top of page

12 Desember 2016

      Uitgawe no 7

Met trots stel ons elke week een van ons omroepers bekend

Riana is gebore in  Natal en het in Transvaal groot geword. Met musiek as haar grootste passie. Nooit het sy gedink dat sy 'n omroepster sal eindig nie. Maar dit is die hoogtepunt van haar lewe.

Riana is sedert Augustus 2015 by Springbok Internet Radio as omroepster werksaam. 

Haar program Brunch Tyd kan elke weeksdag gehoor word van 09h00 tot 10h00.

Riana geniet Springbok Internet Radio en hanteer ook die Springbokkie-Nuus namens die stasie saam met Wilna.

Stokperdjies - Natuurlik om uit te saai en musiek.

Gunsteling kosse - Vis, slaaie en gebakte rys.

Gunsteling kleur - Pers 

Gunsteling drankie - Tequila

Sluit gerus by haar faceboek blad aan https://web.facebook.com/profile.php?id=100010263483751

Optredes en nuus oor kunstenaars in Suid Afrika

GUILLAUME

 

As ‘n kat nege lewens het, het die sanger en liedjieskrywer Guillaume ‘n totaal van elf lewens! Oorspronklik van Omaruru in Namibië, is dié donkerkop en energieke solo-kunstenaar terug op die musiektoneel met ‘n volwasse kontemporêre album, Man van staal, wat talle nuwe aspekte van sy musikaliteit uitlig.

Die titelsnit sê dit reeds alles. “Ek het die afgelope paar jaar ‘n paar terugslae gehad. Mense, platemaatskappye en die media het my hard geneuk. As iemand eendag besluit jy is niks, dan is dit asof almal dieselfde van jou begin dink. Hierdie album is om vir almal te wys: ‘Ek sal nie gaan lê nie. Ek is ‘n man van staal.’ ”

Die meeste van die 15 liedjies is nuwe skeppings uit Guillaume se pen, behalwe ‘n akoestiese weergawe van U2 se With or Without You en Hey Mr. Dream Maker, wat deur Cliff Richard opgeneem is. Hy was ook mede-regisseur van die album. Die kontemporêre liedjies wys waar Guillaume nou is in sy lewe. “Dit was vir my belangrik om te wys dat ek ernstige musiek kan skryf en maak, maar ook dat ek daartoe in staat is om ‘n variasie van style te kan aanbied... Met ‘n bietjie meer klas as ‘bokkie, sokkie, trokkie...’ ”

Musiek was nog nooit vir Guillaume net ‘n stokperdjie nie. “Ek het in ‘n baie musikale huis grootgeword. My ouers is albei goeie musikante. My pa het orkes gespeel toe ons kinders was. So ons het sommer so op die dansvloere, onder die tafels, grootgeword. My ma het by ons huis ‘n musiekskool gehad. Sy wou my nooit self onderrig nie, so ek moes maar musiek as vak neem op skool.”

Die titelsnit Man van staal is dalk tekenend van Guillaume se nuwe begin, maar dit is terselfdertyd ‘n hartroerende liefdesballade. Guillaume sing met ‘n hernude ligvoetsheid en volwassenheid, soos op die euforiese Afrika kind waarin hy ‘n liefde vir sy tuisland in liriek en klank verwoord het. Tina Makwêla is weer ‘n voetejeuk-treffer met ‘n polsende ritme en saamsing-koor, terwyl Elke liewe deel behoorlike bibber van die dansmusiek, ‘n orrel en country-getinte viool- en kitaarspel. Ook die dawerende Christine en die pa-ballade Hande van sterk dra by tot die verrassingselemente op hierdie versameling wat sy klanke en kleure kaleidoskopies vertoon.

Man van staal is Guillaume se skoene-uitskop-album; ‘n soort tuiskoms vir ‘n kunstenaar met oorgenoeg integriteit en oorspronklikheid. Guillaume hoef nie op foefies of ateljee-toertjies staat te maak nie. Sy jongste album plaas die soeklig op sy fluweelstem en inspirerende lirieke. Die eindproduk is meer as ‘n dosyn musiekjuweeltjies wat oud en jonk sal bybly en met die ewigheid van staal sal aanhou skitter.

Vir optredes :

Kontak:083 324 7427

E-pos :besprekings@guillaumew.co.za

 

RAY DYLAN

 

JAKES, soos sy beste vriende hom noem, of Jaco vir sy familie en geliefdes, is in standerd agt uit die skool geskors omdat sy musiekloopbaan vir hom belangriker as skoolwerk was.

Sedert 2002 ken Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers hom as die vaardige sanger RAY DYLAN.

Sedert sy albumdebuut met die CD New Kid In Town het dinge vir hom gebeur: onder meer die duettreffer It’s Your Love – saam met Karen Zoid.

Die afgelope jare het Select-Musiek sy talent en veelsydigheid op talle saamgestelde albums benut. Die musikale wiele het begin rol en nou’s dit tyd om te sê: Hokaai, Stoppie Lorrie!

Dit was die eerste treffer titel van RAY DYLAN, daarna het hy Binneklop ‘n Boerehart en die heel nuutste album Breek die Ys uitgebring. Sy Country album het die lig gesien in April 2009. In 2015 spog hy met 'n splinternuwe album - Ek sal jou moet laat gaan. 

Dié sanger is ‘n volronde kunstenaar: geseën met een van die beste stemme in Suid-Afrikaanse musiek, stylveelsydig en boonop ‘n energieke performer wat die elektriese kitaar tydens sy optredes laat kreun.

Op dié albums is daar verskeidenheid musiekstyle met ‘n aangename balans tussen stedelike ritmes en landelike verposings. 

Met polsende ritmeplukkers en sielstrelende ballades bied Ray Dylan se albums wydtreffende musiek.

Die oorspronklike werk is nuutskeppinge in samewerking met Ray, Don Kely & Marc Brendon en Fredi Nest. 
Die gewildse treffers is Hokaai Stoppie Lorrie, Dis Verby, Boerehard, Jessica en Breek die Ys.
Hy stel sy veelsydigheid verder ten toon in die rock-keurspel met Hysteria, Never Say Never, Rock-‘n-roll Dreams Come True en It’s My Life.Ray skitter as balladevertolker: veral I Wish, Breathe Easy, Drive en Love Hurts bekoor.

 

Vir meer ingligting en besprekings kan Carmen gekontak word.

Carmen Kleinhans 083 325 7922 of carmen@platinumpromosies.co.za

VIDEOS VAN DIE WEEK

ARTIKELS

Andriette Norman

Flower of Scotland

Een van ons almal se gunsteling kunstenaars. Andriette het natuurlik almal se harte gesteel met haar liedjie Sewe Oseane. Luister gerus na die hoendervleis mooi Flower of Scotland

Hailey Clark

Deurmekaar

Haar eerste Afrikaanse enkelsnit, verseker een groot treffer. Die 20 jarige drama student beskryf hierdie geleentheid as Deurmekaar. Die sukses van hierdie afrikaanse cd is vir haar een groot wonderwerk.

Gehoor van die haarkapper wat net boeke en tydskrifte vol spookstories in sy winkel aanhou? Hy sê dis makliker om die mense se hare te sny as dit regop staan.

Ek dink nie my vrou is snaaks nie, toe ons gaan uiteet bestel sy vis.

Die kelner vra haar in Engels, "what about the vegetable?"

Toe sê sy: "hy sal seker 'n steak eet".

Misdadigers uitgeruik

Met ‘n nuwe tegniek, wat by honde geleer is, verbeter die opsporing van verdowingsmiddels en plofstof. Die artikel, wat in die “Scientific Report” joernaal op 1 Desember 2016 gepubliseer is, dui op ‘n groot deurbraak wat dit vir misdadigers en terroriste in die toekoms moeiliker sal maak.

‘n Hond se reuktegniek is om ‘n reuk op te snuif, dit te stoor, weer te ruik, die reuk by die opgestoorde reuk te voeg en dan die proses weer en weer te herhaal om die reuk te versterk. Met fyn waarneming van die hond se tegniek het wetenskaplikes ‘n plastiese neus ontwerp en met ‘n 3-D drukker vervaardig.

Toetse dui daarop dat deur dit aan die punt van die bestaande reukopsporingsapparaat te monteer, dit die opsporingsvermoë aansienlik versterk. Op ‘n afstand van 10 cm van die bron is dit vier keer meer effektief en op 20 cm agtien keer beter as die bestaande vermoë.

Wetenskap en tegnologie

Matrieks met vakansie ......

Dit was 'n harde jaar en uiteindelik breek die matriekvakansie aan. Studente wil dringend hul lisensies hê om die lang pad see toe aan te durf. Nou is die kinderlewe verby en hulle is skielik groot. Dierbare ouer, as jy gedink het jy het rede om bang te wees vir die matriekafskeid se "afterparty" dan moet jy weer dink. Nou is die tyd waar opvoeding beslis 'n groot rol speel. 

Met die vakansie word alles beproef en dan bedoel ek alles. Drank, dwelms, seks asook roekeloosheid. Dit was 'n paar jaar terug so erg dat Margate se stadsbestuur reguit gesê het dat hulle nie welkom is daar nie. Hulle besoedel die strande van so aard dat dit skade inhou vir ander vakansiegangers. Die ouers ondersteun hierdie dade deur vir die kinders groot bedrae geld te voorsien. Baie ouers sien dit as dit is die laaste vakansie wat hul ooit sal hê wat "all expenses paid. Want as hul terug kom dan is dit die ware harde grootmens lewe. Elke persoon gaan deur daardie stadium maar dit is nie nodig om die dam onder die eend uit te ruk en met 'n lewe te speel nie. Onthou dat baie kinders instem tot verkeerde dinge omdat hulle ook wil "in" wees. Onthou JY bly die ouer. Verantwoordelikheid is die grootste stap tot sukses. 

Pluto het versteekte oseaan

 

Wetenskaplikes beweer dat ’n versteekte oseaan op die planeet Pluto is wat onder die bevrore oppervlakte geleë is.

Die navorsers meen die moontlikheid bestaan dat die versteekte oseaan ongeveer dieselfde hoeveelheid water het as wat op die aarde is.

Die navorsers van Nasa sê die “New Horizon” ruimtetuig dui aan dat Pluto dalk lank gelede “om sy eie as gerol het” wat ’n invloed uitgeoefen het op sy maan.

Die wetenskaplikes beweer dat ’n reuse eiervormige gat in die grond bestaan wat die ewewig versteur het en wat die water daarheen laat vloei het.

Dit blyk dat die water nie bevrore is nie, maar daaroor bestaan geen sekerheid nie en verdere navorsing is nodig om vas te stel of daar ’n moontlikheid van enige lewe bestaan.

Pluto is egter 40 keer verder van die son as wat die aarde is, wat die moontlikheid van gevorderde lewe minimaliseer.

Wetenskap en tegnologie

Koffie vir die pad!

Die wêreld sit met ʼn al groter wordende afvalprobleem en moet elegante oplossings probeer vind.

Koffie-afval kan in die toekoms gebruik word as boumateriaal vir paaie, volgens Arul Arulrajah, ‘n ingenieur by Swinburne University of Technology in Melbourne, Australië. Hy en sy kollegas het koffie-afval by restaurante geneem, dit teen 50°C uitgedroog, gemeng met metaalslak (metaalskuim) in ‘n verhouding van 7:3,  ʼn alkaliese verbinding bygevoeg en toe in silindriese blokke saamgepers. Daar is bevind dat dit sterk genoeg is vir die onderlaag van paaie.

Die herwinning van die afval wat normaalweg op die vullishoop in ʼn stad soos Melbourne eindig, is voldoende om 5 kilometer se paaie per jaar te bou en terselfdertyd die druk op vullishoopstorting verlig.

Wetenskap en tegnologie

Kagga Kamma Natuurreservaat

By Kagga Kamma is daar meer as genoeg avonture om van te kies. Bergfiets roetes neem gaste op `n skilderagtige avontuur deur `n unieke terrein. 4×4 Entoesiaste kan asemrowende karoo tonele aanskou asook `n verskeidenheid bokspesies, reptiele en skaars voëlspesies. Kagga Kamma bied ook `n opwindende vier wiel baan op andersins onbereikbare roetes..

Die beste manier om die asemrowende Ceres hemelruim te bewonder is by die Sterrewag en ons Rotskuns toere gee gaste die geleentheid om die gebied se kulturele erfenis op sy beste te ervaar. Vir natuur- en diereliefhebbers is die Natuurritte `n moet. Op die Natuurritte gee die gidse interessante inligting oor die omgewing en die verskeidenheid dierespesies in die area en dikwels kom gaste terug om `n volgende rit te bespreek om nog te leer.

Liewe Kersvader

Ek wil graag vir Kersfees vanjaar goeters hê. Ek was baie soet gewees. Ek het hard gewerk en dinge vir ander mense gedoen wat dit nie waardeer of verdien het nie. My ma dink ek het my gesin afgeskeep om hierdie dinge te doen – dinge “wat ek wou doen”. Dit voel nie vir my so nie, dit voel soos alles dinge wat ek moes doen, vir vredesonthalwe, vir skool en kerk, vir volk en vaderland, en vir my naaste.

Dis hoekom ek dink, dis tyd om ook vir iets te vra. Aangesien ek soveel jare heeltemal niks gekry het nie, dink ek dis tyd. Ek moet sê ek is dankbaar vir ‘n opgestopte katjie, ‘n stel vurkies en ‘n PS sjokolade wat ek by my kinders kry.

Maar hierdie jaar wil ek goeters kry. En nie wêreldvrede of gemeensaamheid of oplossing van hongersnood in ver lande nie. ’n Vriendin van my het gevra vir ‘n jaarlange vakansie vir ANC Jeugliga-lede by ‘n genasionaliseerde myn in Zimbabwe. Ek dink dis skerp.

Maar moet asb nie sulke spitsvondighede van my verwag nie. Ek wil ‘n goeie ou kerslysie maak, nou wel nie met illustrasies soos my kinders s’n nie, maar ‘n behoorlike lysie met alternatiewe, net vir ingeval jy nie alles in voorraad het nie.

Ek wil ‘n diamantring hê (myne se diamant het 18 jaar terug uitgeval en ek dra nog steeds die bandjie wat ek vir myself gekoop het!). Ek wil ‘n swart aandrokkie met hoë hakskoene en lang oorbelle hê. En ‘n lyfie om daarin te pas. Ek wil ‘n vrieskas hê vol vleis wat nie daglank neem om te ontvries, ure vat om gaar te maak of vet maak nie. Ek wil ‘n ‘slow cooker’ hê wat soggens self onthou om vleis uit die vrieskas te haal en dit dan vanaand sappig met groente kan voorsit. Ek wil elke dag iets eet wat net soos sonde proe, maar nie om my heupe sal gaan sit nie, iets soos driehoek-sjokolade of trifle of swartwoudkoek of slap tjips. Ek wil ‘n armband hê wat van kleur verander soos my buie, met pienk vir romanties, rooi vir entoesiasme, geel vir vrolik, pers vir gevaarlik, blou vir weemoedig en groen vir sommer net myself. En ek wil gebruiksaanwysings daarvoor vir die res van die gesin hê, sodat hulle weet wanneer om nie met my te lol nie, wanneer om nie by my te klik of te kla nie, ensovoorts.
Gepraat van gebruiksaanwysings, kan ek asseblief een kry vir my man? Hoe ouer ek word, hoe meer dink ek dis mans wat onverstaanbaar is, nie vrouens nie. En as jy nie so een het nie, wil ek ten minste drie aande ‘n jaar (met my verjaarsdag, met my huweliksherdenking en iewers tussenin) ‘n romantiese man hê. Dis nou een wat rose bring, sjampanje en sjokolade, wat self onthou en wat my verras met enigiets, iets kleins of iets groots.

Ek wil asseblief ‘n liggeel sonhoed hê en ‘n bypassende wasige, feëtjie uitrusting sodat ek ook soos my vriendin, Kobie, kan lyk op somerdae. Ek wil ‘n botteltjie koel-pille hê wat ek kan drink vir daardie dol dae, om ook so rustig soos my vriendin, Tharina, enige krisis te kan hanteer, om te drink as ek na die kaskar- of die atletiekbyeenkoms toe gaan sodat my kinders hulle nie vir my hoef te skaam nie, of wanneer ek saam met manlief na ‘n werksfunksie toe gaan.

Ek hoop nie dis te veel gevra nie. Kyk maar wat jy kan doen, asseblief, Kersvader!

En as jy sukkel met die lysie, onthou maar, ‘n bos goudgeel rose en ‘n Toblerone sal ook die ding doen!

Groete
 

INFLAMMASIE KOS / BAD BOY CARBS STYSELS EN SOETGOED EN DIABEET RESEPTEBOEKE


LEEEEEEEEES!!! LEES LEES LEES !!!!!!!

Diabete het nie 'n AF dag van verkeerd eet nie, as jy kroek, styg jou bloede, jy kan nie jou verjaardag of jou huweliksherdenking vier met koek en slaptjips en vrugtesappe nie. Jy kan nie soos met 'n verslankingsdieet, jou dieet opskop nie. Dan gaan jy vroee graf toe. Jy en ek is D I A B E T E

Hoe langer jy gewone brood eet, koring en graan produkte, aartappels, rys, mieliemeel, koekmeelgoed, te veel vrugte, stysels en soetgoed, hoe sieker gaan jy word. As jy 'n Tipe 2 diabeet is, het jou liggaam jou gewaarsku om briek aan te draai. As jy by die dokter se spreekkamer uitloop met 'n klomp voorskrifte vir diabeet medisyne, kan jy NIE vir oulaas gou 'n klomp koek, slaptjips en hamburgers gaan eet nie. LEES DIE VOLGENDE BAIE STADIG !!! ALLES WAT JY EET, STYSELS EN GRAAN EN KORING, BROOD, RYS, AARTAPPELS, PASTA ............... VERANDER JOU LIGGAAM IN GLUKOSE/SUIKER. Jy kan NIE net die suiker uit 'n resep haal en vervang met 'n versoeter nie, maar los die koppies meel, en Nutty WHEAT ens nie. Die meel VERANDER IN SUIKER. BLY WEG VAN DIABEET RESEPTE, hulle haal NET die suiker uit en vervang dit met XYLITOL of STEVIA en los die meel en aartappels ens. VRUGTESAPPE IS TABOE!!! Dit neem 4 lemoene vir 1 glas lemoensap. 1 Lemoen het 15 gram suiker in, 4 lemoene het 60 gram suiker in. Ons eet en drink 45 gram carbs PER DAG. En moenie dink jy gaan wegkom deur die goed te eet en maar net insulien spuit nie. Insulien is nie die oplossing nie. Jy word net groter en groter en doen AL JOU ORGANE vreeslike groot skade aan. Daar is niks wat jou so vet maak as baie insulien nie.

Hoe meer jy nou die goed eet, JY IS 'N DIABEET, hoe meer nuwe kwale gaan jy kry, pyne orals, kanker, hartaanvalle, strokes, rustelose bene, gout, intieme probleme, moegheid of fatique, hoofpyne, sinus, migraines, dooie gevoel langs die bene, geswelde bene en voete, velprobleme, pitswere, ROOI bene, veroudering van jou vel, hare wat uitval, sooibrand, maagsere, te veel suur in jou bloed, dimentia, ens.

HIERDIE KOSSE VEROORSAAK INFLAMMASIE IN JOU LYF. DIABETES IS 'N BAIE ERNSTIGE SIEKTE. JY KAN HOM BEHEER.

Jou bollie is geboek as jy aanhou met die lekker dik gewone brood toebroodjies, hamburgers, sausage rolls, die lekker malva poediengs, die aartappelslaai, die Wheatbix, die Oats, die pap en sous, die rys en sous, die boontjies met aartappel gemeng, die wortels met aartappel gemeng.

 

JOU BESLUIT!!!

Hero Sean - Opvolg

Ons het in uitgawe 6 vir julle vertel van Sean Smith wat in 'n tragiese ongeluk gebrand het. Na wat eers soos 'n nagmerrie gelyk het, kyk ons nou na vele wonderwerke. Sean doen baie goed en voel soveel beter. Van oral oor stroom gebede steeds in. Ons wil ook vra dat al ons lesers vir Sean en die familie in hul gebede opdra. Ons vra ook gebed vir sy Moeder Mé-Lissa Smith. 

Bromeliads die pragtigste pante vir ‘n skadutuin

 

Bromeliads is eintlik bekende skaduplante en waar dit in massas aangeplant word, vertoon dit so pragtig. Daar is ook al ‘n verskeidenheid soorte en verskillende kleure beskikbaar.

Bromeliad is in die familie Bromeliaceae en die rang is Poales. Die Promeliads is ‘n eensaadlobbige plant en inheems van tropiese Amerika en daar is ook ‘n klompie soorte wat van die tropiese Wes-Afrika afkomstig is.

Die blare van die plant laat mens aan ‘n pynappelplant dink. Dit is meerjarige plante en groei die beste in tropiese gebiede. Bromeliads se blare is van smal na breed en is gepunt en voel soos ‘n vetplant se blare. Sommige plante se blare is donkergroen met ‘n vaal of ligter groen strepies in die blare en is breed en dan is daar ook die met maroen blare. Die blare verskil van spesie tot spesie en ons kry selfs blare met ronde punte. Hierdie digte blare groei gewoonlik in ‘n rosetvorm. Hulle vertoon mooi waar dit naby aanmekaar geplant is.

Bromeliads se blomme is ook rosetvormig en sterk en die bekendste en seker een van die mooistes is die Aechmea fasciata of ook genoem die “urn plant” met sy donker loof en helder pienk blomme en die pers blommetjies tussen hierdie pienk blare. Daar is ook van die Bromeliads wat effens aromaties is en sommige van hulle ruik baie skerper.

Hoewel dit die beste in tropiese gebiede aard, is hulle nogal aanpasbaar en sal ook in ander streke mooi word. Baie van hierdie plante word as epifiete (lugplante) beskou en anker aan houtstompe of bas of iets soos ‘n mandjie met klapperhaar in. Dit hou van water en skaduwee en die plante het ‘n fyn maar digte wortelstelsel. Bromeliads vergader water so in die holtes tussen hulle blare en dit hou die plante vogtig, daarom sal dit aanpas in enge klimaat. Die mos en stowwe wat daar saam met die water vergader is dan ook voedsel vir die plante.

Ongelukkig gaan die moederplant dood wanneer dit klaar geblom het. Moet egter nie sommer net die dooie plant uithaal nie want daar groei weer ‘n ander plant uit waar die roset was. Bromeliads is goeie potplante ook.

(Tuinbou - Vryburger)

Jong melkboer behaal sukses

n Jong melkboer van die Oos-Kaap maak opslae. Die 28-jarige Tshilidize Matshidzula het verlede maand die Toyota Jongboer van die Jaar-toekenning in dié provinsie gewen, nadat hy ‘n sukkelende plaas in ‘n suksesvolle onderneming omskep het.

Whatsapp / Snelskrif

Hoe frustrerend is dit nie om 'n boodskap van iemand te kry en jy kan nie 'n woord verstaan nie!!!

Die probleem het ontstaan 'n paar jaar terug toe Mixit aan die lig gekom het. Sogenaamde geselsgroep. Dit is natuurlik heelwat goedkoper as 'n oproep en maats kon heerlik kuier en so ook verliefde paartjies. 

Maar soos elke goeie ding sy slegte punte het, het hierdie geselsgroepe vinnig oorgeneem. 

Weens die lang gesprekke, het die woorde al hoe korter begin raak en het dit ontsaan as nuwe "chat"taal. Dit het duidelik groot invloed gehad op die kinderse se skoolwerk. So het die rapporte ons gewys. Dit het ook nie net by die kinders gebly nie. Dit word vandag op Faceboek gebruik. So erg in sommige gevalle dat ek seker is daarvan die mense ken nie meer die korrekte spelling nie. 

Plesier word +sier

Thank you  word Ty

Bietjie word Bq

So word die lys net langer en langer. 

Dit is dalk tyd dat ons begin let op hierdie slegte gewoonte want dit kan groot probleme veroorsaak in die toekoms met die jonger geslag. 

Dink maar net hoeveel van ons kan nog 'n som in die kop maak en hoeveel moet 'n sakrekenaar daarvoor gebruik. 

Passop mense...Tegnologie maak mens lui.

Pogings om swartrenoster to red

 

Brittanje se Prins Harry gaan glo ’n deel van sy besoek van drie maande in Afrika toewy aan pogings om die bedreigde swartrenoster te help red.

Die Britse koerant, die Daily Mail, berig dat Harry aan die einde van die maand na Namibië se noord-westelike Kunenestreek vertrek waar hy gaan leer hoe om renosters en woestynolifante te help beskerm.

Hy het glo dié projek bo honderde ander omgewingsbewaringsprojekte gekies nadat hy gelees het oor die werk van die Namibiese bewaringsgebiede en die Save The Rhino-trust.

Hy wil ook meer leer oor die Himba-stam wat in Kaokoland woon.

(Vryburger)

Anne Frank gedig opgeveil

 

Anne Frank (1929-1945). (Photo deurJewish Chronicle/Heritage Images/Getty Images)

‘n Enigsoortige handgeskrewe gedig deur Anne Frank word vandag in Haarlem in Nederland opgeveil.

Frank, wat bekend is vir die dagboeke wat sy tydens die Tweede Wêreldoorlog gehou het, het die gedig in ‘n boek van ‘n vriendin van haar suster geskryf terwyl sy in Amsterdam gewoon het.

Sy het dit geskryf ‘n hele ruk voordat sy en haar gesin hulle vir Adolf Hitler se Nazi-soldate versteek het. Die afslaers verwag dat die gedig ‘n prys gelykstaande aan nagenoeg 650-duisend rand sal behaal.

Die afslaer, Thys Blankenvoort, sê die verwagte hoë prys kan toegeskryf word aan Frank se nalatenskap en die waarde van haar manuskripte wat in museums of groot versamelings opgeneem is. Volgens Blankenvoort sal hierdie waarskynlik die heel laaste geleentheid ooit wees vir ‘n versamelaar om sy hande op ‘n Frank - manuskrip te lê.

Kunste: Vryburger

Wêreld nuus vir Desember

Frankryk

Die Franse eerste minister, Manuel Valls, van die regerende Sosialiste, het sy bedanking ingedien om al sy energie te benut as presidentskandidaat in die plek van Francois Hollandè wat aangekondig het dat hy nie beskikbaar is vir ’n volgende termyn nie.

 

VSA

Michelle Obama het in die TV program van Oprah afskeid geneem van die Amerikaners in haar hoedanigheid as uittredende presidentsvrou.

 

Brasilië

Die hooggeregshof in Brasilië het beveel dat die voorsitter van die senaat, Renan Calheiros, uit sy amp ontslaan word weens korrupsie en verduistering van staatsgeld.

Italië

Premier Matteo Renzi van Italië het reeds sy bedanking ingedien by die land se president, maar het op versoek onderneem om sy kantoor te ontruim en uit te tree na die volgende begroting van die land goedgekeur is.

 

Kanada

Jean Lapierre, ’n voormalige minister van Kanada, en sy vrou het saam met vyf ander passasiers omgekom in ’n vliegtuig ongeluk toe hulle onderweg was na sy vader se begrafnis.

Button

In die eerste deel van hierdie artikel het ons bespreking begin hou oor watter voordele musiek vir ons en die gemeenskap inhou.

Nou bespreek ons om watter rede lewende musiekvermaak 'n baie groot aantrekkingskrag het.

 

Wat die landsekonomie betref is die lewende musiekvermaak een van die heel grootste fondsinvorderaars in sy eie reg terwyl dit stede en provinsies op die voorgrond bring om sodoende direkte buitelandse beleggings te trek. Besighede wat geleë is naby aktiewe lewende musiekvermaak plekke is in staat om top werknemers te trek, verbeter produktiwiteit en vindingrykheid en help indirek om hul markaandeel te laat groei en behou.

 

Die volgende 5 tot 10 jaar, verduidelik in die verslag "Dit Begin met 'n Hartklop" sal 'n deurslaggewende tydperk wees vir ondersteuning van die lewende musiekvermaak bedryf in Suider Afrika. Lewende musiekvermaak het alreeds as 'n inkomste bron produkopnames oortref en het sodoende veelvuldige geleenthede geskep vir lokale vermaakplekke en organiseerders.

 

Vele van hierdie musiek entrepeneurs het groot name - presies die sektor wat lokale ekonome en besigheidsektors uitgesonder het as een van die mees vrugbare bronne vir toekomstige vooruitgang. In die volgende artikel deel 3 bespreek ons wat hierdie verslag "Dit Begin met 'n Hartklop" verder onthul oor watter stappe geneem word om die lewende musiekbedryf meer aantreklik en toeganklik te maak.

 

In die vorige artikel het ek die vraag geopper of enige van die heel eerste musiek instrumente wat gebruik was opkom in u gedagtes. Waarvandaan is die oorsprong van hierdie musiek instrumente?

U sal dit interessant vind dat die oorsprong direk uit Bybeltye is. Dit is een van die geskenke van God gegee aan die mensdom waardeur ons lofprysing en danksegging bring aan ons Skepper d.m.v. emosies van vreugde sowel as hartseer aan Hom te betoon.

 

Daar was 3 verskeie musiekinstrumente in Bybeltye. In artikel 3 sal ons ook meer ingaan op hierdie onderwerp.

Artikel: Lulu

Musiek is beter vir jou siel en jou stad Deel 2

Soekhoekie vir werk

Het n inbly pos met kos vir n jong seun, werk is tussen Rayton en Silverton plotte daar was 2 poste nog een oop..Goeie mense om voor te werk..salaris R3000 kontak Lorraine..0761489808

Admin dame 
Kasiere
Pretoria Oos
Skakel Leonie
0828701091
0124725500

Garden Magic het n TOESIGHOUER pos in Pretoria beskikbaar vir 'n persoon wat sy pension wil aanvul met 'n kode 8 bestuurslisensie. Die persoon moet betroubaar,stiptelik en fiks wees, asook met kliente kan kommunikeer. Moet trots wees op die werk wat gedoen moet word asook sorg dat alle toerusting in 'n goeie werkende toestand gehou word. Moet met n trailer agter uit ry (reverse).' n Goeie verstandhouding met die werkers kan he, n inhemse taal soos Sotho, fanegalo ens sal na gekyk word maar nie noodwendig in u guns tel nie stuur jou CV na williedejager@hotmail.co.za

Verkoopsman benodig, moet ondervinding in bande bedryf he. Moet dadelik kan begin. Matriek en geldige rybewys n vereiste. Salaris onderhandelbaar. E-pos cv na francotyres@telkomsa.net

 

 

 

Vloerbestuuder benodig, moet geldige rybewys he, moet onder druk kan werk, e-pos cv na francotyres@telkomsa.net

Kassiere benodig. Moet matriek met wiskunde he. Maandag tot Vrydag 8.00 tot 17.00, Saterdae 8.00 tot 13.00, e-pos cv na francotyres@telkomsa.net

Hierdie spasie is gereserveer vir JOU                      advertensie

Vir meer inligting....

bottom of page