaar vir growwe nalatigheid deur nie hul veiligheidsmaatreëls op te skerp nie.

Bron: Vryburger

Wedvlugduiwe – deelname

 

Duifwedvlugte is nie soos by renperde wat gelyktydig wegspring en by dieselfde wenstreep eindig nie. ‘n Duiweboer plaas sy duiwe ‘n duiwemandjie. Dit is ‘n houer met goeie ventilasie. Hy neem sy duiwe na die klubhuis waar hy saam met ander duiweboere mekaar se inskrywings nagaan. Vir hierdie doel dra elke duif ‘n ring met ‘n eie nommer daarop, byvoorbeeld 1538/2014/SAWU. 1538 is die duif se nommer, 2014 die jaartal waarin die duifie uitgebroei het en SAWU die letters van die oorhoofse duiwe-organisasie wat verskeie klubs verteenwoordig. Die ringetjie is aan die duif se poot gesit toe hy 7 dae oud was en kan nou nie meer afgehaal word nie.

‘n Tweede ring word aan die duif se ander poot aangeknip wanneer hy ingeskryf word en daarin is ‘n klein elektroniese ogie met die doel om die duif by sy tuiskoms van ‘n wedvlug af te identifiseer. ‘n Vragmotor daag op wat ingerig is om die duiwe in afsonderlike hokkies (korwe) te vervoer. In elke korf is voorsiening vir water en kos. Die vragmotor doen by die verskillende klubs in die omgewing aan om duiwe op te laai. Dan vertrek hy na ‘n bepaalde wedvlugpunt, ongeveer 180 tot 1 000 km van die tuisomgewing af.

Al die duiwe word tegelyk vrygelaat deur middel van ‘n hefboom. Die begeleier laat weet die presiese tyd waarop die duiwe vrygelaat is soos vooraf bepaal, asook die weersomstandighede soos die windsterkte en –rigting en bewolktheid.

Duiweboere ontwikkel ‘n fyn aanvoeling van hoe laat die eerste duiwe hulle hokke kan bereik. Vanselfsprekend verskil dit van wedvlug tot wedvlug omdat die wind gewoonlik die sterkste rol speel. Om seker te maak dat hy nie onkant gevang word nie, sal die duiweboer ongeveer ‘n uur voordat hy die duiwe verwag naby sy hok vertoef.

Wanneer ‘n duif by sy hok aankom en oor ‘n elektroniese voetplaat by die valluik in die hok gaan, word die tyd geregistreer. Die koördinate van die hok en van die loslatingpunt is vooraf vasgestel om die presiese vlugafstand in meters te bepaal. Elektronies word die loslatingstyd en die tuiskomstyd verreken en die spoed tot die derde desimale plek in meters per minuut bereken. Die spoed kan miskien 1305,739 wees. Dit is sowat 78 km per uur. Meters per minuut is ‘n fyn berekening.

Of ‘n duiweboer nader of verder van die wedvlugpunt af woon as ‘n ander duiweboer, is nie ter sake nie. Die duif met die hoogste spoed is die wenner of tweede of wat ook al.

Bron: Coen du Toit

Daar’s water op die planeet

 

Die wetenskaplikes van Nasa beweer dat die “Hubble” ruimteteleskoop verskeie bewyse van water wat op die oppervlakte van Jupiter se maan, wat Europa gedoop is, uitgewys het.

Die ruimtedeskundiges meen daar bestaan nou ’n sterk moontlikheid dat hulle meer van die planeet te wete kan kom, en dat hulle dalk op ’n besondere wyse te wete kan kom dat daar dalk ’n reuse ondergrondse oseaan bestaan.

Die Amerikaanse ruimteagentskap sê hulle het Maandag deur middel van die teleskoop vasgestel dat die planeet se maan, Europa, water opspuit in sy suidelike poolstreek, wat die vermoede wek dat waar ’n soutpaneel met water onder die yslaag verskuil is.

Nasa beweer dat die pluime water so hoog as 200 kilometer opstyg voor dit weer neer reën op die maan se oppervlakte.

Europa is een van meer as 50 kleiner mane wat om Jupiter wentel, en is een van die belangrikste planete waar vir lewe gesoek kan word vanweë die groot oseaan wat meer water bevat as al die water in oseane op aarde.

Die navorsers meen as hulle die samestelling van die water kan bepaal, sal dit ook aansienlik makliker wees om meer te wete te kom oor Europa.

Die wetenskaplikes meen as hulle die vog (waterspatsels) wat in die lug op beweeg kan toets, dit ’n veel makliker manier sal wees om te begin soek na moontlike lewe, want om eers deur die dik yslaag te probeer boor, kan ’n  baie lang en duur proses word.

Bron: Nasa

Internet bedrog – beleggers gewaarsku

Die bedrog van Internet skelms is aan die toeneem, en die jongste metode wat gebruik word, het reeds honderde mense in ’n slagyster gevang deur beleggings te bied wat uiteindelik tot verliese ly.

Vanuit Duitsland het ’n persoon ’n webblad gevestig waarin mense genooi word om geld te belê teen persentasies rentekoerse wat enige iemand na sy asem laat snak.

Op dié wyse het hy reeds miljoene euro gebuit van goedgelowige beleggers, en dit wil lyk asof talle mense buite Duitsland ook van die uitnodiging gebruik gemaak het, want verskeie mense in België het reeds verliese gely.

Een dame in België het 20 000 euro verloor, en dit is maar een wat kan getuig van hoe sy die geld belê het, om nooit weer van die instansie te hoor nie.

Daagliks word gerapporteer van mense wat vir die slenter gevang is, en die bedrae wissel van 5 000 euro (R80 000) tot 60 000 euro (R2,24 miljoen), en is van beleggers uit verskillende wêrelddele afkomstig.

Ons wil ons lesers vermaan om onder geen omstandighede geld te belê by sogenaamde instansies waarvan die eienaars, bestuurders, amptenare en agente nie bekend is en ’n bewese rekord het van jare se eerlike dienslewering nie.]

Gesteelde Van Gogh skilderye gevind

In die Italiaanse stad Napels is twee skilderye van die legendariese Vincent Van Gogh teruggevind wat veertien jaar gelede gesteel is uit die beroemde Van Gogh Museum in Amsterdam.

Die twee skilderye, bekend as die “See gesig” (1882) en die ander “Die Uitgaan uit die Hervormde Kerk van Nuenen” (1885) is van die beroemde werke wat gesteel was en nou in Italië teruggevind is.

Die direkteur verbonde aan die Van Gogh Museum het later gesê hy het nooit gedink dat hy ooit die voorreg sou beleef om die twee waardevolle kunswerke te sien nie.

In die jaar 2002 het die rowers van die twee skilderye, die Van Gogh Museum binnegegaan met behulp van ’n lang leer en ander toerusting om deur die gebou se dak na binne te gaan en die twee werke te steel.

Twee persone van Nederland, wat later verdink is dat hulle deel van ’n mafiabende is, is later gevonnis vir die diefstal, maar die polisie kon nooit die kunswerke opspoor nie.

Veertien jaar later het die spesiale eenheid van die Italiaanse polisie wat ondersoeke doen na georganiseerde misdaad, die twee skilderye ontdek.

Die direkteur van die Van Gogh Museum sê die skilderye is goed bewaar en sal slegs deur ’n deskundige nagegaan kan word om enige herstelwerk te doen indien dit nodig sou wees.

Foto – “Die Uitgaan uit die Hervormde Kerk van Nuenen”

 ONS GRAPPIE VAN DIE WEEK

Hierdie spasie is gereserveer vir JOU                      advertensie

Vir meer inligting....

bottom of page